top of page

Goeie woorde laat groei

“If speaking kindly to plants helps them grow, imagine what speaking kindly to humans can do.”


Ek weet nie of jy al hierdie quote raak gelees het iewers in jou lewe nie, maar dit het my nog altyd geraak elke keer wanneer ek dit raak lees. Ons almal het sekere woorde wat iemand al vir ons gesê het in die verlede wat vas steek in ons geheue. Woorde wat seer gemaak het. Woorde is seker die magtigste ding in die wêreld en kan soveel geluk, maar net soveel ongeluk veroorsaak. Dit het die effek van “maak of breek” en soveel mense gebruik dit as hulle wapen, soms met die wete en dan is daar mense wat woorde gebruik om mense te skend sonder om te besef.


Goeie woorde laat groei. Woorde aan jouself, woorde aan jou geliefdes en woorde aan vreemdes. Die regte woorde kan mense laat floreer!


Slegte, lelike woorde kan sulke diep letsels los, letsels wat nooit weggaan nie, wonde wat soms nooit genees. Dis hierdie “woorde-wonde” wat die seerste maak, seerder as die fisiese pyn wat ons van tyd tot tyd in ons lewens ervaar. Kies jou woorde reg, dink voor jy praat, jy weet nooit hoe diep daardie woorde kan sny.


Praat sag, mooi en vol liefde. Jou woorde het krag.


As ons met dieselfde tiepe passie mooi praat as wat ons doen terwyl ons kwaad of ontsteld is, dink net watter effek dit op ander mense sal hê. Die wêreld sal ‘n vriendeliker plek wees.


Woorde breek kinders af,

woorde knou maatjies af,

woorde knak vriendskappe,

woorde vou huwelike.


Woorde kan inspireer,

woorde kan opbou,

woorde kan ontferm,

woorde kan troos.


Praat opbouend met jou kleinding, liefdevolle woorde aan jou lewensmaat, omgee woorde aan jou vriendin, waardering woorde aan jou familie, vriendelike woorde aan vreemdelinge en praat sag met jouself.

Ons almal wil groei en hoogtes bereik, dit begin by jouself. Groei kan slegs gebeur met die regte en nodige “voeding.” Voed jou siel, asook dié van ander.


Pasop vir daardie slang se skerp tong en die woorde wat hy so blindelings uit spoeg. Draai ‘n dowe oor en kies goeie woorde wat laat groei.


426 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page