top of page

Maar jy is, want Hy is.

Wêreldse persepsies, tydskrif voorblaaie, elke pil op die mark, meeste advertensies, mense en dinge - dit alles verg van jou om "perfek" te wees, perfek te lyk en perfek op te tree. Dis maar eers onlangs wat jy "imperfekte" advertensies en fotos teen 'n winkel venster sien hang, advertensies wat 'n bietjie meer real lyk as voorheen -ook maar hoogtyd, want wie kan tog so perfek lyk inelkgeval - ek praat van die fynlyne wat uitge-edit word, die perfekte vel, lyf, hare...noem dit wat jy wil. En hierdie is nie net gefokus op voorkoms nie, dis basies enigeiets wat ons onsself mee besig hou in die lewe.


Jy moet status hê, jy moet so optree, jy moet hierdie X bedrag in die bank hê, jy moet hierdie aantal vriende hê, jy moet dit en jy moet dat. En dan kom social media - hierdie persoon lê op Thailand se strand in die perfekte swembroek, sy't 1000de followers, nee 100de duisende en haar lewe lyk so....perfek. Ons is geneig om ons "agter die skerms" met social media se "highlght reels" te vergelyk en neem nie in ag dat daardie persoon...ook maarnet mens is nie. Sy't heelwaarskynlik baie erge dinge waarmee sy moet "deal" as wat mens eintlik dink.


Waar het ons begin vergelyk? Waar het ons begin om dinge na te jaag wat sinneloos is? Waar het ons opgehou om die Here IN ALLES te dien? Waar het ons opgehou glo dat ONS IS, WANT HY IS?


Ons kan onsself so besig hou met al hierdie menslike gevormde dinge en dis vir ons meer belangriker wat mense van ons dink as wat God van ons dink. Dis meer belangrik om eerder status te hê en 'n groot vriendekring, die geld, die werk, die outfits - "solank ons net in is en goed lyk, maak nie saak of ek dit kan bekostig of nie, maak nie saak of my siel daaronder ly nie - ek moet tog net nie uit wees of uit lyk nie."

Wat is die punt in dit alles inelkgeval as dit net tydelik is? Watter doel bied dit jou? Watter dryfkrag gee dit jou om te werk na iets wat mense se lewe kan verander of aanraak? As mense na jou lewe kyk, wat sien hulle raak?


En dalk is jy okei met status en geld en al die dinge, dalk maak dit gladnie saak vir jou nie, dalk bekommer jy jou nie oor followers en wêreldse dinge nie (which is a very good thing), maar dalk is jou gedagtes oorlaai met alles anders - die dinge wat jy jouself mee bevraagteken, jy voel nogsteeds nie goedgenoeg nie, en as jy maarnet vriende gehad het, as jy maarnet genoeg geld gehad het om te oorleef, as jou drome maarnet waargeword het, as jy maarnet...


Waar lê jou geluk eintlik?


Ons lewe te vinnig en ons probeer teveel inpas by alles anders as waar ons eintlik moet wees. Ons soek goedkeuring by mense en dinge, en om goed te voel sal ons so te sê enigeiets doen net om aanvaar te word. Maar hiers die ding, jy sal altyd bly soek, en smag na mense en dinge vir aanvaarding en goedkeuring TOTDAT jy besef dat JY IS, WANT HY IS. Jy is wie jy is IN GOD. Niks of niemand gaan kom en jou gedagtes vir jou vernuwe elke dag nie. Niemand gaan die gewig vir jou afskud wat jy so mee sukkel nie. Niemand gaan kom en jou positief maak nie. Niemand gaan jou drome kom bewaarheid as jy nie self kies om daarnatoe te werk nie. Dit hang van jou af. Hiers nog 'n ding, selfs die Here gaan jou nie dwing om te verander nie, Hy gee ons vrye keuse so wat gaan jy maak met die besluite wat jy VRYLIK kan neem?

Ons het 'n magdom verskonings, 'n magdom redes hoekom ons "is hoe ons is", en "doen wat ons doen', "optree soos ons optree" - "and yet we do not have because we choose not to."


Die dag wanneer ons KIES om onsself te aanvaar en na hulpbronne te gryp wat ons kan help ons onsself te verander (menende om te genees van vorige seer, om dinge te oorkom wat ons terughou, om mense te vergeef wat veroorsaak dat ons STUCK bly, hulpbronne wat fokus op areas wat ons mee sukkel, boeke wat ons fokus kan verander), dan, dan sal ons bevryding kry en nuwe visie en hoop om na iets te streef wat ONS uitbeeld. Wanneer jy jou gedagtes rondom jouself verander en jou hele fokus verander sal jy ook die bevryding kry om mense se opinies met 'n knippie sout te vat en nie in sak en as te sit wanneer dinge nie uitwerk soos ons altyd hoop nie. Jy sal ontdek dat om jouself die nodige self-liefde te bied jou ander perspektief sal gee, jou meer lewe gee en positief sal maak. Jy sal ontdek dat jy as mens uiteindelik genees kan word van soveel seer en soveel verkeerde persepsies. Jy sal ook nie nodig hê om ander af te breek sodat jy goed kan voel nie, want jy as mens is JY, jy's heel en genees in Jesus.


As ons fokus gerig kan word op wat God vir ons wil hê, om elke dag te werk aan om 'n beter persoon te word en te werk aan wie en wat jy wil wees, sal ons vind dat dit soveel makliker is om ander te help en iets vir iemand anders te kan beteken.


Fill in the blank: Ek sukkel met, ek bekommer my oor, ek voel----------------------------------", watookal dit is, jy sal weet waarmee jy sukkel - as jy dit kan regkry om elke dag bietjie vir bietjie jou gedagtes kan verander na dit wat jy eintlik wil wees, of waar jy eintlik wil wees, sal jy stelselmatig begin sien hoe die manier wat jy dink 'n verskil kan maak. Die belangrikste van alles is ons fokus is nie veronderstel om op mense en die dinge rondom ons te wees nie. Iemand het eendag in die kerk 'n geel Sanlam sambreel as voorbeeld gebruik. Hy't gesê, veronderstel God is hierdie sambreel. Wanneer ons onder Sy skuiling is, Sy leiding en na Sy stem luister in alles wat ons aanpak en doen, SAL HY ons lei en ons beskerm kom wat wil, kom storms en reen, kom donderweer en haal. Ons sal so naby aan Hom wees dat ons Sy stem tussen duisende ander geraas kan hoor. Maar sou ons onder Sy skuiling uitbeweeg, weg van Hom, sal Sy stem alhoe sagter raak. En staan ons die gevaar om tussen duisende ander stemme te verdwaal en deurmekaar te raak van watter stem Syne is.


Jy is, want Hy is. Hy't jou geskape vir 'n doel, 'n baie belangrike rede en dis ons plig om uit te vind wat ons doel is en wat ons vir Hom kan doen. Hou op tyd mors met dinge wat geen doel dien nie, wat jou laat bevraagteken wie jy is en wat jy moet doen, hou op om eerder na mense te luister terwyl God vir jou wag met al die antwoorde. En ja, Hy antwoord nie altyd dadelik nie, maar dit beteken nie dat Hy nie gaan nie, gee Hom tyd en bring jou deel om Hom te hoor, doen jou deel om tyd met Hom te spandeer, want with all honesty, dis ons wat weg beweeg nie HY nie en dis ons wat onsself besig hou met alles anders as om regtig 'n pad met Hom te stap.


1 Cor 15:10 "But by the grace of God I am what I am, and His grace toward me was not in vain; but I labored more abundantly than they all, yet not I, but the grace of God which was with me."


Be gracious toward yourself.

Be kind toward yourself & just be who you are, stop listening to all the wrong voices.


Gelukkige Vroue Dag x




785 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page