
Groeipyne.
Deur Rouxnette Wiegand
Ons almal het dit geken op 14, maar niemand het vir ons geleer hoe groeipyne sal lyk op 24
nie. Op 14 was jou lyf seer, want elke deel van jou liggaam het in sy eie spesifieke plek in
gegroei. Op 24 is jou hart seer, want met hierdie rondte van groei is jou hart betrokke en
hierdie keer is die fisika nie genoeg om die groeipyne te verklaar nie, hierdie keer moet jy met
jou eie hart en gedagtes gekonfronteer word om te bepaal wat werklik in jou hart, jou gedagtes
en uiteindelik in jou lewe groei.
Hierdie is die deel waarna elke 14-jarige uitgesien het – om ‘groot’ te wees. Maar niemand het
die jonger jy gewaarsku dat dit nie so glansryk soos op Mean Girls of High School Musical is nie.
Die stories het nie altyd gelukkige eindes nie, jou eerste liefde is nie noodwendig die laaste nie,
mense se intensies is nie altyd opreg nie. Vriendskappe hou nie vir altyd nie en op die einde van
die dag verloor jy tog eers ‘n bietjie van jouself voor jy jouself weer kan vind. Hoekom? Want
alhoewel ons die hoofkarakters in ons eie lewensverhaal is, het ons nooit vooraf ‘n ‘script’ gekry
vir watter toneel volgende voorlê nie. Die lewe is nie voorspelbaar nie. Ideaal, het elkeen van
ons ons eie voorafgestelde idee van hoe ons lewe sal lyk, maar uiteindelik is ons nie die
regisseur van ons lewensverhaal nie. Ons vertolk die rol, maar ons Skrywer het lankal reeds
elke toneel tot die fynste detail geskryf.
Om ‘n rol te vertolk waarvan jy nie die woorde ken nie, is amper so erg soos om op ‘n ‘blind
date’ te gaan – dit kan rampsoedig wees of dit kan die beste tyd van jou lewe wees, ieder geval
hoop mens altyd vir die beste. En dalk is dit genoeg. Dalk is ‘n klein bietjie hoop, ‘n mosterd-
saad geloof en emmers volg genade al wat ons werklik nodig het om hierdie vreugdevolle,
vreesaanjaende avontuur genaamd die lewe, te oorleef.
Ek kan nie die jonger ek waarsku oor watter klippe op die pad lê sodra jy die eerste keer uit jou
mamma se nessie val nie, maar ek is vandag die jongste wat ek weer sal wees en daar is ‘n
paar lesse wat hierdie groeipyne my geleer het, lesse wat ek nog lank saam gaan dra want ek
weet solank as wat jou hart klop, hou die groeipyne van ‘groot word’ nooit op nie.
As jy groeipyne saam met jou gaan dra, hoop ek jy draai dit toe met die volgende:
1. Gaan rus by God se voete net soos jy is. Hier & nou. Gebroke, gelukkig. Heel of ‘n
oopgbreekte granaat. Agtermekaar of deurmekaar. Jy gaan nooit die perfekte persoon wees om
voor God se voete te gaan rus nie. Gelukkig soek God nie jou ‘perfek’ nie want Hy ken alreeds
jou hart. En ongeag jou gevoelens, is jou hart meer as genoeg vir Hom. Jy kan jouself 300
redes gee hoekom jy gediskwalifiseer is vir die troon, en God sal vir jou 3000 redes gee hoekom
Hy jou na die troon toe roep. Ons emosies is tydelik, God is permanent. Ons gevoelens is
vlietend, God is dieselfde gister, vandag en in al ons môres tot in ewigheid.
2. Jy hoef nie eers te val voor jy kan opstaan nie. Jy hoef nie eers te breek voor jy heel
raak nie. Die liewe Vader het vir ons elkeen ‘n gesonde verstand gegee om giftige denkwyse en
patrone te kan uitken. Moenie eers wag om jou kop te stamp voordat jy kies om anders op te
tree of nuut oor te begin nie. Elke dag en elke oomblik is ‘n geleentheid om ‘n beter weergawe
van jouself te wees, kies dit.
3. Nee is ‘n vol sin. Jy mag ‘nee’ sê sonder om sleg te voel of om jouself te veruidelik. Jou
energie en eie gemoedstoestand verdien ‘n time-out van dinge, mense of plekke wat al jou
krane oopdraai tot daar niks meer oor is om te gee nie.
4. Leer om jouself te vergewe, ongeag jou verlede. As jy dit nie gaan doen nie, gaan jy