• Rouxnette Wiegand

Koffie dates met Jesus

So vining soos wat ek hierdie opskrif skryf, so vreeslik wens ek ek kon werklik gou hardloop om die ketel te kook, twee koppies uit die kas te ruk en ‘n lekker cuppachino te maak – ‘n koffie date saam met Jesus. Kan jy jouself voorstel!


Ek wonder of ek sou luister, en of ek soos gewoonlik, te veel sal praat. So graag soos wat ek die gedagte wil Koester, besef ek ons kan werklik steeds koffie dates met Jesus hê – elke dag. Dalk nie koffie dates nie, maar virseker koffie tyd.


Elkeen van ons is in ons eie seisoen, en of jy eerder sou stilbly of soos ek, dalk teveel sou praat, het elkeen van ons tog ‘n lysie van vrae wat ons vir Jesus sou vrae. Net om bietjie beter te verstaan, of weer ‘n klein bietjie hoop in ‘n cuppachino op te kook. Ieder geval, of jy sou luister en of jy sou praat dink ek Jesus sou natuurlik ja sê vir ‘n cuppachino, en in Sy absolute kalmte dalk saggies giggel – want selfs al bly jy stil, weet Hy al lank reeds wat jy eintlik brand om te vra!


Ek dink Jesus sou ons herhinner dat ons elke dag koffie dates met Hom het, ons moet net kies om dit raak te sien en volkome in die oomblik te wees. Ek dink ons sou dan verstaan dat ons nie altyd eers ‘n duisend en drie sinne onder drie minute hoef te wil praat nie, en dan ons eerder ‘n slukkie koffie vat en net eenvoudig luister.


Luister wanneer Hy sê Hy het jou. Jy hoef nie oor enigiets in jou lewe bekommerd te wees nie. Hy maak nie plek vir ‘maar’ nie, so hoekom doen ons? ‘Ja, maar..’ vereis nie geloof nie. So lekker soos wat ‘n blueprint van ons lewe sou wees om ons net so effense heads up te gee oor wat ons kan verwag, net so gevaarlik sou ‘n blueprint van ons lewe vir ons geloof wees – maar gelukkig vir ons het Jesus dit lankal geweet, die dat ons dalk eerder ‘n handbook eerder as ‘n blueprint gekry het. Jy sien, as jy geweet het wat voorle, was daar geen meer rede om God vir iets te vertrou nie. As jy geweet jy gaan oor 2 maande die liefde van jou lewe ontmoet, sou jy werklik nog so getrou vir hom gebid het? As jy geweet het jy gaan oor ‘n jaar jou graad kry, sou jy werklik soveel tyd en energie in jou studies belê het? As jy geweet het jy gaan ‘n verhoging by die werk kry, sou jy werklik seker gemaak het dat die dinge wat in jou hart aangaan meer te doen het met Jesus as met die balans wat elke einde van die maand in jou bank reflekteer?


Sien, as ons geweet het, het ons nie meer nodig gehad om God te vertrou nie. As ons nie nodig gehad het om God te vertrou met elke liewe stukkie legkaart van ons lewens nie, wat was die doel van ‘n mosterdsaadjie? Partykeer is die onbekende reis die moeilikste een, maar Jesus het geweet dit is steeds die beste een vir jou en vir my. It’s not always fun and it’s not always pretty, but if it’s from God you can trust it will always be worth it. God gee net Sy heel beste vir kinders. So as jy ooit gedink het jy is die swart skaap, jy is Jesus se oogappel!


Moet nooit toelaat dat die onbekende jou beroof van jou geloof nie. Dis juis in hierdie seisoen wat Jesus jou mosterdsaad-geloof wil gebruik om vir jou te wys Hy is faithful. Vertrou Jesus met jou onbekende seisoen. Hy weet wat jy nodig het, maar Hy wil hê ons moet met Hom daaroor gesels. Hy wil hê ons moet so gereeld met Hom gesels soos wat ons op koffie dates saam vriendinne vir soveel ure probeer bespiegel oor moontlike uitkomste van ‘n situasie. Vrou, ons sit die pot heeltemal mis – en ek dink ons moet ‘n oomblik vat om saggies vir onsself ook te giggel. Hoe kan ons aardse antwoorde vir ‘n hemelse beplanning soek? Het ons dan werklik gedink die aardse antwoorde gaan ons honger na antwoorde versadig maak. Ek weet mens raak soms so vasgevang in die dinge van die wêreld dat ‘n vinnige opslossing of ‘n vinnige mooi woordjie jou laat dink hierdie is pad wat jy moet stap, maar mooiste vrou, net soos kitskoffie, kan party van daardie vinnge mooi woordjies maar lekker sleg wees!


Goeie goed vat tyd. Niemand wil dit hoor nie, en ons almal sê dit dal kook te maklik. Maar as jy vir ‘n oomblik stilstaan en terug dink aan ‘n tyd waar God faithful was in jou verlede, was dit ook eers waarskynlik in ‘n wag seisoen. God wil net die beste vir Sy kinders hê. Ek dink nie Jesus stel te veel belang in kits koffie nie, nie wanneer dit kom by koffie dates nie, en ook nie wanneer Hy vir Sy kinders koffie koop nie.


Jesus se dood aan die kruis was nie instant nie, dit het tyd gevat. Die opstanding was nie instant nie, dit het tyd gevat. Die dissipels wat saam met Jesus gestap het, het nie instantly alles verstaan wat Jesus hulle geleer het nie, dit het tyd gevat. Toe jy in jou Moeder se skoot geweef is, het dit nie instantly gebeur nie, inteendeel het dit nege maande gevat voordat jy tot God se weergawe van perfek geweef is. God wil vir Sy kinders net die beste hê. Net so wat Hy nie vir ons kits-koffie sal koop nie, net so moet ons ook bewus bly van die feit dat ons nie blits afsprake met kitk-koffie kan hê en sê ons wag geduldig op Jesus nie.


God wil tyd saam met jou spandeer. Hy wil jou van Sy beloftes kom herhinner. Hy wil hê jy moet weet Hy is naby, al voel jy vêr. Net soos wat blits afsprake te min tyd is om ‘n person werklik te leer ken, net so is blits afsprake te min tyd om te hoor wat God se beloftes vir jou is. Ek sê nie dat 3 ure se bybelstudie ‘n dag vir jou rigting gaan gee nie, maar dit gaan iets goed binne jou siel kom doe, al is dit om geduld te kom kook, want jy weet die Café Latte is altyd die wag werd!


Vat tyd uit jou dag en drink koffie saam met God. Vertel Hom van jou dag, vertel Hom wat in jou hart wakker hou en waarmee jou gedagtes stoei in die oggendure. Vertel Hom wat laat jou veilig voel, en waaroor jy droom. Vertel Hom wat jou bang maak of wat aan jou gemoed vreet. Praat, skree, lag of huil. Hy wil luister. Hy wag om te luister. God is nie hier vir ‘n blits afspraak nie, Hy is ‘n geduldige God wat langer sal wag vir daardie Café Latte – jy moet net bereid wees om die ketel te kook.


Ek hoop jy drink vandag koffie saam met God – of jy in die kar oppad werk toe is, of oppad skool toe, of na die volgende vergadering, of terwyl jy oefen en of jy in die verkeer sit. Ek hoop jy drink vandag koffie saam met God, Hy wag al lankal dat jy die ketel sal kook.


Versies van Bemoediging:

“Come to me, all you who are weary and burdened and I will give you rest.”

Matthew 11:28


“You do not understand now what I am doing but someday you will.”

John 13:7


“Trust in the Lord with all your heart, and do not lean on your own understanding.”

Proverbs 3:5


“Do not be anxious about anything, instead pray about everything.”

Philippians 4:6-7


Liedjies vir die week:

Goodness of God – Bethel Music

There Was Jesus – Demi Lee Moore & Riaan Benade

The Blessing – Kari Jobe

God Who Listens – Chris Tomlin

Talking to Jesus – Elevation Worship


Baie liefde,

Rouxnette 😊


1,808 views0 comments

Recent Posts

See All