top of page

Hoe Lyk Jou Hart?

Hoe lyk jou hart? Soms raak dit nodig om tyd vir jouself te neem, terug te sit en reflekteer oor die toestand van jou hart. Wat vloei daaruit? Watter emosies word ervaar? En hoekom? Dis om opreg en oop voor die Here te wees en te vra, "Hoe lyk my hart, Here?" Spreuke 4:23 sê: "Bo alles, wees versigtig met wat in jou hart aangaan. Wat jy dink, bepaal alles wat jy doen." Wees versigtig. Dis 'n waarskuwing. 'n Instruksie om op te let. Kennis te neem. Aandag te gee. Waar het jou hart werk nodig? Hierdie is 'n paar vrae wat jy jouself kan afvra om ondersoek te doen oor die toestand van jou hart: Wat vloei daaruit? Ons gedrag, woorde en reaksies kan 'n baie duidelike aanduiding wees van die dinge wat in ons hart aangaan. Indien daar enige bitterheid, onvergifnis, jaloesie of wrokke in jou hart gekoester word, sal dit weerspieël word in situasies wat hierdie gevoelens wakker maak. Jy het nodig om atent te wees hierop sodat jy kan bewus raak wanneer hierdie gevoelens ruimte gegee word om vrylik uit jou hart te vloei. Ons mag dalk redineer dat die omstandighede ons die reg gee om op te tree uit hierdie seer plekke in ons hart, maar die probleem is dat op die uiteinde is dit jóú hart wat besoedel word en jy wat altyd met die nagevolge gaan sit as gevolg van jou reaksies. Slegs vergifnis en vrede kan jou hart vernuwe sodat daar goedheid uit jou hart sal vloei. Sukkel jy met 'n harde hart? 'n Harde hart maak die lewe hart en moeilik. Jy mis so baie uit. Jy mis uit op goeie en mooi oomblikke. Om die oomblik regtig te ervaar wn deel te hê daarin. Die ding met 'n harde hart ia dat jy nooit na die tyd beter voel nie. Jy wonder altyd of jy nie meer moes gegee het nie, meer emosie moes gewys het en meer deel gewees het nie. Maar dan is dit te laat. Vra God om jou hart te te kom sag maak. Hy kan Hy harde hart met 'n nuwe sagte hart vervang. Jy mag dalk kwesbaarbaar, maar jy gaan soveel meer wen as wat jy gaan verloor. Wat is die toestand van my hart? Gaan kyk met oop oë en werklik eerlik na jou hart. Vra God om jou uit te wys die dele in jou hart wat werk nodig het, genesig nodig het en vernuwe moet word. Neem dit na Hom toe. Hy is die uiteindelike Chirurg van harte en daar is nie 'n hart wat Hy nie kan herstel nie. Jy het nie nodig om te leef met al die seer, onvergifnis, bitterheid of teleurstelling nie. Daar is Geneesheer wat gereed staan en wag om jou te help. Laat Hy jou hart kom verander en sien hoe verander jou hele lewe.


675 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page