Sukkel jy om jou ware self in die werksplek te wys? Die hoekom jy moet
Deur Lizette Volkwyn, Meester Lewensafrigter, Gepubliseerde Skrywer, Waarheidskonsultant
Ek is nie n wit mens, n vrou, n Suid-Afrikaner, n gelowige of n eggenoot nie. Ek het nie swart kollegas, gay vriende, panseksuele individue of ateis kennisse nie.
Nee. Ek het hartsmense waarmee ek konnekteer op grond van hulle ware self. Hulle kernwaardes en etiek.
In n wereld waar ons daagliks gekonfronteer word met etikette; uitgedaag word om aanpassings te maak om onsself te verloen om in te pas, werksgeleenthede te kry of net geliefd te voel, is dit tyd dat ons besef, ongeag ons ras, nationaliteit, voorkeure of sienings, elkeen die reg het op n opinie en n regverdige bestaan.
Ek is n n aktevis vir uniekheid, outentiek en bo alles, om jouself lief te he sodat jy met selfvertroue die wereld kan aanpak.
Die wereld propageer vryheid, maar hoe harder hulle dit skree hoe meer word ons vandag in boksies gedruk om in sekere vorms in te pas.
Jy wonder seker: “Hoe kry ek dit dan reg om net myself te wees en my uniekheid oor te dra in die werksplek, sonder om enige iemand aanstoot te gee?”
En met aanstoot, moet ons verstaan dit beteken om iemand op die verdediging te sit deur ons dade en woorde. Jy kan jouself wees sonder om iemand te na te kom.
So, hoe doen ons dan juis dit, ontferm wie jy is en staan sterk met self vertroue?
Aanvaar dat niks in hierdie wereld is persoonlik nie.
Elke mens reageer, beweeg en doen goed uit hulle oogpunt, hulle opvoeding en hulle verstaan punt. Jy mag dalk voel dit is direk op jou gemik, maar jy moet besef niemand het beheer oor hoe jy gaan reageer nie.
Ek giggel altyd as vrouens se, ‘kan jy glo my man het gese ek lyk vet in die uitrusting!’. Was dit persoonlik, nee glad nie. Jy het hom gevra wat is sy opinie. Hy het geantwoord volgens wat hy klassifiseer as vet, hoe hy dink jy wil voel by n spesifieke geleentheid en derdens ook hoe hy van klere en uitrustings hou. Nie een keer kon hy 100% seker wees hoe jy werklik dink en sal reageer nie.
1.Haal die oordeels balk uit jou oog
Nie elke aksie of individu wat jou pad langs kom, hoef geoordeel te word nie.
Jy moet jouself leer om mense met ander oe te ervaar, d.w.s. kyk na mense met die doel om iets te leer as om hulle te vergelyk. Jy mag vra: “Nou hoe werk dit vir my selfvertroue?”
Sodra jy jou uitkyk teenoor mense verander, projekteer jy anders teenoor mense en is jy automaties meer genadiglik teenoor jouself. Jy het nodig om vir jouself ook met ander oe te kyk, sonder om jou te vergelyk met ander se norms en waardes.
2.Wees bewus van die mense om jou en berus by goeie tydsberekening
Hierdie wenk word gekoppel aan respek. Ons moet mekaar se tyd respekteer, en ek is seker ons almal het al daai oomblik ervaar waar ons dink: ‘Het ek maar gewag voor ek my punt wou oordra’. Dink daaraan, jou werkskollega het sopas gehoor sy kontrak gaan nie hernu word nie, en jy vertel vir hom jy het die bevordering gekry waarvoor jy gewag het. Die oomblik is net so verkeerd om te wys dat jy n suksesvolle individu is.
Wees sensitief teenoor die mense om jou.
Dit is belangrik dat jy jou eie kernwaardestelsel aanhang, maar terselfdertyd ruimte gee om insig in te bring in ander se kernwaardes.
Jy kan jouself voluit lewe, en vir mense wys wie jy werklik is, sonder om aanstoot te gee. Ek se nie ons moet ons stem stilmaak nie, maar bedagsaamheid gaan n baie beter boodskap oordra op die regte tyd as om n stempel af te druk waar daar nie vatplek is nie.
3.Herken jou self-waarde
So baie keer wil ons erken ‘ek het waardes’, maar so selde herken ons ons waardes voor ons deur. Daar is rede hoekom jy in n sekere pos aangestel is - die bestuur het waarde in jou gesien - herken daai waarde en begin met dit woeker.
Begin na jouself kyk met ander oe. Vra jouself af: “Wat doen ek wat ek graag sou wou he mense moet met my ook doen?” Net daar le jou herkenning, en begin dit ontgin en wys dit vir die wereld.
4.Los die jas van apologie
Elke een van ons is met n doel op die aarde geplaas en om verskoning te maak vir die blote feit dat jy bestaan is een van die grootste tragedies wat daar is.
Jy het n reg, jy het n stem wat gehoor moet word en jy het n verantwoordelikheid om gehoor te word.
Apologie se jy is op die agtervoe. Dat jy het iets verkeerd gedoen en onmiddelik dra jy n beeld oor van onsekerheid en tekortkominge.
Verander apologie na waardeering vir insig van jou foute. Mense wat vir jou wag en die vertroue wat hulle in jou sit ten spyte van menslike tekortkominge. Sodoende, het jy bewys dat jy met gesag hulle erken, en dat jy net soos hulle mekaar, respekteer.
Die werksdruk is moeilik, mense is moeilik, uitdagings is moeilik, maar as ons ons eie self beskerm met ons eie waardestelsel, herken dat ons ook n plek en doel het in die werksplek. Verander die speelveld en word raakgesien vir wie jy is.