Goud in die Vuur

“Diamante breek yster, die beste lesse bly maar duur. Dis die een wat bly loop deur die storms wat homself vind, goud in die vuur.” – Elvis Blue


Hierdie woorde weergalm die laaste paar weke in my kop vandat ek dit die eerste keer gehoor het oppad lughawe toe. Hoe elkeen van ons ons eie verhaal van storms en duur lesse het, en soveel makliker daarin vaskyk eerder as die diamant wat in onsself gevorm is, en watter hoekies van ons hart ons deur elke storm en in elke les leer ken het.


Wanneer ons dink aan goud in die vuur en die suiweringsproses wat daarmee gepaard gaan, dink ek dit is van kardinale belang om te besef en te aanvaar dat God se genade jou sal ontmoet reg daar waar jy is. In die middel van jou verlowing, jou huwelik, of jou ‘waiting season’. In die middel van jou eerste werk, jou bevordering of jou skuif na ‘n nuwe werk of rigting. In die middel van ou vriendskappe, nuwe vriendskappe, moeitelose vriendskappe en vriendskappe wat tans in ICU verkeer.


Genade kom ontmoet jou in elke ou stukkie van jouself wat jy herbou, elke nuwe stukkie van jouself wat jy leer ken en elke vreemde stukkie tussen in wat jou dwing om te groei. Genade kom ontmoet jou in mooi agtermekaar gebede wanneer die lewe rooskleurig lyk, in vinnige opskiet-gebede wanneer jy in verkeer sit oppad werk toe, en in stom gebede wanneer die wëreld en al sy dinge jou selfs van jou woorde beroof het. Genade ontmoet jou waar jy is, en vul elke gaping tussen waar jy was, waar jy is en waar God lank reeds oor jou gedroom het om nog te wees.


Dit is moeilik om God se stem te hoor wanneer ons reeds besluit het wat ons wil hê Hy moet sê, En dit is moeilik om te bid wanneer ons self nie eintlik weet wat ons wil hê nie – hoe kan ons met verwagting bid as ons nie weet wat ons van ons eie lewens verwag nie. ‘n Paar jaar gelede sou ek self dink dit is waansinnig om nie te weet wat jy werklik wil hê nie, maar as daar vandag ‘n regte antwoord op “Wat is jou 5-jaar plan?” was, sou ek totaal en al misluk, want daardie plan het al sewentig maal sewe keer verander, en ek het ‘n sterk vermoede dit is een van die vele redes waarom God ons ook waarsku om nie op ons eie insigte staat te maak nie – ons kon nie 5 jaar gelede die groter prentjie sien nie en ons gaan ook nie oor 5 jaar van nou af die groter prentjie sien nie, mens besef eers gedeeltes van ons lewens-skildery soos jy in jou wandel vir ‘n oomblik terug kyk.


Christine Caine het so rukkie gelede so mooi gedagte gedeel: “Do what you are called to do. Don’t get distracted, don’t get sidetracked, don’t get derailed. Do what you are called to do. Stay focused. Stay faith-filled. Stay hope-filled. Do what you are called to do. Don’t compare. Don’t compete. Don’t quit.”

Jy kan nie nuwe wonderwerke met ou denkwyse ontvang nie, jy moet plek maak vir God om iets nuut in jou lewe te kom doen soos Effesiers 3:20 beaam. Ons moet God nooi om meer te kom doen as wat ons ooit kan dink om eers te vra, en nog meer moet ons Hom toelaat om dit in ons lewens te kom doen.


God sal toelaat dat jy in onbekende spasies beweeg en ongemaklike situasies beleef, dit is nie om jou te straf nie, so ons het geen rede om benoud, verbouereerd of paniekbevange te raak nie. God is net van plan om aan ons te openbaar hoe faithful Hy is. He’s got this all figured out. Maar Hy het nodig vir ons om Hom te vertrou en dit nie alles eers op ons eie te probeer uitpluis nie.


“God is always looking for somebody who is obedient. When you’re willing to be obedient to what God is speaking, you don’t have to calculate or understand by logic what God is calling you to do. You only need to understand that where opportunity meets obedience, miracles happen.” Steven Furtick


Moet nooit bewustelik kies om langer in ‘n seisoen te bly as wat God vir jou beplan het nie. Net soos wanneer kos op ‘n warm plaat verbrand wanneer dit te lank staan, net so kan jy jou eie vingers brand wanneer jy deure probeer oophou wat God wil toemaak. Ons weet dat wanneer God ‘n deur oopmaak, geen mens dit kan toemaak nie, en ook dat wanneer Hy ‘n d