Verwerping bestaan nie – hoe om verby die gevoel te kom en aan te beweeg
Verwerping – is dit ‘n askie of is dit ‘n gevoel?

Deur Lizette Volkwyn, Meester Lewens afrigter, gepubliseerde skrywer en menslike
kredietwaardige konsultant (human lie detector)
Ons is groot gemaak met die idee dat as enige iemand nie vir ons gee wat ons graag wil hê nie, of as ek vir iemand iets of selfs myself aanbied en dit van die hand wys, dit verwerping is. Die woord ‘verwerping’ word vinnig rondgeslinger sodra ons nie gekry het wat ons graag wou gehad het, of dink dit is wat ons nodig gehad het.
Die hartseer is dat bykans die hele samelewing vasstaan dat hulle op ‘n daaglikse basis verwerp word.
Verwerping is nie ‘n aksie nie, maar wel ‘n gevoel. Gevoelens word slegs deur jou gekies -- NIEMAND kan jou verwerp laat voel nie -- jy KIES dit. Ja, dis ‘n direkte, tussen die oë, vuishou aanname.
Hier is ‘n voorbeeld: Jy het hard gewerk om jouself te posisioneer vir ‘n sekere pos by jou werk. Jy het selfs ‘n kursus gedoen om jou kanse te verbeter, en dan kom die uitslag... ‘n ander kandidaat is vir die posisie gekies. Jy is teleurgesteld, kwaad, en voel verwerp. Jy se vir jouself “Ek is nie goed genoeg nie.”
Is jy verwerp? Is jy nie goed genoeg nie? Nee, beslis nie. Die waarheid is, keuses, besluite en opinies word gemaak van ‘n ander persepsie. Jy het geen beheer da
aroor nie.
Die uitslag is terugvoer. Dit sê dat wat hulle in gedagte het, en wat jy kan aanbied is nie in lyn met mekaar nie. Dit is nie persoonlik nie. Dit klink makliker gesê as gedaan. So, hoe begin jy om jou persepsie te verander? Ek deel graag ‘n paar wenke hoe om verby die gevoel van persepsie te beweeg.
Wenk 1: Niks in die lewe is persoonlik nie
Die is die belangrikste wenk. NIKS in die lewe is persoonlik nie, en alles gebeur uit ‘n enkele oogpunt. Jy mag sê: “Dit klink nie reg nie”, maar dink daaraan...Jy vra vir manlief of hy saam met jou na ‘n dinee of werskfunksie toe sal gaan waar meestal net dames sal wees. Manlief antwoord versigtig en wys dit van die hand af. Jou eerste reaksie is, dat hy jou verwerp en nooit saam met jou iets wil doen nie. Jy is nie goed
genoeg dat hy nie saam met jou gesien wil word nie. Die waarheid is dat hy moontlik nie van sulke
geleenthede hou nie, en nog minder uit wil staan as een van die mans wat dit wel bywoon. Dit is persepsie -- nie verwerping nie. Dit was nie persoonlik teen jou gemik nie.
Wenk 2: Besluite word geneem van die p
ersoon se oogpunt
Elke persoon se opinie en uitkyk op die lewe hou direk verwant met hul kultuur, opvoeding en kernwaardes, en besluite word neem van daardie oogpunt. Dus, as jy nie in daardie raamwerk gaan pas nie, gaan hul nie gemaklik voel om jou in hul binnekringe in te bring nie.
Ek onthou spesifiek ‘n geval waar ek so bitter graag ‘n pos wou hê. Ek was goed gekwalifiseerd, reg geposisioneer en bo alles was ek oortuig ek en die direkteure het ‘n goeie gesprek gehad. Ek was op
die kortlys, ek het voorberei om vir hulle die voorlegging te doen volgens hulle reëls. Ek het navorsing gedoen en my voorlegging was foutloos. Drie dae later kontak hulle my en sê hulle het die ander kandidaat aangestel – sy voorlegging was buite die reëls. Ek was verpletterd; oortuig dat ek nie goed genoeg is nie en het onmiddelik verwerp gevoel in die industrie.
Ek kyk vandag terug na daardie posisie en ek besef dat ek nooit in hul hoogs Engelse omgewing en
kultuur sou kon aanpas nie, al was ek hoogs gekwalifiseerd vir die posisie. Het hulle my verwerp? Nee, hulle het net ‘n besluit geneem van hulle oogpunt en wat volgens hulle die beste vir hulle sal werk.
Wenk 3: Verstaan waarom jy die verwerping-gevoel ervaar
Dis nie so voor die hand liggend as om te se ek het nie gekry wat ek graag wou nie. Baie keer ervaar ons ‘n baie dieper, onvervulde behoefte en is
die negatiewe uitslag net die kersie op die koek.
Een van my kliënte was verslae nadat haar huwelik van 14 jaar verbrokkel het. Haar man het haar blameer dat sy stagneer het, en hy meer avontuurlustig, en ambisieus geword het. Hy het uitgestap en wou nie vir berading gaan nie. Die eerste reaksie was om te voel dat sy nie goed genoeg is nie en onmiddelik die egskeiding te blameer vir die intense verwerpingsgevoel.
Die realiteit is dat ons verwerpingsgevoel alreeds van kindsdae af gekweek is en die programering in elke besluit ‘n effek het. Vir my kliënt, was dit die feit dat haar pa haar ma geskei het op ‘n vroëe ouderdom en moes mee maak met die hartseer, teleurstelling en verwyte. In haar wêreld word sy verwerp elke keer as iemand nie haar kies nie, en koppel sy die hartseer, teleurstelling en verwyte by wat die verwerpingsgevoel soveel meer dramaties laat voel. Die oomblik toe sy besef dat die beëindiging van haar huwelik nie verwerping is, maar eerder ‘n opinie van iemand (al is jy hoe lief vir die persoon) is, haar fokus op wie sy rêgtig is, haar waardes en wat sy verdien kon sy die verbrokkelende huwelik verwerk en vorentoe beweeg.
Wenk 4: Gee jouself grasie
Jy moet jouself grasie gee en jouself koester in tye wanneer die verwerpings gevoel jou oorheers. Ons as mens is 75% geprogrammeer om eerste negatief te dink en dis hoekom ons onmiddelik voel die wêreld het in duie gestort sodra ons nie die verwagte uitkoms kry nie. Dit is in hierdie oomblikke waar ‘n verhouding verbrokkel het, ‘n onsuksesvolle werksaansoek of ‘n toekenning wat jou ontglip het, jy eerder jouself moet opbou, op jou sterk eienskappe fokus en die emosies op sy sit. Koester jouself, hergroepeer en sien dit as terugvoer.
Wenk 5: Jou negatiewe situatise is nie jou eindbestemming nie
Jy moet nie toelaat dat die negatiewe uitslag jou toekoms moet definiëer of bepaal nie. Jy weet nou dat niks in die lewe is persoonlik nie, en dat daar soveel buite faktore is wat ‘n invloed op bepaalde uitslae het dat jy elke keer kan opstaan, en direksie verander totdat jy die gelangde resultaat kan kry.
Ek verwys graag na Kolonel Sanders, die stigter van KFC. Op 5 is sy pa oorlede, op 16 het hy skool verlaat, op die ouderdom van 17 het hy al 4 posisies gehad en met almal mislik. Die weermag het hom afgewys, hy het later probeer om sy studies te hervat en is afgewys. Sy vrou het hom gelos op 25 met sy enigste dogter. Alle pogings om sy dogter te sien of terug te kry het misluk. Op 65 het hy afgetree met ‘n staat subsidie van $105, reg om selfmoord te pleeg, en toe besef hy het nog nooit kosmaak probeer nie. Daar het hy besluit om nie toe te laat dat enige iemand sy lewe gaan definiëer nie, en het begin met die aller bekende KFC-hoender. Op die ouderdom van 88 was hy ‘n biljoenêr.
Of dit nou ‘n netelige situasie is wat jou verwerp laat voel en of dit ‘n ernstige verhouding is wat tot niet is, die feit is dat verwerping is ‘n gevoel wat jy toelaat, om alle geleenthede vorentoe te steel. Moenie dat dit jou definëer nie. Jy is meer werd as dit.