• Noelene Bester

Gemaksones


Elkeen het ‘n gemaksone, en sommige verkies dit om meer in hierdie gemaksone te bly omdat dit makliker is. Maar, is hierdie gemaksone regtig so veilig en lekker soos ons dit maak?


Gemaksones het verbasend een of ander hou vas op ons, hierdie gemaksones is fisies en verstandelik, dit kom voor in ons persoonlike én professionele lewens. In jou gemaksone voel jy veilig, vol selfvertroue en niks daag jou uit nie.


Wanneer ‘n nuwe uitdaging kom, kies ons ons gemaksone om in te bly want ons is bang vir verandering wat ‘n gevoel van vrees in ons wakker maak. Vrees hou ons terug, dit verhinder ons, dit verhoed ons om eintlik ons drome ten volle na te jaag. Die vraag is eintlik, hoekom is ons so bang om uit ons gemaksone te beweeg?


Ek is verseker ‘n introvert, ek geniet my huis met my gesin, my familie en my handjie vol hartsmense. Ek ken my groep waarin ek beweeg, ek weet wat word van my verwag. Maar, in hierdie gemaksones kan groei nie plaasvind nie. Ek het hierdie baie gou besef toe ek ‘n mamma word, want skielik moes ek kon praat. Ek is my meisiekind se stem totdat ander haar kan verstaan en weet wat sy sê. Hierdie het my eerste uit my gemaksone gedruk.


Laat ek net noem, as jy een keer uit jou gemaksone gestap het, word dit lekker, jy raak amper verslaaf daaraan. Jy waag meer kanse, ontmoet meer mense, en jy leer dinge wat jy nie in jou gemaksone ooit sou kon leer nie.


As ‘n nuwe uitdaging aan jou deur klop en jy dadelik terug wil val in jou gemaksone, dink na oor dié..


  • Waarvoor vrees jy?

  • Wat kan jy leer, of wat kan jy verloor, uit hierdie ervaring?

  • Hoe het dit jou maak voel om uit jou gemaksone te beweeg?

Wie nie waag nie, wen nie. So, DOEN DIT!


Wanneer ons die onbekende betree, of uit jou gemaksone stap, is dit heeltemal okay om bang te voel. Solank jy dit doen, sal groei kan plaasvind. Die Here is in ons gemaksones teenwoordig, net soos wat Hy in die onbekende ook teenwoordig is. Hy wil dáár ook met jou werk.


Ek sluit af met Hillsong se woorde van New Wine:


“In the crushing


In the pressing


You are making new wine


In the soil


I now surrender


You are breaking new ground


So I yield to You into Your careful hand


When I trust You I don't need to understand….”


Mooistevrou, gaan uit en doen wat vir jou gegee word. Hetsy dit nou binne of buite jou gemaksone is, hier is iets wat JY moet klaar maak, want JY is presies waar jy moet wees.





234 views1 comment

Recent Posts

See All