• Rouxnette Wiegand

Lewe in die oortreffende trap.

Plofbaar-emosioneel, with a hint of crazy. Dit klink soos ‘n eksotiese cocktail by een van daardie fêncy Instagram restaurante, maar eintlik is dit hoe die lewe die laaste rukkie vanuit hierdie hart se vensters lyk.


Na ‘n vyfde koppie koffie besef ek dat kaffienne nie nou dadelik vir my die energie gaan gee wat nodig is nie, so onbewustelik, soos ons op elke advertensie en voorblad sien, maak ek nou maar ‘n groen teetjie met heuning want ons almal werk mos aan ons Desember-lyfies, asof ons nie reeds genoeg ander goed het om met onsself uit klaar nie. Nietemin, sit ek en teug lekker aan die koppie tee en ek dink by myself: is jy moeg, die tipe waar 8 ure se slaap dinge beter sal laat lyk? Is jy emosioneel – dalk hormone, dis mos altyd die hormone, veral nou dat ons mos ‘ouer’ raak. Is jy uitgebrand – hierdie laaste twee jaar was soos golwe wat net nooit ophou breek het nie. Wat gaan aan dat jy so plofbaar voel? Natuurlik lyk alles piekfyn en op hul plek van buite, dis mos een ding wat ‘sterk vroue’ sommer vroeg-vroeg bemeester, maar sodra die krane oopgedraai word is dit vloede, dan loop ons oë se sluise oor van wat ons harte werklik van vol is! Of is dit net ek?


Nietemin, sit ek nou met hierdie plofbare emosionele smoothie in my hart en ‘n koppie tee in my hand en ek onthou wat ‘n ou vriend so rukkie terug vir my gesê het, dat ek vol nonsens is, maar in die oortreffende trap.


Kyk die dag toe ek dit hoor was ek natuurlik op die verdediging, in die oortreffende trap! Maar vandag besef ek hoe hy die spyker eintlik heeltemal op die kop geslaan het. Ons lewe in die oortreffende trap. En so glansryk en fantatsies soos wat ons dit so graag en gereeld om Instagram wil maak, en soos wat dit ook werklik kan wees, is die moeilike, emosionele, uitgebrande en plofbare dele ook in die oortreffende trap.


God voel vêr, in die oortreffende trap. Die duiwel val aan, in die oortreffende trap. Mense stel ons teleur. Ons stel onsself teleur. Nuus berigte skree van negatiwiteit, dat ek sommer saam wil skree wanneer ek hoor nog iemand is vermis of nog ‘n boer vermoor. Verder sit ander diamante in hul naels en noem dit sommer ‘n gewone dag in the life of a housewife. Almal se gras lyk groener op die Instagram kant van hulle lewe en ons wonder waarmee is ons dan besig in ons eie lewens. Vriende word vreemdelinge en families praat nie met mekaar nie. Oomblikke word herhinneringe, waaroor ons een dag lag en ‘n volgende dag ‘n traan pik wanneer ons besef hoe vining hierdie lewe kan verander en dat alles werklik net vir ons geleen is, niks was ons eie om mee te begin nie, of jy nou die slippie daarvoor het of die maandelikse paaiment betaal, dit bly alles net geleen. Ons werk hard om onsself te bederf met ‘n minder plofbare cocktail, terwyl my hart oppad na daardie einste geselligheid ten minste 4 keer breek as ek in nog ‘n paar desperate oë by die verkeerslig kyk. Alles so groot paradoks.


Dan neem ek weer stocktake van wat in gedagtes en my hart aangaan en kom tot die konklusie dat ek wel moontlik effens emosioneel is, maar plofbaar is onafwendbaar in hierdie tyd, hoe bly mens neutraal as alles so ‘verkeerd’ om ons is? Ek weet ons leef in ‘n vervalle wêreld, maar liewe aarde, ek het nie besef die ‘wêreld’ is nou skielik oornag in my straat, in my gemeenskap, in my kerk en in my land nie. Ek weet die duiwel loop nog altyd rond soos ‘n brullende leeu, maar het ek wraggies nou eers die oogklappe langs die pad verloor?


Of ons nou reg was of nie, hier is dit nou. Die groot paradoks van plofbaar-emosioneel in die ootreffende trap.


Moet my nie verkeerd verstaan nie, die slegte goed wat aangaan in die wêreld is iets wat jou kan consume indien jy dit toelaat, en soms is dit blêrrie moeilik om nie consumed met dit te raak nie want dit word konstant in ons keel afgedruk.


Maar die geheim wat ek intussen, na lekker baie gesprekke met myself geleer het, is om nie die waarde van jou verhoudings te onderskat nie! Die verhouding wat jy met jouself het, gaan die pad aanwys vir die tipe verhoudings en vriendskappe wat jy in jou lewe gaan toelaat. As jou verhouding met Jesus wankelrig voel wil ek jou aanmoedig om juis intensioneel tyd saam God deur te bring. Die wêreld gaan soveel goed vir jou skree oor wat jy is, wat jy nie is nie of hoe jy moet wees, maar ek bid dat jy net jou ore aan God se waarheid sal uitleen en dat jou hart net aan Sy sagte gefluister sal vashou.


Mense stel teleur, maar ek bid dat jy genade in die oortreffende trap sal hê met die wat jou teleurstel – nie omdat hulle dit verdien nie, maar omdat God altyd genade met ons het, elke keer wanneer ons Sy hand los om ons eie roadtrip te vat wag Hy geduldig tot Sy GPS ons weer op die regte tyd en plek op die regte pad lei, en selfs dan wag Hy geduldig en vol genade om die pad verder saam met ons te stap – He never left, we’re just coming back. ‘n Waarheid wat niemand wil hoor nie: ons stel ook mense teleur. Ek kan nie boek hou van ander se teleurstellings nie, want ek hoop en bid die mense om my hou nie boek van die kere wat ek hulle al teleur gestel het nie. Just have grace. Just a little more, just a little longer en terwyl ons nou besig is, hê dalk sommer bietjie ekstra genade in die oortreffende trap, ons almal het dit so broodnodig, die ou by die verkeerslig en die vrou met die diamant in haar vinger. Ek en jy, ons almal.


Soms dink ek om dagboek te hou van my gebede ook. My horlosie en God s’n is glad nie in sync nie, en daarmee is ek heeltemal okay want as ons eerlik moet wees, was God al ooit laat? Maar dan, op ‘n dag gebeur iets waaroor jy maande, selfs jare terug gebid het, en ek wonder of is dit werklik van God af, of is dit net ek en my eie selfsugtige idee vir hierdie ideale lewe.


Vinnig onthou ek dan drie versies, en ek wil graag glo dat ‘n lewe in die oortreffende trap nie so slegte ding is nie. Oortreffend is nie sinoniem aan roekeloos nie, laat ek dit ook net duidelik stel. Maar dink jouself ‘n lewe in waar ons vir selfs net ‘n dag lief het, omgee, luister, ‘n ware vriendin is, bietjie meer genade met ons mede mens het, vriendelik is al het jy self ‘n af-dag..al hierdie dinge en soveel meer, net in die ootreffende trap. Kan jy jouself so wêreld indink?


Ek weet ‘wêreld’ is bietjie naief, maar maak dan jou eie wêreld so. Maak seker jou verhouding met God is in die oortreffende trap, die een waar jy niks wegsteek – al wee tons ons kan inelkgeval nie, maar die tipe waar ons na God toe hardloop om dankbaarheid ted eel of die vrymoedigheid het om met tranerige oë te vra vir net nog klein bietjie krag om ‘n week deur te sien. Dit sal verhoudings en vriendskappe kweek wat so lyk. Dit gaan jou nie minder wil maak skree oor die negatiewe dinge in die lewe nie, hulle gaan jou net help om eerder die positiewe raak te sien. Die dinge waaroor ons eerder wil sing, of braai, of drukkies uitdeel.


‘n Lewe in die oortreffende trap kan ook jou strength toets, want mens kry ook seer in die oortreffende trap. Maar, soos met alles in die lewe, leer mens in die oortreffende trap. As jy ook in die oortreffende trap voel en leef, maak seker die basis en vergrotende trap in jou lewe is sterk, gesond en gevestig.


“Now all glory to God, who is able, through His mighty power at work within us, to accomplish infinitely more than we might ask or think.”

Ephesians 3:20


“The thief comes only to steal and kill and destroy. I came that they may have life and have it abundantly.”

John 10:10


“For if you remain silent at this time, liberation and rescue will arise for the Jews from another place, and you and your father’s house will perish [since you did not help when you had the chance.] and who knows whether you have attained royalty for such a time as this [and for this very purpose]?”

Esther 4:14


Baie liefde,


Roux


250 views0 comments

Recent Posts

See All