Intimiteit, Nie Intimidasie Nie.
“Jy is verantwoordelik vir jou eie geluk. Dit lê in jou gebede. Dit lê in jou hart. Dit lê in JOU.”
Hoe ander mense jou ervaar is nie jou verantwoordelikheid nie, net soos hoe ander
mense se optrede of reaksies nie jou verantwoordelikheid is nie. Die ironie van die
maskers wat ons die afgelope paar maande, onder omstandighede, verplig is om te
dra, het die natuur van ons menslikheid toe uiteindelik ingehaal.
Oor die algemeen het ons elke dag ‘n ander masker gekies waar agter ons kon skuil,
diè keer kies ons een wat die hele wêreld kan sien, een wat ons nie kan wegsteek nie.
Onder omstandighede, het die maskers wat ons nou fisies verplig word om te dra, ‘n
skerm geraak vir die maskers waar agter ons so graag ons rouste emosies wil wegsteek,
want wat gaan die wêreld tog dink, wat het die mense vandag van my nodig om vir
hulle te wees?
Ek moet bieg, dit is so lekker om sonder grimering vinnig by ‘n winkel uit te spring want
jy weet jou masker tel diè keer in jou guns. Maar die einste maskers dwing ons om
mekaar in die oë te kyk en elkeen se seisoen te herken – oë wat moeg is, oë wat
hartseer is, oë wat angstig oor die toekoms is, hier en daar is ‘n glinster in iemand se oog
wat mens nog moed gee vir môre. Soos my Graad 9 Kuns juffrou altyd gesê het, “Mens
kan met jou oë glimlag,” en dis al wat nou oor bly, want die maskers steek nie net die
seer en angs weg nie, maar die vriendelike glimlag van die dame agter die toonbank,
of die kollega by die werk ook en die enigste waarheid wat werklik oorbly, is die
refleksie in die spieël. Maskerloos. As jy eerlik genoeg met jouself is.
Ek weet nie van jou nie, Mooiste Vrou, maar wanneer ek ‘n ander vrou ontmoet is dit vir
my wonderlik, weerloos en soms selfs “defensive” op dieselfde tyd.
Wonderlik, want daar is niks so sterk soos ‘n vrou nie, maar ons elkeen weet ook dat
agter elke sterk vrou is ‘n storie van seerkry, swaarkry, lekker kry, moed kry, & nuwe lewe
kry – ongeag in watter seisoen van jou lewe jy is. Die lewe gaan vir jou iets wonderlik
leer, iets wat dalk eers van nut gaan wees wanneer jy terug kyk, maar selfs dan is jy
alreeds sterker as voorheen.
Weerloos. Selfs die sterkste vrou, kan ook net sò goed al haar insecurities wegsteek.
Party vrouens dra dit net makliker as ander, ander vrouens steek dit beter weg, party
vrouens het vrede gevind daarmee – maar ons almal luister na die leuens wat die
duiwel so vinnig in ons vrou-harte wil kom fluister, die leuens van vergelyking. Ek noem
dit ‘human error’ want ek luister meer gereeld na die leuens as wat ek moet, maar
gelukkig vul genade die gapings en dan onthou ek Wie s’n ek is.
Defensive. Elke vrou ken die gevoel van minderwaardigheid in die teenwoordigheid
van ‘n ander vrou. Niemand sal verstaan hoekom ons dit toelaat, of voel dat ons ander
vrouens moet uitoorlê om ons plekkie in die son te hou nie, want dit is een van die
grootste leuens. Daar is genoeg son, genoeg genade en genoeg gebede vir ons om
‘Kingdom Minded Queens’ te wees. Die vrou te wees wat ‘n ander vrou ophelp sonder
om aan die hele wêreld te verkondig dat sy geval het.
Wanneer ons onsself toelaat om die wonder in vrouwees raak te sien, sal ons leer om
die weerloos te waardeer, want op die einde van die dag is dit nie altyd maklik om
vrou te wees nie, al trek jy watter masker aan.
Afgesien van al die ander honderde takkies wat vrouwees anker, soos mamma wees,
vriendin wees, suster wees, dokter wees, juffrou wees, regter wees en soveel meer,
moet ons as vrou ook net wees. Met ons eie emosies, in ons eie leerskool, en soms moet
ons Regter ons ook oor die vingers tik wanneer ons vasgevang raak in alles wat ons dink
ons glo. Gelukkig weet die Here hoe Hy elkeen van ons aan mekaar geweef het, elke
emosie en elke gedagte. Niks is te emosioneel of irrasioneel vir Hom nie. Grace fills the
gaps. Elke keer.
Die entstof teen intimidasie? Intimiteit.
Eerstens, met God. Hy is die enigste een wat ons harte ken, en wat fluister wat ons
werklik nodig het om te hoor wanneer ons begin twyfel in wie ons is & wat ons doel is.
Wat Hy sê kan ons glo, ongeag hoe ons op daardie oomblik voel. Hy sê ons is gekies,
geliefd, wonderlik geskape en deel van Sy plan.
Tweedens, met ander. Ons het nodig om veilige hawens vir mekaar te wees, ‘n plek
waar ons kan sê “Ek het nie alles agter mekaar nie.” Sonder die oordeel, sonder die
skuldgevoel. Net wees. Ons is almal meer dieselfde as anders, want ons is vrouens. Ons
is almal bietjie gebroke, maar sò geliefde dogters wat ons Skepper sò nodig het.
Laastens, met ons eie harte. Wanneer ons nie tyd neem om werklik uit te vind wie God
vir ons bestem het om te wees nie, voel mens soveel makliker druk om iemand anders
te wil wees.
Soms stuur God mense oor ons pad, en twee siele vind mekaar so spontaan – so asof jy
hierdie persoon al vir jare lank ken, en jou hart se geheime ‘n veilige plekkie vind in
iemand anders se “ek ook.”
Die enigste manier om hierdie hartsmense te kry, en dan te hou, is om die intimidasie
wat ons uit mekaar hou te verruil vir die genade wat ons bymekaar hou met ‘n vaste
fondasie in Jesus.
“God will take care of your flesh, but you have to filter your soul.”
Wondervrou, ek hoop jy besef dat jy ook ‘n water-kannetjie in jou hand hou om ‘n
ander vrou te laat groei, en ek hoop dat wanneer jy die geleentheid kry, jy nie die
water vir jouself hou nie. Dat jy eerder sal vra “Hoe kan ek hierdie vrou ervaar, wat kan
ek by haar leer?” eerder as “Hoe ervaar hierdie vrou my, wat moet ek verander?”
Versies van bemoediging:
“A new command I give you: Love one another. As I have loved you, so you must love
one another. By this everyone will know that you are my disciples, if you love one
another.”
– John 13:34 -35
“He will cover you with His feathers, and under His wings you will find refuge; His
faithfulness will be your shield and rampart.”
- Psalm 91:4
“She is clothed with strength and dignity, and she laughs without fear of the future.”
- Proverbs 31:25
“That is why, for Christ’s sake, I delight in weaknesses, in insults, in hardships, in
persecutions, in difficulties. For when I am weak, then I am strong.”
- 2 Corinthians 12:10
Liedjies vir die week:
- Lauren Daigle: You Say
- Bethel: I Raise a Hallelujah
- Need To Breathe: Brother
- For Kind and Country: God Only Knows
- Micah Tyler: Different
Ek hoop jy vind in hierdie week intimitiet in die mense rondom jou se rou emosie, eerder
as intimidasie. Dit is tòg wat ons veilig by mekaar laat voel en nader aan mekaar trek,
daardie “Jy ook, ek het gedink dit is net ek?” oomblikke.
Al my liefde,
Rouxnette ♡