top of page

Is ek waardevol genoeg?

Is ek op die regte pad, maak ek die regte besluite? Is ek waardevol genoeg vir hierdie loopbaan, my huwelik, om Ma en Vrou genoem te word?

Vrouens dink daagliks aan hierdie, en ons vra keer op keer vir onsself - maar is ek genoeg? Ek dink hierdie vrae word in ons donker, alleen oomblikke gevra wanneer ons bottel oorloop van alles wat ons binnehou.

Ek dink elkeen van ons het al paar keer moedeloos in mekaar gesit en hieroor ‘n traan of drie gestort, want dalk word jy nie genoeg gekomplimenteer nie, dit voel of jy nie raak gesien word nie. Die wêreld verwag soveel van ons, en ons voel ons moet aan hierdie standaard voldoen, maar wat van jou eie hart? Jou eie emosies en gevoelens?

Mooistevrou, jy is nie al een wat hieroor wonder óf al hieroor gehuil het nie. Néé, jy is ook nie laf om hieroor te dink of te wonder nie. So fyn soos wat ons aanmekaar geweef is, waar komplimente en mooi woorde ‘n stukkie van ons menswees vul, moet jy altyd onthou dat die belangrikste is om te weet in Wie jou identiteit lê. Want JY is ‘n waardevolle dogter van God.

Jy is mooi

Jy is braaf

Jy is genoeg

Ek besef dat wanneer hierdie gevoelens ons harte ontstel en ons gedagtes oorspoel met die gewilde ‘is ek…’ dat ons moet stil raak by ons Vader se voete en eerstens onthou aan Wie ons behoort.


Mag jy weet en met jou hele hart GLO dat jou waarde nie gemeet word aan die perfekte outfit of mooiste make-up look nie. Mag jy met selvertroue weet en glo dat in al die oomblikke wat ons samelewing as onvolmaak beskou, dat jy steeds méér as genoeg is, dat jy raak gesien word!


When you get to a place when you understand that your worthiness is a birthright, and not something you have to earn, anything is possible.

~ Dr. Brene Brown.


517 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page