top of page

Hoe lank nog? My tyd of God se tyd?

Hoe lank moet ek nog wag?

Hoeveel van ons was nie al op hierdie plek nie? Waar ons hande op die heupe staan en vir God vra “hoe lank moet ek nog wag?” Of ons val op ons knieë in desperaatheid en moedeloosheid, en tussen deur die trane en snak asems, fluister ons “Here, waar is U? Hoekom hoor ek U nie? Hoekom voel ek U nie? Hoe lank moet ek in hierdie seisoen nog wag?”


Ek wag al drie jaar in so ‘n seisoen. Hierdie wag-seisoen was vir my een van my moeilikste nog. En sommige dae kan ek myself net nie uit die bed kry nie. Dit voel soms of mens nie asem kan haal nie. En dan is daar dae wat ek na my refleksie in die spieël kyk en wonder “wie is die vrou wat terug kyk na my?” Ek ken haar nie meer nie.


Ons almal het ons drome, ons wish-lists en ons verwagtinge oor hoe ons lewens moet lyk, waarheen ons natoe werk, die mense wat ons in ons lewe wil hê en dan natuurlik al daardie “goeters” wat ons na smag.

Van kleins af, maak ons plak boeke met mooi prentjies en uitgeknipte fotos van wat ons wil hê as ons groot is. ‘n Soort van “dream board”, daardie kosmiese energie wat ons vrystêl, en wat ons hoop sal terugkom na ons toe met dit alles en meer.


Maar ons is nie bereid om te wag vir daardie droom nie, ons is te haastig, ons luister nie na God se begeleiding nie. Ons volg nie sy “nudging” in die rigting wat Hy ons wil hê nie.


Jy weet mos daardie ongemaklike oomblike, daardie klim-uit-jou-gemakzone oomblike. Daardie “ag God hoekom moet ek dit los? Hulle is nie so sleg vir my nie, dalk moet ek net harder probeer. Ek wil dit nie doen nie, dit is te seer,te lank,te moeilik!”


Ons wil God vra vir hulp, ons wil klinklaar helder antwoorde en rigting aanwysers hê. Maar ons is nie bereid om dit te doen as dit van ons gevra word nie. Ons wil vir God sê hoe,waar en wanneer dinge moet gebeur. Nie Sy tyd nie maar MY tyd, of wat sê ek?


God sê 365 keer in die Bybel “moenie vrees nie, moenie bevrees wees nie, want ek is met jou.” As God dit dan soveel keer herhaal, hoekom glo ons hom nie? God sê ook 134 keer in die Ou testament “Vertrou op my” so hoekom vertrou ons hom nie?


Een van sy mooiste vêrse oor vertou op Hom…


Psalm 118:5-6 God Says "Trust Me" Even When It Makes No Sense — Tell the Lord Thank You.”


…kan dit nie beter beskryf nie. Al maak die wag nie sin nie, al maak die seer nie sin nie, al maak die “dit wil net nie uitwerk nie” glad nie sin nie…sê vir God steeds dankie.


Ons raak so verstrêngel in ons worsteling en verwagtinge met tyd, hoeveel ons het, hoe ons dit moet benut ens dat ons heeltemal vergeet dat God se tyd is altyd perfek, altyd reg en nooit te laat nie.


God has his own sense of timing: 'With the Lord, a day is like a thousand years, and a thousand years are like a day' (2 Peter 3:8).


He has perfect timing: never early, never late. God is never in a hurry, but he is always on time. We see in today's passages that the Lord is sovereign over the future (Daniel 4:32).


Ons vergeet hoe kosbaar is tyd.


So kom ons verander ons “wag-seisoen” verwagtinge. Kom ons, in pleks van kla oor die tyd en hoe lank dit vat, gebruik hierdie tyd om te reflekteer, te werk deur ons “insecurities”, te fokus op wat regtig belangrik is. Kom ons benut die tyd om op God te fokus, regtig te fokus en tyd saam met Hom te spandeer en te luister na wat Hy sê vir my.


Ja die lewe is ‘n gejaag, maar ons kan ten minste 5 minute afknyp elke dag, ons oë sluit en sê “Dankie Pappa vir nog ‘n dag, en alles daarin. Amen”


Kort en kragtig en tot die punt. Ons het nie nodig om groot, mooi en duur woorde te gebruik om God te beindruk nie, Hy ken ons harte,Hy weet klaar wat ons wil hê voor ons dit sê of doen. Maar Hy is mal daaroor wanneer ons ten spyte hiervan steeds tyd spandeer by Hom en ons planne met Hom deel.

Soos die bybel sê oor perfekte tyd;


Ecclesiastes 3:1-8 "For everything there is a season, and a time for every matter under heaven..."

Hy raak nooit ongeduldig, kwaad of geïreteerd met ons nie.


"But you, O Lord, are a God merciful and gracious, slow to anger and abounding in steadfast love and faithfulness."


So mooiste vrou, geniet jou “wag-seisoen”, maak die beste van jou kosbare tyd op aarde saam met jou mense, jou gesin, jou geliefdes. Moenie tyd mors op “wat as, wanneer gaan dit, my klok hardloop uit” oomblike en gedagtes nie.


God is altyd in beheer van ons kom en gaan in perfekte tyd.


2,094 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page