Is jy besig om plastiek plante in jou lewe water te gee?
Stel jouself voor: ‘n Floating shelf propvol potplante, daardie tipiese Pinterest foto. Perfekte skakerings van groen blare in kleurvolle kuns potte, wat in die perfekte natuurlike ligging geplaas is en net genoeg water kry. ‘n Direkte resultaat wanneer groen vingers en gunstige omstandighede mekaar ontmoet.
Op die oog af lyk dit dalk of al die potte so hoort, daar is genoeg plek vir elke potjie en plantjie op die rak, want soos alles, begin plante ook eers as klein sade, en sade moet eers geplant word voor ‘n boom kan groei. Dieselfde geld vir vriendskappe en verhoudings - ‘n saadjie van vriendskap word geplant, en mens verwag dat ‘n immergroen plant daaruit sal voortspruit. Maar ongelukkig, anders as plante, groei mense
nie altyd na die son toe nie.
Ek is ‘n baie firm believer van seisoene. Alles in die lewe het ‘n seisoen, hetsy goed of sleg. Soms bring dit hoop soos wanneer ligte pienk bloeisels in die lente bot, soms saai dit paniek soos wanneer donderstorms dreun. Wanneer die lewe soos ‘n Namakwalandse madeliefie seisoen lyk, wil niemand die gedagte in ag neem dat selfs hierdie pragtige seisoen slegs van Julie tot September duur nie. Niemand wil graag gekonfronteer word met die realiteit van verandering nie, en op die einde van die dag dra ons onnodig swaar aan die emosies wat ons aan ‘n ongunstige en ongemaklike verandering koppel, tot so ‘n mate dat ons vergeet dit is deel van die groter plan. ‘n Winter seisoen is nodig vir die somer om weer te kom, soms moet iets eers sterf, voor dit werklik weer kan leef.
Wanneer ons in werklikheid na plante verwys, is dit nie die einde van die wêreld as jou orgideë net ‘n jaar lank blomme gedra het nie. Met die volgende seisoen koop ons ‘n nuwe een, en die dooie een is ‘n vêr herhinnering van iets wat eens bekend gelyk het maar tog in een transaksie vervang kon word. As dit dan nie hou nie, skaf jy maar ‘n plastiek plantjie aan, dit lyk byna nes die ware Jakob, net sonder die moeite of ‘n vervaldatum. Maar wat doen jy wanneer vriendskappe en verhoudings vervaldatums bereik? Wanneer die koue winter ‘n vriendskap van sy mooiste blomme kom beroof?
Hoe gemaak wanneer ‘n winter seisoen in ‘n verhouding ‘n onafwendbare realiteit word? Wanneer jy terselfde tyd 500% moeite of geen moeite in die grond van daardie verhouding of vriendskap kan ploeg, en dit steeds geen verskil sal maak nie want onvrugbare grond kan nie bewerk word nie? Dit is soos om magteloos te sit en kyk hoe ‘n donderstorm op die horison woed, hastig oppad met jou in haar visier. Ek moes leer dat dit absoluut buite jou beheer is om sulke storms te keer, al wat jy kan doen is om jou
sambreel en reënjas nader te trek, en jou hart voor te berei vir die sterk stormwinde wat kom.
Net soos in die natuur, is hierdie storms niemand se skuld nie. Nie myne nie. Nie joune nie. Want net soos in die natuur, is ek en jy nie dieselfde blomme nie. Jy kort meer water om te oorleef, en ek kort meer son. Ek kan al my sonskyn met jou deel, maar op die einde van die dag gaan ek jou blare verlep. Jy kan al jou water met my deel, maar op die einde van die dag gaan jy my wortels verdrink. Dit wat ons gemaak is om te wees, vereis verskillende omstandighede wat ons nodig het om tot ons volle potensiaal te groei. Toe ons albei nog sade was, sou ons dit nooit kon raai nie, want ons het eenders gelyk.
Verhoudings is ‘n refleksie van hierdie waarheid. Wanneer jy aan iemand dink wat jy ontgroei het, is ons geneig om te dink dit is omdat iets ‘skeef’ geloop het. Niks het ‘skeef’ geloop nie, die seisoen was net reg vir jou om te groei in wat jy bestem is om te wees, en wat jy nodig het om te groei lyk anders as die van die persoon wat jy ontgroei het – en dis okay. Dit is nie lekker nie en die aksie om iets te ontwortel maak soms seer, maar jy kan nie jouself dwing om dieselfde nodig te kry wat ander mense nodig het om te groei nie, want dan gaan jy eenvoudig nooit groei nie. Jou blare gaan verlep of jou wortels gaan verdrink.
Soms weet mens nie wanneer om op te hou baklei vir ‘n verhouding of vriendskap nie, want vir soveel seisoene ken ons nog net somer en sonskyn. Stadig maar seker begin iets verander en jy kom tot die besef dat herfs haarself kom tuis maak het. ‘n Saadjie wat geplant word gaan mettertyd ontkiem en groei in die regte omstandighede. Wanneer jy op ‘n plek in jou lewe kom waar jy intensioneel bid vir spesifieke dinge, vereis dit ook spesifieke groei van jou af. God sal vir jou gee wat jy nodig het om te groei, maar alles ten goede om Sy wil te laat meewerk – nie ons eie nie. Jou storie moet nie soos jou vriendin s’n lyk nie. Nie die tyd wanneer jy werklik reg is vir ‘n verhouding nie, nie die tyd wanneer jou werk of promosie kom nie, nie wanneer sy ‘n mamma word nie, nie wanneer haar plantjie grasgroen lyk nie. Jou storie is nie haar storie nie.
Toe julle mekaar ontmoet het, was julle waarskynlik in dieselfde seisoen. Iewers is ‘n saadjie geplant, maar die tyd was nog nie reg om te ontkiem nie. God was nog konstant die Tuinier wat water gegee het soos Sy plan dit ten goede laat meewerk, maar iewers tussen in het die lewe ook gebeur – jy moes innerlike konflik hanteer, sy moes dalk geestelike battles fight. Albei situasies vereis intieme gesprekke met God. En wanneer jy real raak met God, raak die groei binne jou ook real en jy kan nie anders as om na die regte omstandighede te gravitate sodat jou groei volmaak in Sy plan kan wees nie. Soms beteken dit dat jy dalk nie meer op iemand anders se floating shelf gaan pas nie, want jou blare stoot die res af, of andersom. Iemand anders se groei stoot dalk die potte van jou rake af, of verkeerde omstandighede laat ‘n dooie potplant op jou rak.
Die vraag is immers, wat gaan jy doen met die potplante in jou lewe?
Gaan jy dooie plante van jou rak afhaal om plek te maak vir die plante wat in dieselfde omstandighede kan groei? Gaan jy ‘n dooie potplant op jou rak los en plek weerhou vir ‘n nuwe plant wat perfek in die omstandghede van jou floating shelf sal groei? Of gaan jy ‘n dooie plant met ‘n plastiek een vervang en steeds water gee?
Sometimes the hardest thing and the right thing, are the same thing.
Jy sit dalk vandag met ‘n paar dooie potplante, of selfs ‘n paar plastiek plante op jou floating shelf en wonder hoekom jy nie groei nie. Dalk besef jy dit is tyd om te laat gaan van slegte omstandighede sodat jy in jou unieke omstandighede kan floreer. Niemand kan namens jou besluit watter plante op jou floating shelf moet wees behalwe jy self nie, maar jy kan ook nie kla dat jou plant nie groei as jy konstant omstandighede gunstig maak vir ander mense se groei, en jou eie groei terselfde tyd in die wiele ry nie.
Ek het nie die antwoorde nie, maar 3 dinge wat ek onlangs self moes leer, het my gehelp om werklik inspeksie te neem van die omstandighede waarin ek self, en al die plante op my eie floating shelf tot ons volle potensiaal kan groei:
1. Baie gebede en ‘n klein bietjie geduld. Verhoudings kom nie soos die plastiek plante met instruksies van gunsitge omstandighede om dit lank te laat hou nie, dit vat tyd. Mense wandel saam op jou reis, maar eers wanneer die lewe werklik gebeur en gesprekke met God intiem raak, kan jy jouself voorberei dat God vir jou sal wys watter omstandighede is goed vir jou eie groei en wat is goed vir ander se groei. Wat jy daarmee maak, is jou eie verantwoordelikheid.
2. Jy hoef nie jammer te sê vir watter omstandighede die beste vir jou is om in te groei nie – dit is lankal reeds in jou saadjie se DNA geskryf is nog lank voor ons geweet het ons is gemaak om te blom.
3. Dit is okay om anders as ander mense te groei, en dit is okay om soms selfs weg van ander mense af te groei – want al is dit ook slegs ‘n seisoen, is dit ‘n broodnodige een, maar terselfde tyd is dit steeds net ‘n seisoen, een wat een of ander tyd weer moet draai. Winter kom steel nie die liefde en omgee wat lankal reeds gekweek en gegrond is nie. Die herhinneringe is ook permanent gegiet soos die vorm van die pot waarin elke plantjie staan. Wanneer die winter seisoen verby is, en die somer kom, ontmoet jy dalk dieselfde saadjie met wie jy oorspronklik begin blom het, en julle rangskikking vul mekaar aan in die mooiste bruidsruiker, en jou beste vriendin is toe steeds jou strooimeisie, al moes julle eers julle eie blomme gaan kweek.
Vertrou die tyding van jou seisoen, en die waarde van die omstandighede wat JY nodig het om in te groei. Jy is gemaak om te groei, en jy is gemaak om saam met ander mense te groei, maar nooit ten koste van jouself nie. Ons is gemaak om saam met die mense in ons lewens te groei, nie om soos die mense in ons lewens te groei nie.
Versies van Bemoediging:
“Twee is beter as een. Saam bereik hulle meer in hulle werk. As een mens val, kan sy vriend hom ophelp. Maar as een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie. Iemand kan die een aanval, maar die twee kan weerstand bied. ‘n Driedubbele tou breek nie maklik nie.”
Prediker 4:9-12
“Let your roots grow down into Him, and let your lives be built on Him. Then your faith will grow strong in the truth you were taught, and you will overflow with thankfulness.”
1 Colossians 2:7
“I am the vine, you are the branches. If you remain in Me and I in you, you will bear much fruit; apart from me you can do nothing.”
John 15:5
“Listen carefully, I am about to do a new thing, now it will spring forth; will you not be aware of it? I will even put a road in the wilderness, rivers in the desert.
Isaiah 43:19
Liedjies vir die Week:
Bryan & Katie Torwalt – Remember
Michael Ketterer – Spirit Lead Me
Maverick City – I Thank God
For King & Country – Fix My Eyes
Chase Rice – Belong
Joshua Na Die Reën – Laat Die Wind My Neem
Need To Breathe - Banks
Baie liefde, Rouxnette