
Is jou grootste vrese die plekke waar jy God die minste vertrou?
Ons almal het onsself al op ‘n plek in ons lewe bevind waar ons ‘alles’ voor Jesus se voete
los in ons mooi geoefende gebede, maar vergeet om elke swaar gedagte of
bekommernis weer, keer op keer, voor ons Koning se voete te los wanneer die vyand
weer sy sade van onkruid in ons gedagtes wil kom plant.
Dit is soos om met ‘n rugsak vol klippe wat die lewe soms maar ons kant toe gooi, die
berg voor jou uit te klim om uiteindelik voor jou Skepper te staan en Hom te vertel wat jy
so swaar aan dra, en dan te vergeet om die rugsak daar te los. Ons pak elke klippie een
vir een uit, en vertel versigtig vir Jesus hoekom hierdie klip jou seermaak, hoekom hierdie
klip swaar raak. Ons is soms braaf genoeg om selfs te vra hoekom die klip in die eerste
plek in ons rugsak is, terwyl ons onbewustelik, of soms selfs bewustelik, kies om klippe van
seerkry en swaarkry saam te dra.
Elke keer wanneer jy bid oor giftige vriendskappe en jou ‘vriendinne’ skielik stil raak, is
soms God se manier om ‘n klippie uit ons rugsak te haal. Maar dan word ons weer
beinvloed deur sosiale media of ons dood eenvoudige ‘human error’ wat konstant smag
na aanvaarding, en ongelukkig lyk aanvaarding vir meeste van ons soos die hoeveelheid
“likes & comments” of al die vriende wat jy op ‘n Instagram post kan tag.
Mense sukkel om alleen te wees, om alleen gekonfronteer te word met jou eie gedagtes
– wie jy is, wat jou gebring het tot waar jy is, watter mense en watter gebeurtenisse in jou
lewe merke gelos het, waarheen jy oppad is, wie saam met jou oppad is. Hierdie is alles
vrae waarmee ons almal op een of ander stadium gekonfronteer word, of dit uit jou ma
se mond uit kom wanneer jy een keer te veel oor die lyn getrap het, of wanneer jy alweer
alleen koffie maak terwyl jy besig is om die soveelste verlowings-post te ‘love’.
Dalk is dit wanneer jy wonder watter metgesel jy na die volgende troue toe kan vra, die
enigste vereiste is mos dat hy net lekker moet kan sokkie. Dalk is dit wanneer jy stoksiel
alleen tussen ‘n kamer vol mense staan, of duisende kilometers reis om onbekende
plekke te sien en onbekende mense te ontmoet en ontnugter te word deur ‘n waarheid
wat weereens net bevestig dat maak nie saak hoe besig jy is of hoe vêr jy reis nie – jou
storie is jou storie, en al is elke hoofstuk nie mooi of gerieflik nie, is elke paragraaf in die
fynste detail geskryf.
“As jy jou verlede in jou hede hou, is daar geen plek vir jou toekoms nie.”
Alhoewel ons nie ons eie of iemand anders se verlede kan verander nie, weet ons God
kan die toekoms verander as ons bereid is om Hom toe te laat. Hoe ‘bold & courageous’
is die gebede wat jy bid? Onthou jy dat jy met die Skepper van die hemel en aarde
praat? Onthou jy dat Hy jou op die naam ken, en vir Homself geskape en gekies het?
Glo jy dat Hy jou lewe in die fynste detail beplan het en sal seker maak dat die legkaart
in mekaar pas wanneer Sy tyd reg is?
Ek vergeet soms dit gaan nie net oor my eie lewenslegkaart nie. Soms moet mens self
deur ‘n seisoen gaan nie net vir alles wat jy het om te leer nie, maar vir dit wat jou storie
ander mense gaan leer wanneer die groter prentjie op die regte tyd afspeel.
As ek nou terug kyk is die heel belangrikste mense, almal mense wat ek ‘perongeluk’
ontmoe