top of page

Here, steek my sommer net weg asb…

Die laaste 5jaar van my lewe was seker dié mees challenging 5jaar ooit.


Ek het dié grootste liefdesteleurstelling van my lewe gehad, ek moes harder werk as ooit in my beroep, co-parenting en moederskap het my nagte laat wakker lê en glo my die lys gaan net aan.


Daar was tye wat ek die Here gesoebat het vir antwoorde en verandering, daar was tye wat ek die Here bevraagteken het en ja…ek is nie trots daarop nie maar daar was tye wat ek kwaad geraak het vir die Here omdat ek nie die uitkoms wat ek vir myself wou hê kon kry het nie.


Dit het my 5jaar van moeilike tye gevat om te besef dat my wil als behalwe God se wil is. Dit het my 5jaar van bloed, sweet en trane gevat om te besef dat ek verseker nie die een is wat in beheer van my eie lewenspadjie is nie- HY IS!


Mooistevrou, vandag wil ek jou aanmoedig om uit my foute te leer en op te hou om jou eie wil vir jouself na te streef want jy gaan jouself doodeenvoudig net uitput.


Ek moes op die harde manier leer om my eie denkwyse te verander en aktief te begin bid en vir God te vra “ steek my asb weg Here…” Ja, jy het reg gelees. Daar gaan nie ‘n dag verby waar ek nie nou vir die Here vra om my eerder weg te steek nie.


Steek my weg Here, steek my weg van situasies wat nie VIR MY is nie, steek my weg van vriendskappe en mense wat nie VIR MY is nie. Steek my weg van enige potensiele liefde wat nie VIR MY is nie.

Want die feit is, ek sal eerder streef om raakgesien te word deur die Here as wat ek raakgesien wil word deur ‘n wêreld wat nie vir my is nie. Ek sal eerder eg bly aan myself en die Here se plan vir my as om konstant die wêreld om my se goedkeuring te probeer soek.


Met ‘n dogter wat haar tienerjare betree en konstant te doen het met ander tiener dogters wat nie altyd vir mekaar sonskyn wil gun nie, probeer ek haar daagliks herhinner om eie aan haarself te bly en vir die Here te vra om haar weg te steek van hierdie konflik soekende situasies en mense.


Kom ons wees eerlik met mekaar, hierdie denkwyse en bid-wyse maak nie altyd van jou die populêre een nie maar glo my dit maak dat jy elke ware vriendskap, elke prestasie en elke persoonlike victory net soveel meer waardeer want jy weet dat dit wat na jou kant kom, wel van die Here af is en ge-allign is met Sy groter plan vir jou.


Mooistevrou, ek herhinner jou weereens vandag…jy is genoeg! In die Here se oë is jy eintlik meer as genoeg. Jy het nie nodig om enige situasie te probeer manipuleer om jou gekose uitkoms te probeer kry nie want dis nie jou plan wat saakmaak nie, maar eerder God se haarfyn, uitgekerfde plan wat saakmaak. Jy het nie nodig om raakgesien te probeer word deur mense nie, want die regte mense en verhoudings- die wat werklik VIR JOU is, sal jou beslis raaksien.


Vra vandag vir die Here om jou ook weg te steek van dit wat nie VIR JOU is nie en ek belowe jou daai onnodige laste in jou lewe gaan minder word.

2,340 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page