God se buitengewone plan - ♡
Ek het in Oktober die jaar ‘n stukkie geskryf oor God se tyd, ons omstandighede en toekoms. Ek het geskryf oor hoe ons moet leer om Hom te vertrou, te eer en Hom in alle situasies onvoorwaardelik lief te hê al is dit hoe moeilik en swaar. Ek het geskryf dat ons vergenoeg en tevrede moet wees met die omstandighede waarin ons is sodat ons ten volle in Sy wil kan wandel. Dit was beslis nie maklik om selfs, na ek soveel rustigheid en vrede ervaar het oor my omstandighede steeds elke dag vol grappies te wees en slegs positief op te tree nie. Inteendeel dit het moeiliker geraak omdat ek moes toe kyk hoe onregverdig sommige van die situasies waarin ek myself bevind het was en besig was om my as mens negatief te beinvloëd.
Min het ek geweet wat vir my wag en dat God se plan reeds in plek was ek moes net geduldig wees en op Hom vetrou. Ek moes nog ‘n klein tydjie vasbyt en besef dat geen situasie die moeite werd is om my karakter, mens-wees en hart prys gee nie.
Na ek die laaste keer in Oktober ‘n stukkie geskryf het, het my lewe drasties verander. Op ‘n manier wat ek as en nou stap vir stap terug kyk na wat ontvou het in elke sekonde daarvan God se hand, liefde en hart daarin kan sien. Dit is vir my so maklik om hierdie te deel met elkeen van julle want ek het geleer dat ons omstandighede ons forseer om te vlieg, om beter te wees en om geleenthede aan te gryp al is dit buite ons gemaksone. Ons hoor so baie dat ‘n mens groei nie in omstandighede waarin jy gemaklik is nie maar eerder in omstandighede waarin jy ongemaklik is. En nou meer as ooit weet ek dat ek daarmee saam stem.
Ons lewens is opgedeel in seisoene. Daar gaan ‘n seisoen wees waarin ons hoogtes bereik, suksesvol is en werklik geluk ervaar. Maar soos die lewe is sal daar altyd ‘n seisoen van ongemak wees waarin ons frustrasie, onregverdigheid, hartseer en bekommernis ervaar. Dit het my geleer dat die regte omstandighede, regte omgewing of mense kom gewoonlik in ons lewens in na ‘n seisoen van ongemak. As ons in elke seisoen daagliks op God vertrou, vertrou dat Hy alles sal laat gebeur op Sy tyd sal ons vinniger leer en verstaan wat dit beteken om tevrede te wees met hier en nou.
Ek is werklik so bevoorreg om te kan skryf oor die pad wat ek gestap het die laaste paar maande want ek het soveel geleer van God se karakter, my eie waarde en ook hoe belangrik dit is om jouself te omring met mense wat jou waarde daagliks raak sien. My tyd wat ek spandeer het om te kom waar ek nou is en op hierdie punt waar ek my gedagtes kan neer skryf het my weereens bewus gemaak dat ons ‘n God dien wat nooit ophou beplan aan ons en ons toekoms nie. God se plan vir ons lewens kom baie keer deur ‘n onverwagse geleentheid wat op ons pad geplaas word, wat ons so vinnig in ‘n ander rigting druk omdat ons dit nie noodwendig uit ons eie uit sou doen nie.
Wanneer ons besig is met onbelangrike, gewone en daaglikse dinge, vergeet ons dat God besig is om buitengewone dinge vir ons toekoms te beplan. Wanneer ons vasgevang is in ons omstandighede wat ons mens-wees en karakter negatief beinvloed of net besig is om ons normale lewens te volg is God besig om vir ons ‘n buitengewone plan vir ons lewens en toekoms te orkestreer.
Daarmee saam het ek geleer en besef dat God sien die potensiaal en waarde in elkeen van ons daagliks raak. Sodra ons Sy plan volg, bevind ons, onsself op plekke waarvan ons nooit sou kon droom nie en bereik ons meer as wat ons ooit gedink het ons kan, want ons potensiaal is deur God gesien en Hy weet tot wat ons in staat is om te bereik.
“For I know the plans I have for you,” declares the LORD, “plans to prosper you and not to harm you, plans to give you hope and a future”. God het elkeen van ons gemaak vir ‘n baie belangrike en spesifieke doel. Hy het die “inside information” oor jou lewe en jou doel. Ons kan met rustigheid weet dat Hy dit met ons wil deel, maar dat dit sal gebeur op die regte tyd, Sy tyd. God se plan vir ons lewe sal altyd betyds wees al is dit al wat ek moes leer die laaste paar maande.
Mag jy jouself kans gee om tyd met God te spandeer sodat jy elke oomblik van die dag Sy plan vir jou lewe kan ervaar. My droom vir elkeen van ons vir die nuwe jaar is om te weet wat jou waarde is en weet wanneer om weg te stap van jou omstandighede sodat jy jou mens-wees behou. Mag ons vrouens wees met karakter eienskappe wat geloof bou en ‘n positiewe impak op ander mag hê. My wens is dat ons vrouens van geloof sal wees en die volgende uitleef in die nuwe jaar:
Vrouens wat ander op bou en nader bring aan die mens wat God ons gemaak het om te wees.
Vrouens wees wat ander se geloof laat groei en hulle bemoedig om hulle God gegewe drome te volg.
Vrouens wat op n liefdevolle manier eerlik sal wees en sal sterk wees wanneer ander nie self kan sterk wees nie.
- Liefde Charne ♡