Mammas is emosioneel moeg
Kyk hier, deesdae is my moeg, moeg…
Net toevallig vroeër die week lees ek iets raak; dat ‘n ma altyd moeg is (alle mammas voel dit is “obvious”), maar nie noodwendig moeg van al die fisiese take bedags en natuurlik snags nie, maar dat dit meer ‘n emosionele moeg is. Ten spyte van die lysies take wat daagliks gedoen moet word, brand mammas emosioneel totaal en al uit.
Onthou, jy skuif jou emosies na heel laaste in die ry. Jou kind s’n kom altyd eerste, dan jou man, dan die mense rondom jou en nog tussen in al die diere kinders (as jy ‘n diere liefhebber is soos ek) en dan kom jy by jouself uit. So teen die tyd wat jy by jouself uitkom is daar net eenvoudig nie meer energie oor om na jouself te kyk en hoe jy voel.
Jy kry met soveel emosies te doen deur die dag en jy moet almal hanteer. So teen die einde van die dag is jy gaar!
‘n Ma het nie noodwendig altyd slaap nodig nie, maar liewer dat haar emosionele take ‘n “break” kry. Dat iemand anders die raas werk doen, dat iemand anders die vloermoere hanteer, dat iemand anders die “chaos” kan beheer. Kyk, ek lief om my kind te koester en te troos en lief te hê. Ek wil altyd daar wees vir hom in allerhande stadiums van sy lewe en elke emosionele “rollercoaster.” Ongelukkig raak dit soms net te veel en jy het daardie hulp nodig. Jy het iemand nodig om namens jou te sê “moenie,” “hou op,” “stadig,” “passop, jy gaan seer kry.”
“But I guess, it comes with the territory…”
Ons het nie regtig keuses as dit by die kom nie. Ja ons kan hulp in kry as dit moet, maar dis maar deel van die ma-wees titel.
Ons is altyd en heeltyd bekommerd, dis uitputtend!
Ons dink heeltyd aan die toekoms, dis uitputtend!
Ons probeer heeltyd dinge, optredes, siektes, patrone uit “figure,” dis uitputtend!
Ek dink dit is hoekom vrouens sulke wonderlike skeppings is. Ons is nie noodwendig so fisies sterk soos mans nie, maar ons brein, kyk dié het miljoene breinpadjies soos hulle dit in BabaGim noem. Ons emosionele meter kan ver in die rooi loop.
Dis hoekom dit belangrik is om stokperdjies te hê of te oefen. Daardie 30 minute of uur, hoeveel tyd jy ook al het, gee jouself die nodige blaaskans om jou emosies eerste te stel. Altans om jouself eerste stel. Soms is dit nie naasten by genoeg tyd om wel jou emosies te beheer nie, maar wel ‘n geleentheid om aan iets anders te dink.
Mammas, I feel you. Dit is waar die wyn effe help op ‘n moedelose Woensdag namiddag.
Só, vir die pappas wat die lees, julle vrouens het nodig dat julle soms die disipline oor neem, dat julle dadelik op spring as boetie of sussie huil of die vloermoer in Spur sal hanteer.
Natuurlik vir die pappas wat dit wel doen, julle maak julle vrouens se emosionele moegheid effe ligter, dankie!