top of page

He’s just not that into you- Part 1

Meeste van ons was al in ’n situasie waar jy regtig van iemand hou maar die persoon “commit”nie. Jy begin dan wonder wat is fout met jou , wat het jy verkeerd gedoen , is jy nie mooi genoeg nie , is jy nie goed genoeg nie? Die gemaal van vrae in jou kop kan jou teen die mure dryf.


As ’n seuntjie lelik is met ’n dogtertjie betekin dit hy hou eintlik van haar. Ons was so geleer van kleins af. Daardie gedrag word aanvaar van so jong ouderdom af. Ons aanvaar dit van selfsprekend. Ons word van kleins af so geprogrameer dat dit aanvaarbaar is.


Ek het ’n vriendin wat ’n gesels met ‘n man vir byna ’n jaar lank. Die man is vreeslik “hot and cold” met haar. Dan wil hy “commit”dan ’n paar dae later voel hy nie reg om te “commit”nie. Hy is bang, hy het “dinge”wat hy eers moet uitsorteer in sy lewe en so gaan dit aan. Dan ’n paar dae later kontak hy haar weer en wil haar graag sien maar vermy die onderwerp van ’n verhouding of sê sy moet hom net ’n paar dae kans gee. Daardie paar dae gaan verby en niks gebeur nie. Sy is 'n pragtige vrou met die mooiste hart. Dalk bevind jy jouself ook tans in so situasie.


Om jou tyd te mors op die verkeerde persoon is ’n mors van tyd.

Hoeveel ure het jy nie al gemors om te wag vir daai sms, whatsapp of oproep dat die man vir jou moet sê dat hy in ’n verhouding met jou wil wees nie. Ek kan jou belowe die man sit definitief nie en wag vir jou nie. Hy gaan gemaklik aan met sy lewe terwyl jy sit en suffer. As ’n man jou nie bel nie dan wil hy jou nie bel nie.Ek wens ek het dit jare terug al besef. Ek sou soveel tyd gespaar het.

Liefste mooiste vrou, “He’s just not that in to you.” Nou begin jy dalk dink nee maar hy voel dalk net geintimideerd deur jou, hy was lanklaas in ’n standvastige verhouding, dalk het hy regtig probleme wat hy eers moet uitsorteer, dalk is hy net bang en so gaan dit aan. Die rou waarheid is, as ’n man jou regtig wil hê en in ’n verhouding met jou wil wees, dan sal hy. As hy nie wil “commit”nie hoekom wil jy jou tyd mors om te sit en wag vir iets wat nooit gaan gebeur nie? Hou op jou tyd mors om te probeer ontleed hoekom die man nie wil “commit”nie. Die probleem lê nie by jou nie. As hy dan sê hy hou baie van jou maar . . . die woord maar is klaar ’n indikasie dat hy nie so baie van jou hou om te wil “commit” nie.


Mens besef nie die verskonings wat jy eintlik namens daardie persoon maak nie net omdat jy nie die waarheid in die gesig wil staar nie. Ek verstaan mens raak verlief of lief vir iemand maar jy raak jy lief vir die illusie wat jy in jou kop het oor die persoon of lief vir die idee van hoe jy hoop die persoon gaan wees of is ?Ons is gefokus daarop om ons “happy ending”te kry dat ons die tekens heeltemal mis kyk. As ’n man jou hanteer asof hy nie omgee nie, wel dan gee hy nie om nie.

Sluk jou trane mooiste vrou want jy is beter.

570 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page