• Rouxnette Wiegand

God sien jou, selfs in jou ‘silent seasons’


‘Silent seasons’. Ek het onlangs weereens besef dat hierdie ongemaklike seisoen nie die tipe seisoen is wat net eenkeer oor ons pad kom nie, want hierdie is ook nie die eerste keer, of waarskynlik die laaste keer wat ek myself in ‘n ‘silent season’ bevind nie. Vir ‘n geruime tydjie voel ek iets is nie heeltemal wat dit moet wees binne my hart en gemoed nie, dit is nie heeltemal sleg soos die teleurstelling van ‘n heartbreak nie maar dit is ook nie so joyful soos die waarheid dat in the presence of the Lord there is fullness of joy, dis so mengelmoes van iets van alles – maar dit voel tog so bekend.


Aanvanklik dink ek by myself, ag nee, ek het letterlik nie nou krag vir so seisoen nie. Ek het nie die mental capacity om myself of my aksies aan iemand te verduidelik of te regverdig nie, ek het die emosionele kapasiteit om my gevoelens en emosies eerstens te konfronteer, daarmee te sit en deur dit te navigate en dan nog met iemand anders daaroor te gesels nie en ek het wragtig nie die finansiële kapasiteit om vir die 5de keer die week te gaan koffie drink om hierdie mengelmoes van onverklaarbare scenarios, emosies en situasies ted eel nie. Dit is soos ‘n klein irriterende klippie in jou skoen wat jy net nie die geleentheid kry om van ontslae te raak nie want die volgende ding moes al tien minute terug gedoen gewees het. Die absolute gejaag na alles en niks, gelyk.

Nietemin, besef ek okay – hier is ons weer. Wat het ek die laaste keer gedoen om die seisoen en al sy verassings te oorleef? Hoe gaan ek kies om hierdie nuwe, tog ou seisoen te hanteer, hierdie ongemaklike seisoen wat dalk weereens op my pad gesit is om my iets te leer en voor te berei vir die volgende seisoen wat voorlê. Behalwe vir bid, skryf ons intensioneel neer: Alles waarvoor ek dankbaar is vandag, alles wat ek nie kan beheer nie so hoekom wil ek tyd spandeer om daaroor te bekommer, ek skryf doelwitte, drome en datums daarby om myself aanspreeklik te hou, maar ook om na hierdie seisoen terug te kyk en te kan reflekteer hoe faithful God was – ek het hierdie expectant prayers by ‘n kosbare vriendin aangeleer, sy skryf datums langsaan elke punt op haar lysie wanneer God haar gebede beantwoord het. Nie of nie, wanneer.

As jy jouself in ‘n seisoen bevind waar antwoorde net nie kom nie en die situasie lyk totaal en al hopeloos, almal anders se gras lyk groener, die son skyn helderder oor almal anders. Jou gebede was eers bold en brave, maar raak al weaker by die dag want jou hart weet nie meer waarop hy moet fokus nie want almal probeer net oorleef. Girl, God hoor jou. Hy sien jou, Hy is by jou, Hy sit geduldig en wag vir jou – of jy dalk nog ‘n paar goedjies het om langs die pad te leer of te los, of indien jy eenvoudig net verder jou pad moet stap staan Hy reg daar.

Soos uit die woorde van Demi Lee Moore & Riaan Benade se liedjie,

‘When the life I built came crashing down, when the friends I had were nowhere to be found; I couldn’t see it then, but I can see it now, There was Jesus.

In the waiting, in the searching, in the healing and the hurting, like a blessing buried in the broken pieces, every minute, every moment, where I’ve been and where I’m going, even when I didn’t know it or couldn’t see it, there was Jesus.’

Dalk wag jy steeds vir die promotion of die verloofring of die healing, dalk gaan mense na aan jou deur ‘n moeilike tyd en jou hande voel afgekap. Dalk is jou hart seer oor ‘n liefde wat dalk nie jou ware liefde was wat God vir jou bestem het nie. Dalk wonder jy wanneer is dit jou beurt. Dalk leer jy nog om jouself te aanvaar en lief te hê, dit lyk ook nie altyd net soos face masks en green smoothies nie. Dalk wonder jy of jy moet gaan of bly. Dalk wonder jy of is jy genoeg of dalk is jy net omring met mense wat jou laat twyfel in hoe meer as goed genoeg jy werklik is.


Dalk voel dit of alles inmekaar tuimel of dalk is alles om jou net tjoepstil.

Hierdie seisoene is nie lekker nie, maar dis onafwendbaar. Dit is om soos ‘n wedren te begin, die begin is altyd pret want die hele crowd staan langs jou om te cheer, maar na 20km is dit net jy en jou fiets, die scenery om jou, en die Gees aan die werk binne jou, en eers na jy nog ‘n rukkie alleen gery het vind jy weer ‘n nuwe crowd wat vir jou cheer. Sulke seisoene kom ook tot ‘n einde, maar nie voor jy in jou alleen ry tyd geleer het wat jy moes leer nie. Miskien is dit om dinge agter te laat, miskien is dit om bietjie harder met jouself te praat oor slegte gewoontes, miskien is dit net om stil te wees omdat jy ‘n leeftyd terug net stil was. Jy sal weet hoekom jy alleen ry, want jy sal weet wat jy moet leer. As jy nie weet wat God vir jou probeer leer nie, begin net om inventory checks te doen van wat in jou eie hart en lewe is, en daarna filter jy deur vriendskappe en verhoudings. Allign alles met jou hart, siel en gees. Met die waardes en standaarde wat jy as dogter van die Koning wil handhaaf?


Indien wel, dan is jou silent season dalk juis dit. ‘n seisoen vir jou om net bietjie rustig te raak en teenwoordig te wees in die oomblik wat jy nou in, indien nie, is hierdie seisoen oor jou pad gestuur om weer jou lewe bietjie re-align met God se plan vir jou lewe, en Hy sal soms ons lewens bietjie ontwrig wanneer ons besig is om verkeerde dinge te entertain bloot vir ons eie beskerming. Aardse plesiertjies is die grootste vyand van ons hemelse date wat vir ons almal wag,

Ek hoop dat as jy in so seisoen is, dat jy op jou knieë bly. Dit is die plek waar jy die sterkste is, al is jy op jou swakste. Dit is ook die plek waar jy kan skree en terselfdetyd die stilste raak. Dit is die plek waar mense soos ek en jy, wat die gewig van die wêreld op ons skouers dra, rustig kan raak. waar ons veilig kan voel.

God los ons nooit alleen in ‘silent seasons’ nie. Dit beteken ook nie jou pogings om by God uit te kom is verkeerd nie, lees jou bybel, sing jou Elevation liedjies kliphard in jou kar, bid vir almal vir jy so lief is, bid aanhoudend. En as dit steeds stil is, raak jy dan ook net bietjie stil by jou Skepper. Dalk wil Hy hê jy moet vir ‘n oomblik ophou die wêreld en elke een van sy probleme te probeer oplos en net by Hom rus.


Jy is genoeg, en wat jy vir iemand anders kan doen en beteken is ook genoeg en wanneer jy tyd vir jouself vat is jy nogsteeds genoeg. God sien jou, en selfs in jou ‘silent seasons’ is jy goed genoeg.

• Demi Lee Moore & Riaan Benade: There was Jesus

• Brandon Lake & Chandler Moore: Fear is not my future


Baie liefde,

Rouxnette

174 views0 comments

Recent Posts

See All