top of page

Jy besluit hoe groot jou sirkel is….


Wat is een van die mees kosbaarste dinge vir jou in die lewe? Vir my is die antwoord eenvoudig - vriendskap. Om ‘n goeie, opregte vriend of vriendin te kan hê. Iemand wat jou nie gaan definiëer nie, maar wat jou drome sal ondersteun en jou menswees sal verstaan.  Ons spandeer ons vrye tyd met familie, vriende, en meeste van ons tyd by die werk. Soms daarna voel ons gedreineer, óf gevul met soveel lus vir die lewe. Dit is so belangrik om vas te stel of die mense wat deel van jou sirkel is, waarde tot jou lewe voeg of net frustrasie veroorsaak. Net omdat iemand al jare lank deel is van jou, maar onlangs die negatiewe in jou uitbring, beteken nie hulle moet in jou lewe bly nie. 


Persoonlik hou ek daarvan om my sirkel klein te hou, ek beweeg makliker en dis opregte hartsmense wat deel is van my lewe. Dis iemand wat ek 2 uur die oggend kan bel en my dadelik hulp sal verleen. My sirkel is nie so groot, dat indien ek iemand nodig het ek eers moet wonder wat die ander een sal sê nie. Wanneer mens so moet begin dink, moet jy weet dat daardie mense die negatief in jou uitbring of jou neerdruk. Want, ‘n opregte vriend of vriendin sal nie omgee as jy iemand anders ook deel het in jou lewe nie. Hulle sal nie jaloers raak as jy 2 keer meer koffie saam gedrink het die maand as saam die ander vriendin nie.Kies jou mense reg, en ja, JY KIES jou mense.


As hulle nie jou positief beïnvloed, jou inspireer en aanmoedig, saam in jou seer en blydskap deel nie, dan is dit nie iemand wat waarde tot jou lewe voeg nie. Stick with people who pull the magic out of you, not the madness.Jou manier van leef, dinge doen en praat mag dalk net iemand anders inspireer en op die regte manier beïnvloed.


So wees daardie magic persoon, want jy kan! 


549 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page