top of page

Klim jou everest met die geloof van ‘n mosterdsaadjie

Ons almal ken hierdie bybelversie. Ek ken dit en jy ken dit:

Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie (HEBREËRS 11:1).


Die vraag is egter, hoe leef ons dit uit wanneer dit swaar gaan, en ons juis nie veel hoop of geloof het nie? Waar is ons geloof dan?


Mooistevrou, vat ‘n oomblik en word stil, want as gelowiges wat in Jesus glo, word ons nie gevrywaar van moeilike tye nie. Om in God en Sy beloftes te glo beteken nie dat God alles sal laat gebeur soos ons dinge wil hê nie. God se beloftes moedig ons aan om steeds in Hom te bly glo. Daar mag tye wees waar geloof en seer, albei in jou hart teenwoordig is, en dis ook okey, want dis juis waar jy God sal vind.

Soek God, hunker na Hom en sy stem. 


Die Bybel maak dit ook duidelik dat ons, in ons swaarkry en swakheid, juis op God vertrou soos wat Hy dit wil hê. Toe Paulus oor sy swaarkry na God toe gaan, het hy só geskryf oor God se antwoord: “Sy antwoord was: ‘My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.’ Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.” – 2 Korintiërs 12:9

Vetrou God, al maak Hy nie die storm dadelik stil om jou nie. Al wat jy nodig het, is om die storm te oorleef, en sonder dat jy besef maak hy die storm binne jou stil.


Soek God met alles in jou, en laat hy die stuurwiel oorneem wanneer die diepe waters rof raak. Bid vir geloof, al is dit so groot soos 'n mostersaadjie. Daardie mostertsaadjie kan berge versit en as ‘n kragtige wapen gebruik word.


Dit gaan nie altyd maklik wees nie en party dae gaan makliker wees as ander, maar soos Jo Black en Refentse Morake se lirieke lui;

Rig jou oë op na die berge Jou gebede maak jou sterker

Elke oggend wat ons opstaan is 'n tweede kansJou storie is 'n lied leer op die ritmes dansEn as die lewe druk en jy wil moed opgeeSit jou hande bymekaar gaan veg op jou knieë


Mooistevrou, dis nou die tyd. Klim jou everest met die geloof van ‘n mosterdsaadjie. Wanneer jy bo kom, sal jy terug kyk en sien hoe maak die Here al jou paaie gelyk


523 views1 comment

Related Posts

See All
bottom of page