top of page

Liewe vriendin, ek het jou so nodig…


In Markus 2 het Jesus ‘n verlamde man genees weens sy vriende se geloof… dink jy nie dis die tipe vriende wat jy jouself mee wil omring nie???


In vandag se lewe waar vroue so afbrekend, jaloers en selfsugtig teenoor mekaar kan wees dink ek dit is juis belangrik om jouself te omring met vriendinne wat jou toelaat om te kan groei as vrou.


Om goeie vriendinne te hê, is ‘n groot voorreg. Dit is lekker om die lief en leed van die lewe te deel met ‘n vriendin wat vir jou omgee. Dit is lekker om te gesels met 'n vriendin wat jou verstaan en aanvaar vir wie jy is.


Soos die engelse spreuke lui- Empowered women, empower women. Ons as vroue besef nie die belangrikheid van vriendinne in ons lewe nie en met die regte vriendskappe kan vroue mekaar egter so bemagtig. In my donkerste dae het my vriendinne my lief gehad toe ek self nie geweet het om myself lief te he nie. Sonder vriendinne en ongelooflike sterk vroue in my lewe sou ek beslis nie vandag gewees het waar ek is nie.


Mooistevrou, there is strength in sisterhood. Kry vriendinne saam wie jy kan bid en huil. Kry mamma vriendinne (want in realiteit kan tiener dogters jou soms nogal mal maak), kry vir jou vriendinne wat saam jou kan fiks wees en lag en grap... MAAR…net so belangrik as wat dit is om jou vriendinne reg te kies, is dit ook net so belangrik om ‘n goeie vriendin te wees. Dit is baie belangrik om tyd vir jou vriendinne te maak, om hulle belange op die hart te dra en om daar te wees wanneer hulle jou nodig het.


Die digter Ralph Waldo Emerson het gese- You have 3 types of friends in life: Friends for a reason, friends for a season and friends for a lifetime.


Maak dit jou missie om jouself te omring met vriendinne (en vroue oor die algemeen) met positiewe en opbouende uitkyke oor die lewe. Ongelukkig deel alle vriendinne nie altyd dieselfde waardes en visies nie. Sulke vriendskappe kan ongelooflik dreinerend en afbrekend wees en in daai geval moet jy soms wegstap met die mede wete dat ons almal nie altyd ALMAL se cup of tea kan wees nie…en dis ook okei. Nie alle vriendskappe is gemaak om vir ewig te hou nie. Sommige vriendskappe kom in die regte seisoen van jou lewe en dien hulle doel maar mens ontgroei mekaar soos omstandighede verander.


Mooistevrou, ek daag jou uit… waardeer jou bestie ‘n bietjie ekstra vandag, wees die vriendin vir ander wat jy self wil he en empower mekaar. Daar is min dinge so mooi soos vroue wat mekaar ondersteun en toelaat om te blom.


En dan aan my eie 3 bestes-


Anelia, Andri en Bernadette, julle aanvaar my nes ek is, maar help my ook daagliks om te word wie ek graag wil wees. In my oe is dit die definisie van ware vriendskap!

15,277 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page