In ‘n wereld vol Barbie’s wees eerder ‘n….
Met Barbie wat steeds so vollop en in die mode is wonder ek by myself of dit tog regtig die regte manier is om mekaar, ons dogters asook onsself as vroue te wil inspireer deesdae?
Julle dit word vir my elke dag meer opvallend oor hoe ons as vroue so oppervlakkig lewe. ALLES gaan deesdae oor plastiek wees! en nee nee ek bedoel nie plastiek soos in voorkoms nie, maar eerder plastiek in ons mense verhoudings en die beeld wat ons van onsself daar buite wil sit.
Om ‘n goeie daad te doen, ‘n goeie vriendin te wees of selfs soms net om ‘n goeie mens te wees gaan deesdae baie meer oor nie foto vir sosiale media as wat dit oor die werklike daad gaan. Ons lewe so vir die applous dat ons soms vergeet om vir ‘n oomblik stil te staan en net in te neem en teenwoordig te wees.
Dan nie eers gepraat oor ons mense verhoudings wat ook daagliks meer en meer plastiek word nie. Mense beskinder mekaar, is so ‘’fake’’ teenoor mekaar, maak mekaar seer en dit alles met ‘n mooi (maar valse) glimlag op hulle gesigte want die waarhede wat die wereld daar buite nie van weet nie maak mos nie saak nie, solank jy net ‘n mooi glimlag op jou gesig het.
Mooistevrou, as enigiets wat ek in hierdie blog tot op hierdie punt al gese het jou laat cringe het want jy’t onmiddelik aan ‘n situasie of ‘n persoon in jou eie kring gedink (of dit dalk aan jouself laat dink) dan daag ek jou vandag uit om eerder een van die volgende vroue te gebruik as inspirasie en op te hou streef om ‘n ‘’Barbie’’ te wees.
In ‘n wereld vol Barbie’s, wees eerder ‘n Esther
Ek het onlangs Gretha Wiid se Worthy Women Konferensie bygewoon en haar woorde om eerder ‘n Esther te wees het behoorlik by my vasgesteek. Hierdie jong vroutjie uit die ou testament het haar lewe op die spel geplaas om op te staan vir haar mense en vas te staan in dit waarin sy geglo het. Sy wys vir ons dat selfs al voel dit of God afwesig is, Hy steeds werk in ons alledaagse lewe deur die onwaarskynlikste mense.
In ‘n wereld vol Barbie’s, wees eerder ‘n Hannah
Hannah wys vir ons dat geloof vereis ongelooflike gehoorsaamheid, self al moet jy sacrifice to the extreme. Want soms moet mens opoffer om in die lang termyn net nog beter te beloon word.
In ‘n wereld vol Barbie’s, wees eerder ‘n Rut
Rut leer vir ons dat jy soms moet wegstap van jou comfort zone en die bekende om jou hart na te volg. Sy leer ons dat selfs in ons daaglikse aktiwiteite God wel ‘n manier sal kry om te voorsien.
In ‘n wereld vol Barbie’s, wees eerder ‘n Deborah
‘n Vroulike ‘’force to be reconed with’’ , ‘n militere leier. Deborah was gehoorsaam, sy’t sterk gestaan, sy’t geinspireer, sy was ‘n ‘’worshipping warrior’’
Mooistevrou, hierdie vroue was nou behoorlik karakters om te wil na streef, nie een of ander fake, plastiek pop wat pienk dra nie. Okei okei, ek gaan beslis nog my pienk dra, maar ek gaan eerder fokus om eg te wees- al maak dit my opinie nie altyd die populere een nie.
Ek moedig jou aan, wees in die oomblik en moet nie net lewe vir applous nie. Staan sterk in jou geloof- selfs al kos dit jou vriendskappe want deur gehoorsaamheid en opoffering wag daar ‘n wen seisoen vir jou.
God sien jou, Hy hoor jou en Hy ken jou hart