top of page

God Sal Jou Nie Verlaat Nie

Hoe stap jy die nuwe jaar binne? Is jy vol opgewondenheid oor wat die jaar kan inhou of is daar tog ‘n tikkie senuweeagtigheid en onsekerheid oor wat die jaar kan voortbring? Bekommer jy jou nou reeds oor dinge wat dalk kan wees en hardloop jou gedagtes met jou weg oor alles wat verkeerd kan loop?


Mag ek jou net ‘n stukkie raad kom gee, Mooistevrou, hier aan die begin van ‘n nuwe jaar? Ons almal loop ‘n nuwe jaar binne met ‘n blinddoek aan. Daar is 365 dae wat voorlê en, alhoewel ons ons eie idees en planne het, is dit die dinge waaroor ons geen beheer het nie, wat ons benoud en onrustig laat.


My advies is om hierdie jaar dag vir dag te neem. Daar is geen punt daarin om vandag al bekommerd te wees oor iets wat moontlik oor ‘n paar weke, paar maande of dalk nooit eers gaan gebeur nie. Dit beteken nie ons lewe onverantwoordelik of naïef nie. Swaar- en moeiliketye is ‘n realiteit en selfs die Bybel vrywaar ons nie daarteen nie. Dit gaan net daaroor om die oomblik wat jy nou het, ten volle aan te gryp.


As jy so gelukkig is om nog met vakansie te wees, geniet dit sonder om te begin stres oor werk.

As daar dinge vorentoe in die jaar lê waarna jy nie uitsien nie, moenie so gefokus wees daarop dat jy al die tyd wat jy nou het, vermors nie.


As jy jou dae om bekommer oor moontlike scenarios wat kan plaasvind, hou op en ervaar dit wat nou ‘n werklikheid is.


Om dag vir dag te lewe is om God te vertrou. God gee ons net genoeg genade vir vandag. Elke oggend voorsien Hy weer nuwe genade vir daardie spesifieke dag. Daarom, indien ons net fokus op vandag en op wat vandag van ons vereis, sal ons soveel meer rustigheid ervaar. Maar deur jou te bekommer oor die toekoms, sal dit vir jou voel asof jy dit nie sal kan hanteer nie, maar die waarheid is eintlik dat jy nog net nie die genade ontvang het vir daardie spesifieke situasie nie.


Neem hierdie belofte met jou saam hierdie jaar: God sê “Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie en jou nie verlaat nie”. (Deuteronomium 31:8). Ongeag waar jy jouself bevind of wat ookal gebeur, God is met jou. Selfs al gebeur dit wat jy die meeste vrees, weet dat God jou nie op jou eie sal laat nie. Daar is niks in hierdie wêreld wat jy alleen hoef deur te gaan nie. Hy sal met jou wees, en meer as dit, Hy sal jou nie in die steek laat nie. Hy sal ‘n uitweg gee.


So gaan geniet jou dag. Neem die mooi in. Haal asem. En vertrou. Jy gaan oukei wees ♥


1,033 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page