top of page

Hey JY met die sagte hart...

Ek sien jou, ek weet waarvan jy praat, ek kan aanvoel wanneer jy hartseer is en wanneer dinge krap, ek sien in jou oë hoe jy so graag mense wil help en hoe hulle met jou is, dat jy alles gee, alles insit en in die proses jou vingers verbrand, want al wat JY wou doen is help, met jou goedhartigheid, en inruil daarvoor staar jy "fake" in die gesig, word jy "ge-backstab" of ingedoen. Jy's die een wat altyd gee, altyd luister en wanneer jy uiteindelik die vrymoedigheid en braafheid bymekaar skraap en "eventually" met iemand gesels, kom jy agter dat hulle nie juis hul hulp wou aanbied, gaan aanbied en of, dat hulle dit met verkeerde intensies doen.


Jy met jou sagte hart, moet meer as enige iemand anders, hom beskerm met alles binne jou - jou goedhartigheid is nie vir almal bedoel nie, jou liefde is nie veronderstel om op jou mou gedra te word nie, dis nie daar vir enigeiemand om misbruik te word nie. Jy, meer as enigeiemand moet pasop met wie jy meng, met wie jy praat, met wie jy jou verlede deel, met wie jy kuier, met wie jy werk ... nie omdat jy selfsugtig wil wees of "moeilik" soos mense dit sou raam nie, maar die blote feit dat JY jouself moet beskerm, omdat jy waardevol is en iets het om te bied. Ek wil nou meer as ooit hê dat vroue hul woordeskat moet verander, en ophou mense op "pedestals" sit omdat jy minderwaardig voel oor jouself, of omdat jy dink dis lelik om vir jouself op te kom, of omdat jy sleg voel as mense jou "anders" gaan kry. Dis nie jou werk om om te gee wat ander mense gaan dink of hoe hulle gaan optree nie. Jou werk is om seker te maak dat jy jouself sterk hou, en jou eie emosies beheer, jou eie waarde bepaal en jouself valideer - jy's nie veronderstel om deur ander mense gevalideer te word nie, dis nie hulle werk nie, dis joune. Gesonde mense wie nie "toxic" is nie, sal jou "reg" hanteer - menende as jy met 'n probleem na hulle sou gaan, sal hulle in sagtheid met jou sit en 'n oplossing probeer kry, mooi praat sonder om jou te laat voel dat jy minder is as hulle, 'n niks werd of sommer net nog iemand. Maar die teenoorgestelde is ook waar, as jy dit toelaat en dit van jouself dink, is dit presies wat jy gaan aantrek na jou.


Ons is geleer van jonks af dat jy die "beter" een moet wees, en dat jy net moet gee en gee, as jy nie deel nie is jy ongeskik - in 'n mate is dit waar, maar wanneer dit kom by jou hart, jou energie, jou atmosfeer, jou denke, jou gees en jou fisiese, MOET jy, meer as ooit alles in jou jou hart beskerm. Hiers hoekom...


Ons as mens filter emosies en denke van binne en buite, wat jy kyk, wat jy na luister, met wie jy meng - alles speel 'n rol, alles het 'n impak op jou en om jou. Jou denke beinvloed jou emosies en skei af op jou liggaam. Ek het iets interessants die laaste tyd geleer - as mens het jy 'n armbreedte "aura" om jou wat hulle noem jou energie spasie - dit klink 'n bietjie "weird", maar as jy mooi dink daaroor, hoe baie loop jy in 'n plek in en voel snaaks met sekere mense wat in die omtrek is, en wanneer jy met hulle gesels kan jy of jouself wees of jy trek terug en voel snaaks en ongemaklik? Of jou gees bots met iemand en jy voel onwelkom? Of wanneer jy in 'n "toxic" verhouding is, wanneer die verhouding moeilik groei, asof die een persoon die ander een aftrek, manipuleer, mishandel, afpraat, beledig, al die negatiewe dinge - hoe laat dit jou voel? Jou binneste wil skree maar jy kan dit nie verduidelik nie, jy voel konstant ongemaklik maar jy het nie woorde vir dit nie, het jy al so gevoel of beleef jy dit dalk tans? Het jy al gevoel wanneer iemand teen aan jou kom staan, hoe ongemaklik dit raak wanneer hulle 'n vreemde gees/energie het? Wanneer iemand teen jou kom skree, hoe bang word jy asof jy hulle net wil wegdruk? Of wanneer iemand wie jy liefhet met 'n warm huislike gees jou druk, hoe laat dit jou voel?


Positiewe energie verwys na 'n houding (aura), wat bemoedigend, opbouend en positief is, jy's oop, empatiek, groeiend, dis 'n veilige spasie vir ander om hulself te wees, jy laat toe dat mense gemaklik kan voel, daar's geen aansit nie. Negatiewe energie is afbrekend, negatief en soek die negatiewe in situasies, neig om te skinder en sleg te praat van ander, jy's negatief en praat afbrekend.

Net so, wanneer jy met mense meng wie negatiewe energie het sal jy aanvoel dat jy nie lank daarna ook negatief voel, "drained" en mismoedig. Hoe langer jy met so 'n persoon kuier, hoe erger gaan dit word. Meng met positiewe opbouende mense, opregte mense wie doelgerig is, sal jy sien nie lank daarna sal jy ook dieselfde taal begin praat.


Ons wil so graag vriende hê, of jy wil trou of in 'n verhouding wees, mens wil samesein hê - maar om in iets betrokke te raak wat jou gees en gedagtes negatief beinvloed gaan jou meer skade doen "in the long run" as wat jy wag vir die regte mense om 'n beter impak te kom maak. Verhoudinge wat manipulasie behels is 'n ander saak, want manipulasie groei stadig en sien jy dit nie dadelik nie, maar jou gees voel aan dat iets nie reg is nie - in hierdie geval, moenie uitstel nie, kom uit, kies vir jou, kies wat JY wil hê. Mense dink altyd dat wanneer 'n verhouding eindig dit die einde is en daar niemand vir jou daarbuite is nie - maar onthou, jy trek aan wat jy is. Lees dit weer, JY TREK AAN WAT EN WIE JY IS. As jy manipulasie toelaat en negatiewe mense in jou lewe toelaat sonder om op te staan vir wat reg is en jou standaarde prysgee is dit presies wat herhaal gaan word. Iewers moet die streep getrek word en gesê word genoeg is genoeg, "ek verdien beter, ek verdien om soos 'n prinses gehanteer te word, ek verdien om vriende te hê wie my rug het, wie my opbou en help, wie regtig daar is en eg is." Verander jou woordeskat...bepaal jou waarde en staan op vir wat jy wil hê!


Hoe gouer jy "toxicity" uit jou lewe kry, hoe gouer sal jy kom waar jy wil wees. Ek dare jou, vat 'n paar maande en fokus op jouself - oefen, journal, luister motiverende videos, luister musiek, stoot al jou energie in jouself in, verander jou "behaviors en habits", raak ontslae van negatiwiteit en laat gaan jou verlede - en ek belowe jou, jy sal die vrou word wie jy graag wil wees. Dis nie iets wat oornag gaan gebeur nie, en dis nie iets wat gaan ophou nie, maar hoe meer jy in jou "invest" hoe meer sal dit 'n gewoonte raak. Verander jou taal, beskerm jou binneste, beskerm jou drome, beskerm jou hart en jou denke - werk aan wie jy is en word a HIGH VALUE WOMAN. Leer hoe om te kommunikeer, leer hoe om nee te sê met "kindness", leer hoe om grense in te stel sonder om sleg te voel. Alles kom terug na jou, wat jy besluit en wat jy toelaat. Niemand anders is in beheer van jou lewe as jy nie.


Jou sagte hart is jou grootste krag, gebruik dit met perke, kies met wie jy dit wil deel, kies wat jy filter in jou binneste en moenie ooit verander omdat iemand anders jou nie waardeer nie, onthou, jy laat toe wat met jou gebeur, beskerm jou hart. INVEST IN MENSE WIE IN JOU INVEST.

2,672 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page