• Zandré Kotzé

Jy is die beste JY

Leandie du Randt het dit baie mooi omvat, “no one can beat you at being you.” Hoe mooi is

dit nie gesê nie? Elkeen van ons, letterlik elke liewe mens wat deur God geskape is, is uniek

aan mekaar geweef. Hy het jou presies gemaak soos wat Hy wou, jy is presies wat God se

visie was.


Vrouens, ek praat vandag spesifiek met vrouens, want ons is dié wat geneig is om te

kompeteer, begeer, streef na iemand anders wees. Ons kies om eerder iemand anders te wil

wees as onsself. Dis ‘n kompetisie wie se hare die mooiste kan wees, ‘n wedloop wie die

maerste kan wees, ‘n stryd wie die beste klere dra… permanent ‘n rat-race van, ek wil ook,

ek wil meér, ek wil beter. En hiervoor is sosiale media ‘n groot duiwel! As Sarie haar hare

donkerder kleur, moet Anna dit ook doen. As Sarie die nuutste boetiek-klere dra, dan moet

Anna dit ook doen. Hoekom is vrouens so geneig om iemand anders te probeer wees in

plaas van hulle-self?


Ek is nie seker van die antwoord daarop nie. Ek dink elke vrou se antwoord gaan verskil,

maar ek dink self-love en self-worth het baie daarmee te doen. As jy nie jouself lief het nie,

of jou waarde ken nie, sal jy altyd soekend wees na meer. Dan sal jou eie smaak, jou eie styl

en jou leefstyl nie goed genoeg vir jou wees nie. Dis dan wanneer jy sal streef na iemand

anders. Altyd soekend na daardie self-love.


Ek voel of jy nou die duurste klere in jou kas het, of die beste grimering op die mark dra, of

konstant elke ses weke jou facials doen, indien jy nie daardie liefde en gemak van jouself

het nie, sal geen duur item of bekende produk jou daardie liefde vir jouself bied nie. Jy kan

dan maar doen wat Sarie doen, dra wat Sarie dra, jy sal steeds nie daardie geluk wat Sarie

uitstraal beleef nie. Materialieste dinge gaan jou nie die beste weergawe van jouself maak

nie. (Moenie my verkeerd verstaan nie, om netjies te lyk en jouself te versorg is uiters

belangrik, veral vir ons vrouens! Dink maar net aan hoe ons voel as ons uit die salon uit stap

en jou hare se kleur blink in die son, jy voel lig, nuut, vars en mooi! Ja ons mag dit maar sê, jy

voel mooi!)


My punt is, ten spyte van jou skoonheidsrituele en jou mode styl, moet jy as vrou jouself lief

hê, anders gaan jy nooit vir jouself mooi wees nie. Jy moet jouself ag as goed, net soos God

jou as goed sien. Jy is die beste jy, niemand kan ‘n beter jy wees as net jy jouself nie. Dit help

nie jy probeer soos jou vriendin wees nie, want jy gaan nooit ‘n beter sy wees as wat sy self

kan wees nie, want dis hoe God haar gemaak het.


Ons kan net streef om die beste weergawes van onsself te wees. En dis my motto en visie

ook in die lewe, om altyd te streef na die beste weergawe van myself.

Daarvoor is inspirasie goed! Ons kan geïnspireer word deur verskeie dinge in die lewe,

mode, leefstyl, gesondheid, velsorg, boeke, praatjies, videos, ag daar is duisende dinge wat

ons elke dag inspireer, maar ons moet dit sien as inspirasie, nie kompetisie. Ons verwar

maklik die twee met mekaar.


Om in die gat te val van “ek wens ek het…” is so maklik. Ek kry my gedurig daaronder. Dan

gryp ek na my Redding en ek praat met God. Vra vir God om jou te help om die beste

weergawe van jouself te wees, vra vir Hom om in jou hart te woeker om die mooi in jouself


raak te sien. Om nie te probeer kompeteer nie, om nie te probeer wens en smag nie, maar

om gelukkig met jouself te wees.


Onthou, slegs jy kan die beste jy wees. Embrace dit!

684 views0 comments

Recent Posts

See All