top of page

Goed. Beter. God.

“God is nie net goed wanneer dit goed gaan nie, God is altyd goed.” Bouwer Bosch

So vinnig soos ‘n ma gereed staan om haar kind te vang wanneer hulle neig na ‘n gevaarlike situasie, of hoe vinnig ons sê “Goed dankie” in antwoord op ‘n “Hoe gaan dit?” of so vinnig soos wat Eskom loadshedding implementeer of ons president alles in een toespraak kan verander. So vinnig soos die son sak, verskietende sterre uitbrand en vuurwerke verby is.


Amper eerste instink. Dit is hoe vinnig ons geneig is om God te bevraagteken wanneer die lewe nie volgens ons eie planne verloop nie. Wanneer ons harte bietjie te seer raak, wanneer vriende of familie ons teleurstel, wanneer jy 500% in jou werk belê maar nie die verhoging of bevordering kry nie, wanneer ‘MyFitnessPal’ sinoniem word met selfs net die gedagte van jou volgende maaltyd maar die dokter steeds medikasie voorskryf, wanneer jy propvol kosblikke met ekstra liefde inpak vir skool of werk en met ‘n ekstra leë Tupperware bakkie terugbesorg word, gestuur met liefde en terug besorg met min tot geen waardering.


Ek weet nie of hierdie term ook soos branders konstant in jou gedagtes breek nie, maar ek hoor bykans elke dag dat dit ‘silly season’ is. So silly dat ek besluit het om Facebook en Instagram te delete. So silly dat ek nog op boodskappe van twee weke terug moet reageer. So silly dat ek en my smoothie-maker aan die heup geheg is want Desember wink vir ons – amper so verlydelik


soos die Lindt sjokolades by die kassier wanneer jy jou spinasie & bessies wil betaal. So silly dat ek eerlikwaar nie eers meer weet wat ek nie weet nie. ‘Silly Season’ – wat ‘n vreemde wending het hierdie term geneem van twee jaar gelede tot vandag. Hoe ek dit onthou stem nie ooreen met hoe ek vandag voel nie.

“En ek glo nog dat Engele ons besoek, as berge of stroke son. Jy wip jou hare as jy dans, dalk is die Heer in die ritme vermom.” Hierdie lirieke uit Spoegwolf se liedjie is soveel meer as Stellenbosch en wyn en groen bome met mooi melodieë. Dit is ‘n konstante herhinnering om die gejaagde ‘silly season’ te her-evalueer en te simplifiseer. Dit is werklik ‘silly season’. Mense is laf van bekommernis – gedeeltelik is dit ons bagasie en trauma van die afgelope twee jaar wat ons kies om elke dag weer op te tel en saam te dra, mense is moeg en uitgeput – die tipe moeg wat middagslapies nie mee kan kompeteer nie. Mense is oor dit. Mense soos ek en jy, wat heeltemal okay sal wees daarmee om môre ‘n somerpakkie in ‘n tas te gooi en na ons gunsteling plek toe te reis. Maar wat help die reis as die pad nie met geluk geteer is en die bestemming nie na vrede ly nie? Wat help ‘n asemrowende bestemming as jou hart leeg is?


Wanneer het eenvoud so ‘underrated’ geraak en besige skedules en die aantal likes en followers die maatstaf van sukses geword? Die absolute paradoks van ons samelewing – tydskrifte wat

op bladsy 5 beaam watter wonderlike mens jy is (nes jy is!), en op bladsy 25 jou probeer oortuig dat die nuutste diet nodig is om die beste weergawe van jouself te kan wees. Oudword is ‘n voorreg maar kom ons kry inelkgeval maar iets vir daardie plooie, ons wil tog nie hê mense moet praat nie! Die lys gaan aan…Hoe steel ons dan nou nie ons eie vreugde en veroorsaak ons eie teleurstellings nie? Ek wonder soms of God na ons situasies kyk en natuurlik ons houding daarteen ook, en dink ‘As sy net geweet hoe hierdie gaan uitdraai sou sy nie so baie tyd hieroor spandeer het nie.’ Maar ongelukkig, soos met kinders wat leer loop en eers ‘n paar keer val, dink ek dit is die natuurlikste reaksie om eers op te wil gee wanneer ‘n situasie hopeloos begin lyk maar nes ‘n tweede asem, laat genade ons toe om vir ‘n oomblik ons vloermoere te gooi, en dan weer te probeer.


Op wie draai jy jou rug wanneer dinge nie rooskleurig lyk nie? Dit is so belangrike vraag om oor na te dink – want om ons ruê op God te draai beteken dat ons ons oë na die wêreld draai, en ons weet hoe gebroke en vervalle hierdie wêreld is, so ons skep automaties ons eie verwagting wat hand-aan-hand met teleurstelling loop wanneer ons na die wêreld begin kyk en op ons eie insigte wil staat maak.


Uiteindelik moet ons besef, ons is nie net op ‘n tydstip in die jaar wat ons fisies uitgeput is nie, maar emosioneel ook. Elkeen van ons moes hierdie afgelope paar maande, om nie eers te praat van die laaste twee jaar, ‘n paar harde klippe kou. En soms voel dit of ek nogsteeds verstik aan ‘n waarheid wat ek geken het en die realiteit wat ek nou moet aanvaar. Alles is anders en soos hulle sê, die enigste konstante in hierdie lewe is verandering. Ek weet nie aldag wie ‘hulle’ is nie, maar hulle weet waarvan hulle praat. Al lyk my bootjie anders as joune, was ons in dieselfde storm en is ons nogsteeds. Ons weet hierdie geveg is nie tussen vlees en bloed nie, en dat ons elke liewe dag wat ons weer die geleentheid kry om ons oë oop te maak, moet kies om die wapenrusting van God aan te trek sodat ons kan hoor wat die Heilige Gees fluister wanneer die wêreld begin skree.


Soms wanneer die lewe om jou bietjie ‘silly’ raak en alles buite plek voel, is dit nie net meer as okay nie, dit is broodnodig om ‘n tydjie vir jouself af te knyp om jou gedagtes, jou hart, jou drome en doelwitte, jou vrese en bekommernisse – alles wat in jou wese aangaan en terselfdetyd bom soos wanneer water op elektroniese toestelle kom, om die goed en die sleg voor God te bring. Ek weet gebed is nie altyd maklik nie, maar hou aan om dit te doen. Pray without ceasing. Niks mooi praatjies nie, dit is nie wat God verwag ons na hierdie ‘silly season’ partytjie toe te bring nie. Hy soek die rou, opreg en eerlik. Hy weet reeds wat ons nodig het nog voor ons kan vra, maar Hy wil hê ons moet steeds vra, steeds praat, skree of bloot stil wees. Maar by Hom, nie by die wêreld nie. Die wêreld kan nie vir mense antwoorde gee oor ‘n droom en plan oor jou lewe wat deur die hemele opgedroom en direct word nie.


Ek glo nou meer as ooit dat Engele ons besoek – in berge of stroke son. Ek dink ons moet meer dans, al kyk almal of al kyk niemand en al lyk dit so grasieus soos Swan Lake of al lyk dit of bye jou jaag – ieder geval is goed want dit maak jou vry, en om lekker vir jouself te kan lag is gesond! Ek is vas oortuig die Here is in die ritme van ons elke-dag-bestaan vermom, al voel dinge so bietjie uit ritme uit – dit is steeds op die perfekte tyd, en die perfekte plek – al voel dit nie so nie. God is die veiligste plek om in jou hele lewe te kan wees, en Sy goedheid hang nie van ons emosies af nie. Emosies is tydelik, God se faithfulness is ewig – want as jy werklik eerlik is met jouself, wanneer het jou God jou al ooit in die steek gelaat? Dit voel soms so op gegewe oomblikke, maar dis omdat ons nie die “trailer” van ons eie lewe kan sien nie. He has never given up and He won’t start now. Maak plek vir Jesus. Dis tyd om die dinge wat jou hart so vol maak effens opsy te skuif, want dit was in die eerste plek nooit ‘dinge’ waarvan ons harte moet vol wees nie.

Hoe maak ons ‘silly season’ gesond? Ons maak die kwaliteit van ons gedagtes weer goed, sodat ons beter kan lewe – beter lyk vir my soos vrede, geluk, liefde, aanvaarding en ‘n toekoms om na uit te sien, met die wete dat ons dit net by God kan kry, jy moet besluit hoe lyk dit vir jou. Goed, beter, God. Mooiste Vrou, ek hoop jy vind rus en vrede in jouself, by God!


Versies van Bemoediging:

“I have told you these things, so that in me you may have peace. In this world you will have trouble, but take heart, I have overcome the world!”

John 16:33

“The things which you have learned and received and heard and seen in me, practice these things and the God of peace and well-being will be with you.”

Philippians 4:9

“Nothing can stop what God has ordained.”

Isaiah 14:27


Liedjies vir die Week:

Spoegwolf: Huisie In Die Reën

Lydia Laird: Hallelujah Even Here

Tauren Wells: Famous For

Crowder: Forgiven / Come As You Are

Al my liefde, Rouxnette


518 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page