Inspirasie - wat is dit, waar kry ek dit?
Dryfkrag. Geluk. Inspirasie. Motivering.
Ek glo elkeen van ons is elke dag opsoek na een van dié.
Motivering om vroeg op te staan, dryfkrag om te gaan werk na jy ‘n dag moet aanpak op 5 ure se slaap, inspirasie om jou doelwitte te bereik, drome na te jaag, om te glo jy is goed genoeg en om in jouself te glo dat jy die beter weergawe van die “eie-ek” te kan word. En geluk, dis wat elkeen van ons verdien en na streef.
Elkeen van ons kry inspirasie op verskillende maniere, verskillende dinge en by mense. Ons het al lekker wipplank gery en die lewe se curve balls net-net gemis of ons is van ons voete af geslaan. Fisies, geestelik en emotioneel was ons al op baie plekke, en verseker op elke plek ‘n les geleer.
So, waar kry jy inspirasie die dag wanneer jy op staan sonder ‘n lus-vir-die-lewe? Probeer jy jou doelwit bereik maar dit voel of jy eintlik net doelloos rondwandel? Word jy omgegooi deur die lewe en sy "hier, nog ñ curve ball" attitude? Om te wag vir inspirasie is 'n mors van tyd... Maar wanneer jy 'n journey begin, opsoek na inspirasie, sal inspirasie jóú vind.
Gebed
Daar is soveel drome en begeertes in elkeen van ons harte geplaas deur God, en daarom moet jy berus en weet dat Hy jou die insprasie en wysheid sal gee wat jy nodig het om jou doelwitte te bereik, Hy sal jou die krag gee om jou drome na te jaag en so ook sodat jy ñ inspirasie kan wees.
Mense se lewensverhale
Leer by die mense om jou - elkeen het ‘n unieke lewe, elkeen leer iets by ñ ander. So jy mag ook. Jy sal verbaas wees hoe inspirerend jou alledaagse "gewone" mens kan wees.
Lees
Voed jou siel en kennis deur te lees. Dit maak ‘n nuwe wêreld oop, jy kry nuwe idees en jou ou idees kry dalk nuwe lewe.
Stilte
Bêre jou foon, gooi die glas wyn en geniet die stilte waar dit net jy en jou gedagtes kan wees. In hierdie tye is jy dalk net meer geneig om inspirasie en motivering diep binne jouself kan kry.
Dink… en dink weer
Hoe lyk jou ondersteunings-span? Jou grootste vertroueling, jou grootste "fan". Jou ma, jou pa, jou sussie, jou vriendin of jou man. Wees oop en eerlik oor hoe jy voel, wat jou visie is en gesels diep daaroor. Daardie vertroueling kan jou soms meer inspireer as wat jy verwag het.
Elke liewe dag van my lewe leer ek iets nuuts, ek ervaar en ontdek nuwe dinge, ek voel hoe ek groei en ek vind maniere om dinge anders en beter te doen.
Die lewe is 'n leerskool, maak nie saak hoe oud jy is nie.
Moet net nooit ophou soek na inspirasie en motivering nie.
Voed jou siel - jou gemoed.