Is jy tevrede met jouself?
‘’Om tevrede te wees met wie jy is en wat jy doen met jou lewe, beloof ‘n gelukkiger leefstyl- nie n lewe sonder probleme of moeilike tye nie, maar dit beloof ‘n lewe wat vir jou werk, en nie ten koste van jou eie geluk of om mense tevrede te hou nie.’’ - hierdie onlangse quote op die einste Mooistevrou facebook blad het my so hard laat wonder…met die einde van 2022 wat al hoe nader aankruip, kan ek nie anders as om myself te vra nie…
“Is jy tevrede met jouself Bernice? Het hierdie jaar homself opgeleef na alles wat jy verwag het of het jy gelewe om ander gelukkig te hou?”
Dis was n jaar vol uitdagings- ‘n jaar wat my getoets het tot my uiterste van ma-wees, vriendin-wees, myself-wees….vrou-wees.
Ek wil met julle deel wat ek geleer het van sterk-wees, God se genade en om braaf te wees in die gesig van teespoed en die druk van die wêreld in 2022.
Ek sê glad nie ek weet alles van braaf wees nie maar 2022 (en alles wat die jaar ingehou het) het my forseer om dieper te kyk na wie ek is en beslis wie ek wil wees. Dit het my geleer dat mense nie ‘n reg tot jou en jou lewe het nie, jy kan beheer wie toegang tot jou lewe het- so bespreek daai plek vir die mense wat werklik vir jou as mens is.
2022 het my geleer daar is n groter doelwit vir meeste dinge in die lewe, al verstaan ons nie altyd wat daai doel is nie-
Die slegte na-smaak van ‘n gebreekte hart, ‘n sportbesering, ‘n nuwe rol in my beroep, moederskap en “co-parenting” het my geleer dat selfs in my pynlike alleen oomblikke en met ‘n onbekende seisoen wat voor my le het ek nodig om braaf te wees en oor te begin.
Die surfer Bethany Hamilton som dit mooi op: “Courage doesn’t mean you don’t get afraid. Courage means you don’t let fear stop you.”
Ek het nodig gehad om self ondersoek in te stel en die groter doel agter elkeen van hierdie struikelblokke raak te sien sodat ek verby dit kon groei.
Mooistevrou, as jy ‘n moeilike en uitdagende 2022 agter die rug het, hoef ek jou nie te sê hoe die dinge van die lewe jou selfvertroue kan aanval nie en sodoende onnodige vrees en bekommernis in jou hart kweek nie.
Vrese kan ons weerhou van verhoudinge, loopbane, sukses en drome. Vrees het die mag om ons te weerhou van ‘n amazing toekoms… spesiaal vir jou beskore.
Soms raak ons gedagtes oorweldig met alles wat kan verkeerd loop, vrees oor wat ander van ons dink en vrees oor die ‘’wat-as’’ oomblikke.
In daardie oomblikke is dit wanneer jy moet sterk staan in ‘n wereld waar alles jou soms wil neertrek, druk op jou plaas en jou te probeer ‘’label’’.
Hou jou standaarde hoog en jou wortels so diep dat wanneer die moeilike tye aanbreek jy gereed is.
As jy nie tevrede is met jouself na 2022 nie, moet nie moed opgee nie.
Moet nie moed opgee om aan te hou om die braaf in jou lewe te soek nie. Omring jouself met ander like-minded mense in 2023, stap weg en haal asem waar situasies jou menswees negatief beinvloed. Ons dien ‘n amazing God van tweede, derde en selfs vierde kanse so as jou beurt nie gekom het in 2022 nie, staan sterk, wees eg aan jouself en probeer in 2023 weer.
Mooistevrou, wat het hierdie jaar vir jou beteken en is jy tevrede met jouself en wat jy behaal het hierdie jaar?
Gaan doen in hierdie laaste paar dae van 2022 self ondersoek en besluit wat presies dit is wat jou terug sal hou om in 2023 jou volle potensiaal te bereik.
Mag elke Mooistevrou ‘n Geseende Kersfees en ‘n Voospoedige Nuwejaar he.
Dit was vir my ‘n ongelooflike voorreg om 2022 saam met julle te kon groei en ek kan nie wag om in 2023 weer my hart met julle te deel nie.