Geseënde Kersfees, Mooiste Vrou...
Ons elkeen hier by Mooistevrou, wens vir jou die mooiste feestyd toe; gevul met liefde, vreugde en vrede. Mag jy hierdie tyd saam jou geliefdes tenvolle geniet en die tyd gebruik om te rus en introspeksie te doen, werklik vrede te vind in jouself, met jouself en dalk iemand anders. Mag dankbaarheid jou oorval en liefde jou koers wees in hierdie tyd en elke dag wat kom. Miljoene dankies dat jy hier saam ons lees en saam motiveer!
♡♡♡♡
Sommige Kersboomversierings doen meer as glinster en gloei, hulle verteenwoordig 'n geskenk van liefde wat lank gelede gegee is.
Ek wens jou 'n seisoen toe wat vrolik en helder is met die lig van God se liefde.
Ek wens jou vrede, vreugde en onvoorwaardelike liefde toe met Kersfees.
-Anri
♡♡♡♡
Mooiste vrou, mag hierdie Kersfees vir jou propvol seëninge wees. Mag jy geseënd wees om jou geliefdes naby te hê. En as hulle ver is, of Jesus se verjaarsdag in die Hemel vier, hoop ek dat jy geseënd sal wees met kosbare herinneringe van al julle Kersfese saam . Mag jý hierdie Kersfees ook 'n seëning vir iemand anders wees en die boodskap van Kersfees in jou hart en mond en hande dra. -Susan
♡♡♡♡
Kersfees gaan baie meer as net ’n baba in ’n krip. God het Sy seun gestuur om vir ons sondes aan die kruis te kom sterf.Dit gaan oor Jesus wat die dood oorwin het sodat ons die ewige lewe kan hê. Dit gaan oor Jesus wat tydens Hemelvaart belowe het ons nie te verlaat nie. Kersfees is die deernis vir die verlede en moed vir die hede. Mag elkeen van ons liefde en vrede ervaar tydens die kers seisoen en opnuut besef hoe groot ons God se genade is.
Geseënde Christusfees ! -Chantelle
♡♡♡♡
In ñ stal in Bethlehem word Jesus Christus gebore en in ñ krip neergelê.
Die blye boodskap - Ons verlosser het gekom! Liefde is die beloning, en die prys is betaal. God se liefde geopenbaar, Sy enigste Seun na die wêreld gestuur sodat ons DEUR HOM KAN LEEF! God kom na die mens – Hy skenk genade. Hy bring hoop en vreugde vir ewig. Mag jy saam jou geliefdes in hierdie Kersgety wéér opnuut die ware boodskap ontdek, herdenk en onthou waaroor hierdie spesiale seisoen gaan. ONS VERLOSSER lééf!!! Liefde Noelene

Ons sien jou weer in die nuwe jaar!
Mooistevrou span