HOEKOM PERFEKSIE NIE DIE DOEL IS NIE

Laat ons een ding gou uitklaar: Etikette is onnodig. Tensy dit 'n 'best before' agter op my hoender is, wil ek niks daarvan weet nie - veral nie wat gesondheid, fiksheid en vrouwees aanbetref nie! As persoonlike afrigter kry ek konstant te doen met vragte etikette en alhoewel ek die noodsaaklikheid van sommige verstaan, is daar ander wat ek met ‘n swartmerker wil doodtrek. Die idee dat enigiets 'perfek' kan wees, is nommer een op my doodtreklys! Hoekom moet jy nie mik na 'perfeksie' nie: Per definisie is perfek 'om alles te hê wat nodig is, volledig sonder foute of swakhede'. Daarom moet hierdie woord selde in die gesondheids- en fiksheidswêreld geld. Ons weet dit almal, maar ons gaan voort om dit te gebruik. Ek was vroeër in 'n vreemde verhouding met 'perfek wees’ want dit gaan my ‘normaal’ laat voorkom as dit kom by die manier waarop ek wil lyk, oefen, eet, voel en vrouwees! Ek was dol oor die dryfkrag wat die konsep van wat perfeksie is, my gegee het - om die beste weergawe van myself te wees - maar die pyn en haat wat dit meegebring het, toe ek nooit die ware definisie van die woord kon wees nie. Eers toe het ek besef dat ek nie 'perfeksie' wil hê nie, en dat normaal net ‘n knoppie op ‘n wasmasjien is, het ek vrede gemaak met die feit dat ons dit nie moet assosieer met die manier waarop ons lyk, oefen of eet nie - of enige iets oor onsself nie! Heel eerlik, dit klink vervelig, en ek doen nie vervelig nie… Regte Voedingsdoelwitte: As dit kom by dieet en voeding, is dit baie goed om 'n streng regime te hê as jy na 'n spesifieke doelwit werk, maar om nooit toe te laat om 'n bak roomys saam met jou kinders op 'n fliekaand te eet nie of ‘n glas wyn en pizza saam met vriende te geniet nie, gaan jou ontneem van die beste en lekkerste dinge van die lewe. Ons het daardie klein dingetjies nodig wat ons harte gelukkig maak! Dikwels word ek gevra 'hoe hou jy heeltyd by 'n perfekte eetplan?' En ek kan nie help om te lag nie. Ek eet die meeste van die tyd gesond, en ek hou regtig van gesonde kos, maar ek is nie een wat 'n ordentlike roosterkoek met baie kaas en botter gaan afkeur ter wille van die behoud van 'perfeksie' nie. Ek eet nou ook nie elke dag 'n blok kaas nie, so kom ons bring die ou 'M' woord aan terwyl ons hier is - matigheid. Dit is waaroor dit gaan as dit by kos kom! Hou by die goeie dinge wat jou liggaam meestal aanwakker, en laat daardie klein plesiertjies so nou en dan toe. Jy sal hulle nie net meer geniet nie, maar dat jy ook al hoe minder daarna sal smag wat die tydperk tussen die bederf baie makliker maak. Regte Fiksheiddoelwitte: So, wat van 'perfek' oefen? Ek sal dit slegs in een geval toelaat: Tegniek! Dit is wonderlik om 'n perfekte tegniek te hê as jy plyometriese oefening doen, en dit is nodig as jy gevorderde gewigte en maneuvers begin slaan. Sodra jy, jou vermoë vergelyk met ander wat vir jou 'perfek' lyk, of jouself laat skuldig voel omdat jy een sessie misgeloop het, misbruik jy die woord. Ons is almal anders gebou, ons leef almal verskillende lewens en het verskillende prioriteite, wat beteken dat ons nie vergelykbaar is nie! Jy sien dalk iemand in die gimnasium wat volgens jou geen foute en geen swakpunte het nie en net die toonbeeld van 'perfeksie' is, en wat 'n kompliment! Gaan sê vir hulle jy dink hulle doen 'n ‘kickass’-werk in die gimnasium. Die kans is baie groot dat hulle met hulself, nie 100 persent tevrede is nie. Volmaaktheid is subjektief en ons is altyd ons eie slegste kritikus. Jy kan die gimnasium vir 12 weke, vyf keer per week tref, en dan 'n week af benodig, want werk en jou lewe het jou volle fokus 'n rukkie nodig, en dit is heeltemal ‘normaal.’ Solank jy weer op dreef kom, verpletter jy nogsteeds elke doel wat jy vir jouself gestel het! Meer Bepalings om te Verbied: 'n Ander woord wat ek nie graag wil hoor nie, is ge-'tone', spesifiek die frase "Ek wil graag meer ge-'tone' wees". Dit is iets wat ek jare gelede uit my woordeskat geruk het toe ek besef het dat dit omtrent soveel digtheid het as 'styrofoam'! Wat ons eerder moet sê, is 'Ek wil sterk wees. Ek wil braaf wees. Ek wil 'n fisies en emosionele vegter wees.' Ons moet ons denke wegskuif van woorde wat in stywe houers ingeboks is en beweeg na wat eintlik iets beteken! Om soos 'n vegter te voel, kan beteken dat jy 'n nuwe persoonlike beste behaal in 'n AMRAP-oefensessie. Dit kan beteken dat jy elke oggend met 'n persentasie minder angs wakker word soos jy weer jou selfvertroue herontdek of dat jy met nuwe hoop elke oggend jou kolega met wat niks tevrede is nie en ‘n totale pyn is, met liefde benader. Om 'n vegter te wees, gaan om die oomblikke te vind wat saak maak, die gevoelens wat ons geestelik, fisies en emosioneel aanvuur, en dit ons fokus te maak en ons rede om elke oggend met nuwe moed die dag aan te pak. As ons almal volgens die reëls gespeel het en onsself in gate ingedruk het as ons vanselfsprekend unieke vierkantige, diamant- en seshoekige penne is, sou ons op 'n ongelooflike slegte en vervelige tyd afstuur. Doen jouself dus 'n guns: skraap die etikette, breek die reëls en laat gaan die idee van normaal en perfek wees - laat jou felheid bepaal wie jy is! Normaal is net ‘n knoppie op ‘n wasmasjien! -- Nicole Hoffmann