top of page

Kinders groot maak is ‘n kuns

Van deurmekaar-nagte, koorspenne, Vicks-borsies en ‘n konstante geskree kan jy my niks

vertel nie! Kyk die laaste paar dae was maar rof, Covid het ‘n draai kom maak. Ten spyte van

Covid, het die jaar my behoorlik ingelei na snot-neusie-land.

Ek het gereeld gehoor hoe mense kla van hulle kinders wat so siek word as hulle skooltoe

gaan, maar gedink, ag, hoe erg kan dit nou wees? My kind word nooit siek nie, so ek het

geglo ek sou nie daardie probleem hê nie. Toe word ek ‘n lessie geleer! Een week by die

skool, twee weke by die huis. Dis hoe dit byna vir ons gewerk het die laaste ses maande. ‘n

Regular by die dokter en die apteek voel al soos ‘n tuiste!


Neé kyk, en dan is daar mos nie siek-verlof vir mamma as sy ook siek word nie. Dis net, sterk

staan sussie, die werk hou nie op nie, klere moet gewas word, kos moet gemaak word en

jou kleuter wil gedra word. So tussen die nat tissues en die rooi Panado stroop, moet jy

jouself maar dokter met die skottelgoedwasmasjien se warm stoom as jy die deur oopmaak

en die antibiotika teen jou hemp wat jou kind uitgespoeg het.


Vir daardie siek-slaapies deur die dag is jy tog te dankbaar! Dan kan jy gou asem skep en

jouself voorberei vir die laaste skof voor pappa by die huis kom. Ek dink soms my man dink

“genade vrou, wat het jou vandag getref,” as hy laat middae by die huis kom. Dis bolla hoog

op die kop, vier vet-kolle op my broek, grimering wat net-net klou en ‘n gesig wat smag na ‘n

goeie nag.


Niemand het gesê kinders groot maak is net maklik nie nê. Dis deel van die deal. A package

with problems, maar meer net plesier! Vir diegene wat kinders groot maak laat lyk soos iets

uit ‘n fairytale, deel asseblief jou geheime, ek belowe jou jy gaan sakke vol geld maak. Almal

gaan jou geheim wil hoor.


Gelukkig weet ek daar is talle mammas wat dae beleef soos ek en tye beleef in snot-neusie-

land. So neé mede-mamma, jy is nie alleen nie, al voel dit soms so.

Mamma, jy is ongelooflik! ‘n Regte superhero. Vir jou kleuter is jy alles, ‘n dokter, ‘n

verpleegster, ‘n klankbord, ‘n dubbelbed, ‘n sjef, ‘n springkasteel, ‘n persoonlike assistent, ‘n

skoonmaker, ‘n maatjie en die belangrikste van alles, ‘n mamma.


Soms voel ons nie die waardering nie en wens vir ‘n kloppie op die skouer. Ek hoop ek kan

dit vir jou vandag gee, want jy is soveel meér as net ‘n ma.

Om kinders groot te maak is ‘n kuns en God het jou die kunstenaar gemaak van jou kind.

Mag jou skildery kleurvol wees en propvol mooi. Die harde werk is beslis die moeite werd!


Die kuns van ma-wees is priceless.

375 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page