top of page

Haar huis is myne

Ons vriendskap het sonder ‘n handleiding of kaart gekom. Inteendeel, ons vrienskap was nooit beplan nie. Ons verskil in so baie opsigte van mekaar dat geen boek, blog of aanhaling ons kon voorberei op diė vriendskap nie. Ons het blindelings, sonder enige kompas, kaart of GPS diė avontuur aangepak.


Yahweh gee ons ‘n beste vriendin sodat ons nie die lewe se oseane alleen hoef aan te pak nie. Dis soveel makliker om die stormwaters aan te durf as jy iemand langs jou het wat opdaag sonder dat jy vra, met ‘n roeispaan in die een hand en ‘n lewensreddingsbaadjie in die ander.


Daar’s ‘n koffiebeker met my naam op in haar kas en my plek op haar bank is permanent gereserveer.


Sy is my my beste vriendin, my hartsmens, en my stukkie genade van Yahweh af.

Sy oordeel my nie en kyk verby die vuil kol op my nuwe hemp en deurmekaar hare na ‘n lang dag.


Ek aanvaar haar vuil vloere vol kinder voetspore en sy verstaan hoekom ek alweer laat is vir ons weeklikse afpak sessie.


Saam bid ons vir geduld en genade en maak ons kinder groot in klein huise vol liefde. Ons lag in oorvloed en vee mekaar se trane af. In haar huis kan ek net wees, terwyl ek met my voete op die bank sit en niks sê nie.


Ons is altyd daar vir mekaar, maak nie saak hoe onstuimig ons oseane raak nie.

Sy is ‘n veilige hawe vir my trane en hou my geanker.

Ons kan saam uit ons mae lag en meer kalorieë verbrand as met enige oefening, want daar is nie tyd vir oefen as jy ‘n ma is nie. Maar tyd vir mekaar, is daar altyd.


Saam haar kan ek enige oseaan aanpak en op onbekende avonture gaan. Want twee dromers is beter as een.


Yahweh is goed vir ons – vir ons vriendskap.


Met elke slukkie koffie en vinnige boodskap word ons herinner aan Yahweh se oneindige genade oor ons.

Ek is bly daar bestaan nie ‘n kaart vir ons vriendskap nie, want saam teken ons vryhand aan ons eie kaart vir ons vriendskaps avonture en vaar blindelings, vol vertroue op mekaar se oseane.


Die pad na haar huis toe ken ek goed. Ek kan dit toe oë ry.

Dis my gunsteling pad, my asemskep pad, die pad na waar ek net myself kan wees.

Want haar huis is myne.


216 views1 comment

Related Posts

See All
bottom of page