top of page

Mamma, you’ve got this!

Maya Angelou het eens gesê- "To describe my mother would be to write about a hurricane in its perfect power." -


Okei, so die laaste paar maande voel ek as mamma so bietjie soos ‘n hurricane. Ja, so bietjie stormagtig. Ek vra myself kort-kort af- doen ek genoeg as mamma? is ek goed genoeg en maak ek die regte besluite vir my kind?


As enkel mamma van ‘n amper-tiener raak ek daagliks angstig oor skedules, eetgewoontes, allergiee, maats, skoolwerk en die lys gaan net aan… MAAR dan gebeur die klein dingetjies waar my kind my verras met ‘n mooi woordjie, ‘n drukkie, ‘n goeie rapport- en ek besef net opnuut…

HAAL ASEM MAMMA…YOU’VE GOT THIS!!!


Mooistevrou, as jy ‘n mamma, stief-mamma, amper-mamma, ouma-mamma, juffrou-mamma (ag selfs sommer net ‘n honde-mamma) is wil ek jou vandag herhinner dat jy ‘n amazing werk doen. Om ‘n mamma te wees is een van die mees challenging rolle in die wereld en jy doen amazing!!!

Ek weet dat dit soms uitputtend en overwhelming voel MAAR jy doen meer as goed genoeg en jy moet beslis trots wees op jouself.


Jy soen boe-boes, jy maak etes, jy help met huiswerk en jy is die local taxi. Jy leer jou kinders belangrike lewenslesse, jy leer hulle om gaaf te wees en om op te staan vir hulleself. Jy luister na jou kinders se stories, drome en vrese. Jy is hulle veilige plek, ondersteunings raamwerk en rolmodel.


Jy is meer as mamma…jy is ‘n sterk, selfstandige vrou met drome en talente van jou eie. Jy mag dalk soms vergeet hoe amazing jy is maar ek wil jou vandag aanmoedig om nie op te hou om jou eie passies en drome ook na te jaag nie. Jou kinders baat daarby om hulle mamma, hulle rolmodel, te sien floreer.


So hou moed mamma. Jou harde werk en toewyding aan jou kinders maak ‘n verskil in die wereld al voel dit nie altyd so nie. Onthou om ook na jouself te kyk, gee jouself krediet vir alles wat jy doen want jy is dit werd.


MooisteMamma jy en jou veerkragtigheid is ‘n testament van God se krag en liefde. So haal asem mamma want YOUVÉ GOT THIS!!!

716 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page