top of page

Koester jou vriendskap

Vriendskap wat opreg vloei uit die hart, loop nooit droog nie. Net soos fonteinwater wat nie vries in die winter nie.

  • Fynbos Vrou.

ñ Hegte, opregte vriendskap is opbouend, dis ondersteunend en opwekkend. Dit gee ons daardie ekstra moed om jou dag deur te maak, dit hou ons gesond en verlig angs. Só ñ vriendskap gee ons die geleentheid om te kan gesels, die “jy” te wees wat jy werklik is. Om openlik en eerlik te kan praat, saam te kan lag en ook te huil. Twee persone se sienwyse en standpunt gaan verskil, maar daar sal wedersydse respek en empatie wees. In ‘n vriendskap gaan daar nie oor alles saam gestem word nie, mens hou nie noodwendig van dieselfde dinge nie. Maar dit is wat ñ vriendskap so mooi maak - twee persone se verskille wat bymekaar kom en ñ opregte band van vriendskap word so gevorm en op gebou. Dit is ñ plek waar die lewe se negatiewe dinge en emosies bietjie vervaag en jou las ligter word. Ek dink dis een van die lewe se groot voorregte om goeie vriendinne te hê. Om jouself by iemand te kan wees, oor die lief en die leed van die lewe te kan gesels. Iemand wat jou verstaan en jou aanvaar vir wie jy is sonder oordeel. In sulke vriendskappe is opregtheid, eerlikheid, waardering, opregte liefde vir my só belangrik. In ‘n vriendskap moet daar tyd gemaak word, die ander een se belange op jou hart gedra word. Daar wees in tye van nood éń wanneer dit goed gaan. Om self ook ‘n ware vriend te wees. Vertroue, liefde en lojaliteit is die belangrikste kenmerke van ware vriendskap. As jy iemand gevind het met wie jy jou diepste geheime, jou vrese en bekommernisse met vertroue kan deel, dan het jy ware vriendskap gevind. Vriendskap is gee en neem. Luister, deel, doen, help, vertroos, lag. Die lewe se gejaag óf veranderinge wat plaasvind, kan maak dat mens nie meer so gereeld by mekaar uitkom nie. As dit egter ware vriendskap is, maak tyd en afstand geen verskil nie. Daar is vir my niks lekkerder as ñ vriendin by my deur instap na weke verby is, en mens net kan aangaan waar jy die vorige keer opgehou het. Om soms emotioneel ontbloot te staan voor jou vriendin, saam te lag en huil sonder oordeel. Ware vriende stap saggies en versigtig in ‘n mens se lewe in en laat jou sonder woorde weet dat hulle daar is om te bly deur al die seisoene van jou lewe – Floris Knouwds. Ek beskou my vriendinne as deel van my lewensrykdom, hulle gee my vlerke wanneer ek sukkel om te vlieg, hulle moedig aan en ondersteun deur goed en sleg. ‘n Italiaanse spreekwoord lui: Drie dinge is nodig om ‘n vriend te behou: respekteer hom in sy teenwoordigheid, prys hom in sy afwesigheid en help hom in sy nood.

462 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page