top of page

He’s just not that into you – Part 2

Hoeveel keer het jy nie al verskonings gehoor oor hoekom ’n man jou nie kon sien of bel nie? Onthou die volgende: “An excuse is a polite rejection”


Wees versigtig om nie vasgevang te raak in verskonings nie.As hy jou nie bel nie is dit dood eenvoudig, jy is nie in sy gedagtes nie. Jy is nie ’n prioriteit nie.As hy aanhoudend verskonings maak dat hy jou nie kan sien nie, wil hy jou nie sien nie. As hy ’n klein verwagting skep by jou maar nie volhou daarmee nie kan jy net “imagine” wat sal gebeur met ’n groot verwagting. Onthou die patroon van konstante teleurstellings gaan aanhou want in werklikheid gee hy nie om dat hy jou teleurgestel het nie.Iemand wat jou wil sien en jou wil bel sal dit doen. Onthou net as ’n man aanhoudend verskonings maak, respekteer hy nie jou gevoelens en behoeftes nie.


As ’n man jou net wil sien as hy dronk is, hardloop vrou ! Hoekom moet hy dronk wees voor hy met jou praat? Watse respek het so man nou eintlik vir jou?Vanaand is jy die liefde van sy lewe en môre oggend is jy nie eers ’n kennis nie. Die volgende dag ignoreer hy jou en maak klomp verskonings.Moenie dat jou begeerte om liefde te vind jou oordeel vertroebel nie. Jy verdien ’n nugter man.Iemand wat jou bel en jou wil sien as hulle nugter is en iemand wat moeite doen.


Kies iemand wat JOU kies, elke dag sonder twyfel.


Een van die seerste goed wat kan gebeur is as jy tyd met ’n man spandeer en op ’n dag verdwyn hy net en jy hoor niks van hom nie.Jy gaan deur verskillende fases. Eers voel jy seer gemaak, dan voel jy hulpeloos en dan raak jy kwaad. Dit is normaal om kwaad en hartseer te voel maar onthou, moenie verskonings maak vir sy gedrag nie.Jy spandeer soveel tyd om te analiseer oor wat jy verkeerd gedoen of gesê het dat dit kon gebeur.Die punt is die man wil nie meer saam met jou wees nie en eintlik wys dit vir jou sy karakter dat hy jou nie eers kan kontak om te sê , "jammer maar ek wil nie meer saam jou wees nie."Moet hom nie eers kontak om te vra hoekom of vra wat gebeur het nie want jy gaan hom net ’n kans gee om jou weer te verwerp of dalk antwoord hy glad nie terug nie dan voel jy eers teleurgesteld.


Glo my die man weet presies wat hy gedoen het.Kan jy dink wat sal gebeur in ’n ernstige situasie, gaan hy dan ook net vlug ? Basies wys hy jou dat jy nie kan staat maak op hom nie. Ek verstaan mens soek “closure”maar soms is geen antwoord ook “closure”.Die beste medisyne is om aan te beweeg met jou lewe en nie verder jou energie te mors daarop nie.


Ons almal het selfone en social media so glo my as hy jou wou kontak sou hy teensy hy in ICU is maar jy sal wel daarvan uitvind. As iemand jou net “ghost” lê die fout defnitief nie by jou nie al dink jy so.

Jy verdien liefde sonder ’n maar.

632 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page