• Noelene Bester

Grense

Ek dink dit is iets waarmee elkeen van ons ‘n stryd het. As iemand jou seermaak stel jy grense, of jy bou sommer ‘n muur om jouself teen seerkry te beskerm. Ons raak meer en meer versigtig wie in ons kringe toegelaat word.

Om grense te stel is eintlik nodig en gesond in hierdie gebroke wêreld. God gee daagliks vir ons vernuwende krag, ons kan leer om weer te vertrou en kwesbaar te wees nadat ons seergemaak is. Ek sê nie jy moet toelaat dat dinge weer terugkeer soos dit was nie, maar deur ‘n grens te stel beteken dat jy besef en weet dat jy verdien beter!

Deur ñ Gesonde grens te stel, verklaar jy dat jy waardig is van liefde en respek.


Daar is wel 'n verskil tussen grense en mure. Grense gee ander reëls vir interaksie met ons, terwyl mure almal op 'n afstand hou. As volgelinge van Christus is dit belangrik om die regte balans te handhaaf tussen jouself te laat geld en kwesbaar te wees.


Grense is nodig om dit wat vir ons heilig is, te beskerm. As jy agterkom dat jy bietjie anders is tussen sekere mense, dat jy voel jy nie jouself kan wees nie, moet jy minder tyd met hierdie persone deurbring. As iemand ons minderwaardig laat voel moet ons standpunt vir onsself inneem en grense stel. Ons is veronderstel om ons vyande lief te hê, maar dit beteken nie ons hoef om dieselfde tafel as hulle te sit nie.

‘n Gesonde grens beteken om ‘n verandering te maak as daar situasies of mense is wat onveilig is om mee saam te wees. Ons is soms meer kwesbaar in gevaarlike situasies, want ons wil so graag hê dat ander Jesus moet leer ken. Maar, ons moet ook onthou en verstaan dat God jou uitkies om in sekere situasies te werk, Hy kies jou nie om hulle te red nie. Hy werk alreeds om hulle harte te wen.

As dit nie wys is om saam iemand te wees nie, kan ons hulle van 'n afstand liefhê deur vir hulle te bid.


Soms moet jou grense eers intern gestel word voor jy aan eksterne grense begin dink. Jy sê dalk slegte goed oor jouself as jou gemoed af is, wat jou selfvertroue mettertyd sal affekteer.

Wanneer ons in die versoeking kom om sleg oor onsself te dink of praat, moet ons eerder Bybelse waarhede oor ons lewens spreek. Onthou dat God ons as sy meesterstuk sien, bestry dus elke leuen met waarheid.


Indien hierdie grense beteken om minder tyd saam iemand te spandeer wat jou neerdruk, beter woorde en gedagtes oor jouself te hê of selfs net om beter besluite te kan neem in moeilike situasies wat ten voordeel vir JOU is. Watokal dit mag wees, dink na aan die seer waaraan jy moet werk om te vergewe en oorweeg so die grense wat jou sal beskerm.


Mag jy deur grense te stel ‘n gesonde balans saam God vind.

172 views0 comments

Recent Posts

See All