top of page

Maar hoe sien jy die positief in negatief?

Hierdie is nogal "random", maar só Google ek die betekenis van "seasons" vir interessantheid en omdat ek 'n ding het vir woorde en betekenisse. Ons almal weet tog wat die woord "season" beteken, maar 'bare' with me here.


Seasons

  1. Each of the four divisions of the year (spring, summer, autumn, and winter) marked by particular weather patterns and daylight hours, resulting from the earth's changing position with regard to the sun.

  2. A set or sequence of related television programmes; a series."the first two seasons of the show"

verb

3rd person present:

seasons

  1. Add salt, herbs, pepper, or other spices to (food)."season the soup to taste with salt and pepper"

  2. Make (wood) suitable for use as timber by adjusting its moisture content to that of the environment in which it will be used."I collect and season most of my wood"

Ek dink ons almal bevind onsself in 'n seisoen wat in 'n oorgangsfase is na iets anders, hetsy bitter moeilik, onbekend, vol vrees, vol seer is en jy geen idee het hoe jy dit gaan maak nie. Dalk is jou seisoen 'n nuwe begin en jy wonder wat op aarde het jou besiel, wat het jy besluit en het jy ooit die regte besluit gemaak. Dalk brand dit binne in jou om aan jouself te werk en jy voel moedeloos want jy't geen idee waar om te begin nie. Hoe lyk jou seisoen?


Daar's iets wat uitstaan vir my in al 4 beskrywings van die woord 'seasons', en elkeen kom neer op verandering. Jy gaan beweeg van een ding na 'n volgende, een seisoen na 'n nuwe een. Om smaak aan jou geregte te bring moet jy dit op spice (dit bring verandering), ons word ouer, ons leer dinge, ons beweeg vorentoe. Ons verander.


Net só hou ons oorlog in ons kop oor al die moets en moenies wat ons moes en nie moes doen nie, en ons kyk vas aan alles wat verkeerd loop of geloop het, en ons fokus is op die berg wat voor ons lê en soms 'n berg wat jy nie eers kan beheer nie. Jy kan net doen wat jy in jou hande het om te doen en as dit beteken dat jy vir eers op jouself moet fokus om jou selfbeeld op te bou en jou selfvertroue terug te kry, is dit presies wat jy moet doen vir eers, die res sal volg. Hoeveel maal het jy al by 'n kruispad gestaan en jou ophol gejaag oor iets wat buite jou beheer was en 'n jaar van toe af kon jy terugkyk en sien dat dinge was eintlik nie só erg nie? Jy't dit gemaak, jy's daardeur?


Die vraag bly "hoe sien ek die positief in die negatief?". Seisoene is 'inevitable', dit gaan kom of jy reg is vir dit of nie. Wat jy oor beheer het is dit wat jy jou brein gee om oor te bekommer of na te dink, en hoe meer jy jou brein vrees of bekommernis injaag hoe meer gaan jy dit begin uitleef en aantrek na jou. Jou brein kan nie onderskei tussen positief of negatief nie, JY moet hom vertel wat jy wil hê hy moet glo. Só, om die goeie te sien in 'n slegte / moeilike situasie is om te sê 'hierdie is ongemaklik, dis nie lekker nie, maar ek kies om te leer, ek kies om te vra, wat die les hier is, ek kies om te doen wat ek kan doen en ek kies om my vrede te behou in die proses sodat ek oopkop kan bly, rustig besluite kan maak, en omsien na myself en my gesondheid'.


Nuwe seisoene vereis dat jy moet laatgaan, dit gaan beteken dat jy absoluut niks kan doen aan die dinge wat buite jou beheer is nie, dit beteken jy moet sekere goed opgee en DIS OKEI, siesoene is daar om verandering te bring, om jou 'n bietjie te stir en te rek sodat jy kan groei en nie stagneer waar jy is nie.


Ons is geneig om altyd die sleg in iets te sien en voor ons onsself kan kry het jy 'n 30 punt lysie uitgekerf oor alles wat verkeerd is met die ding waarin jy jouself bevind - dis hier waar jy jou taal moet begin verander en met jouself praat, die innerlike kind in jou rustig maak en sê, alles is onder beheer, jy's okay, jy gaan dit maak, hierdie is exciting, dis nuut, dis vreemd, maar nuwe dinge lê voor. WAT HET JY OM TE VERLOOR?


Sien die positief in negatief, sien die mooi in die lelik:


As jy loop in jou authentic self en in jou eie truth dan trek jy die goeie aan, "and life keeps giving you goodness back", as jy die 'familiar' laatgaan en jy dink dat om iets prys te gee en iets te los, verloor jy uit dan beperk jy jouself om die mooi te ontdek (in enige situasie waarin jy jouself bevind).

  1. Loop in jou eie waarheid en wie jy is

  2. Vra eerder "wat kan ek hieruit leer?, wat is die les wat God vir my wil wys?"

  3. Kies positief, kies om eerder die goeie te sien as om vas te hou aan die probleem

  4. Leef uit 'n plek van dankbaarheid

  5. Laatgaan wat buite jou beheer is, los dit, hou op "dwell" op dit.

  6. Hernu jou gedagtes, kies 'n nuwe manier van dink en verander die manier hoe jy praat, ipv negatief oraat goeie positiewe goed.

  7. Kies om jouself te challenge om te fokus op iets heeltemal nuuts om jouself te druk om iets anders te probeer sodat jy jou selfvertroue kan bou.


334 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page