top of page

Is ek regtig goed genoeg?

Die laaste tyd sukkel ek nogal met, “is ek werklik goed genoeg?”

Is ek goed genoeg in my werk?

Is ek goed genoeg as vrou en ma?

Is ek goed genoeg as vriendin?

Is ek goed genoeg vir God?

Ek worstel baie keer met die vraag, veral in my werksveld. Die kompetisie is so baie en dan wonder mens het jy regtig daardie ekstra ooeeemff om bo ander uit te staan of uit te styg. Is my werk regtig goed? Is ek goed genoeg?

Ek dink dit is menslik om te kompeteer met mense in dieselfde veld as jy, maar kompetisie kan baie sleg wees vir jou siel. Dit kan mens maklik laat opgee aan jou “droom” of doelwit. Die groot fout wat ons maak is om ons te vergelyk met ander. Ons kyk op na ander in die lewe of ander in jou veld en dan sien ons, maar oegg ons is so ver weg van dit wat ons graag wil wees. Dit is dan wanneer die verskil kom tussen iemand wat vasbyt en iemand wat sommer tou opgooi. Jy sien, ons kan onsself nie vergelyk met ander nie, want die persoon wie jy idealiseer het dalk jare se ondervinding in die gebied en jy het dalk onlangs eers begin. Ek kan jou belowe hulle begin punt het beslis nie gelyk soos dit waar hulle nou is nie.

“But I get it,” dit is moeilik om dit nie te doen nie.

Success is growth, failure and dissapointment.

So, hoe gemaak? Vat jou tyd, maak foute, leer uit jou foute, werk hard, probeer nog en nog, daag op elke dag, wees oop vir kritiek en die belangrikste van alles, bly jouself. Soos die engelse sal sê, “stay true to yourself.”

Ek moet myself elke nou en dan herinner dat ek nog in die begin fase van my loopbaan is en dat ek, waar ek nou is, goed genoeg is en goed genoeg doen. Vir nou is dit waar ek moet wees.

Ek leer, ek daag op, ek sit die ure in en ek glo as mens net elke dag jou beste gee, sal jy die vrugte daarvan pluk. Alles in die lewe is ‘n proses.

As jy ooit twyfel of jy goed genoeg is in enige aspek van jou lewe, onthou net dat daar niemand is soos jy nie. God ken jou hart en Hy het jou uniek geskape om dit te doen waarin jy glo jy moet doen.

So die antwoord is, ja ons is goed genoeg! Sit jy die nodige werk in en die sukses sal jou volg.


1,388 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page