top of page

Meer as Genoeg

‘Stop working so hard to prove your worth. Your worthiness of love is not determined by the love that others give you. And if you keep defining it that way, you’ll always feel the need to prove to others that you’re worthy. Instead, believe you are worthy. Be still, and stop chasing your worth. It’s already within you.’

Najwa Zebian


Hierdie is vir elke vrou wat al ooit gevoel het sy is nie mooi genoeg, goed genoeg, slim genoeg, maer genoeg, lank genoeg, tanned genoeg, snaaks genoeg – ek weet soos jy hierdie lees maak jy jou eie lysie van ‘nie genoeg’ in jou kop, vir jou wat heeltemal teveel hierdie leuen glo, jy is reg. Jy is nie net genoeg nie, God maak niks net-net nie. Hy is ‘n meer as God, nie ‘n net-net God nie. Jy is nie net-net genoeg nie, jy is meer as genoeg!


Wanneer was die laaste keer wat jy vir ‘n oomblik stil gestaan het – nie omdat jy vergeet het wat jy wou doen, of omdat jy voor die stoof gestaan het, of oor ‘n skouer geloer het na huiswerk, of gewag het vir die volgende vergadering of die volgende oproep of epos nie, wanneer het jy stil gestaan en uit die 24 uur wat jy elke dag beskikbaar stel vir almal om jou, en ‘n oomblik gevat om jouself te celebrate?


Om die absolute chaos wat in elke hartklop vasgevang of vrygelaag word, te celebrate? Om elke emosie wat saam met jou rooibloedselle deur jou hart klop wanneer jy vir die 5de keer The Notebook kyk of ‘Hey Rose’ van Matt Cooper luister te celebrate? Om die liefde te verwelkom wanneer dit aan jou hart kom klop, en dit graciously te laat gaan wanneer die wind dit weer kom haal om soos ‘n veertjie op iemand anders se stoep te gaan plant. Om elke lag en traan van vriendskappe soos storieboeke neer te pen sodat ons eendag vir ons kinders die dele van onsself kan vertel wat ons andersins net in ‘n skaam waai en vinnige ‘hello’ in die winkels toedraai.


Wanneer laas het jy gestop en jouself die krediet gegee wat jou toekom vir hoe ver jy die afgelope twee jaar gekom het? Hoeveel jy gegroei het, nie omdat jy noodwendig gereed was vir enige storms wat jy moes trotseer nie, maar omdat elke storm nodig was vir jou om te blom in die persoon wat vandag hierdie kan lees. As ek dink aan elkeen wat vandag nog staan, dink ek nie net aan saadjies wat gegroei het om bome vir ander om ons te wees nie, ek dink ook aan ‘n Lion King en Simba toneel waar ‘n welpie deur trial en error sterker aan die ander kant uitgekom het – in albei gevalle het ons verskillende mentors teenwoordig gehad om ons te kry waar ons nou is. Vir sade om bome te word, moet ons water gegee word, om sterker en dieper wortels te skiet, moet ons sterker winde trotseer, en hoe sterker die wortels, hoe sterker word die winde! Aan die ander kant het elkeen van ons ‘n klein welpie in ons, maar hoe harder die wêreld skree, hoe minder klink ‘braafheid’ soos ons sterkste karaktereienskap.


Soos met alles in die lewe, gaan die storms nooit ophou nie – ons kan dit erken, sodat ons weet om dit te herken wanneer dit kom en dit dan te kan weerstaan met die kennis wat ons het. Verbeel jou dit is soos ‘n nuwe mamma wat oplees oor al die simptome van tande sny, sodat wanneer dit kom sy kan weet hoe om dit tot die beste van haar vemoee te hanteer. Of soos ‘n student wat leer vir semester toetse, jy leer elke deel soos voorgeskryf deur jou dosent sodat jy die vraag kan herken wanneer jy dit in ‘n vraestel raaklees. Die lewe werk ook so, behalwe dat ons die regte gereedskap gegee is om die moeilike dinge van die lewe te herken en aan te pak met die regte kennis.


Behalwe vir die wapenrusting, wat ons nommer een gids vir die wêreld se warrelwinde en geskree is, het ons meer as genoeg, want ons het Jesus. Ek weet in die middel van die storm is dit nie die mees praktiese oplossing vir jou probleem nie, ek weet wanneer alles verkeerd loop is die heel laaste ding wat mens wil hoor dat alles vir ‘n rede gebeur en dat jy sterker as jou storm is want jou God is sterker in jou. Ek weet dit, want dit was al op ‘n stadium die heel laaste ding wat ek ook wou hoor, maar wil mens werklik ‘n soetsappige verhaal van do’s en don’ts hoor hoe om meer standvastig te staan wanneer die warrelwinde jou wil ontwortel? Die feit van die saak: jy mors jou eie tyd wanneer jy dinge in jou eie beheer wil neem. Die wêreld skree dat jy die skrywer van jou eie storie is, jy is nie. Hierdie verhaal genaamd jou lewe, is lank reeds oor gedroom, soos God in Sy woord belowe.


Moenie toelaat dat ‘n seisoen van rukwinde jou geloof ontwortel nie. Jy is meer as genoeg, en jy het meer as genoeg.


Besef gou vir ‘n oomblik hoeveel meer as genoeg jy alreeds binne jou het:

Die moeilike ding waardeur jy nou gaan, die seisoen wat voel soos 40 jaar in die woestyn, elke hartseer, elke traan, elke bekommernis – die Here ken alles wat jy nou voel. Inteendeel, is hierdie seisoen in jou lewe so min van ‘n verassing vir God dat Hy, toe Hy jou in jou ma se moederskoot opgedroom het, jou reeds met die eienskappe uitgekerf het wat jy vandag nodig het om jou Goliat te fight. En dit is net die begin. Hy het ook jou ouers, en hulle ouers in hulle ma’s se moederskote so versigtig aan mekaar geweef om deur jou leeftyd jou toe te rus met die nodige eienskappe wat jy in hierdie lewe sou nodig hê, en nog meer, het Hy ons ouers ook toegrus met elke eienskap wat hulle nodig het om ons vandag in ons woestyne by te staan. Verstaan jy hoe genoeg jy is, en hoeveel meer as genoeg jy het, hoe covered jy is met goedheid en guns, en hoe genade elke liewe gaping in ons lewens vul?


Mooiste Vrou, ek weet mens wil soms soetsappige stories hoor oor hoe alles so perfek uitdraai soos in The Notebook, maar ons lewenspen word nie deur mense vasgehou nie, en daarom kan ons nie self voorsiening vir God se plan vir ons lewe maak nie, maar ons kan seker wees dat God voorsiening vir Sy plan vir ons lewe maak.


Ek weet die Helm van Verlossing gaan nie jou finansiële probleme oplos nie, maar dit gaan jou gedagtes beskerm wanneer die wêreld begin skree oor wat jy werklik nodig het en dit sal rigting bring wanneer jy besluite moet neem wat jou toekoms kan beinvloed. Die Borsharnas van Geregtigheid gaan nie keer dat mens jou nie teleurstel of seermaak nie, maar dit gaan jou op koers hou dat wat jy van binne na buite stuur meer suiwer is as wat van buite af probeer inkom. Die Waarheid as Gordel gaan dalk nie keer dat die wêreld leuens of hulle eie weergawe oor jou versprei nie, maar dit sal jou karakter styf in toom hou om te weet dat die waarheid altyd die pad na Vryheid is. Die Skild van Geloof beteken nie dat die pyle nie gaan kom nie, maar dit sal jou beskerm wanneer die warrelwinde jou rondgooi. Die Swaard van die Gees gaan nie altyd jou kan beskerm teen die houe van die lewe soos wat ‘n regte swaard sou kon nie, maar die Gees is soveel sterker as wat ons harte kan begryp, soos ons weet is die geveg nie teen vlees en bloed nie, so dalk moet ons herevalueer of ons gees genoeg protein-aanvullings kry.


God het nie baie nodig om baie te doen nie. Dawid het 5 klippies gehad. God het net een daarvan gebruik. Jy is meer as genoeg. Jy het meer as genoeg. God het die laaste sê, altyd.


Versies van Bemoediging:

“Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alle volbring het, staande kan bly.”

Effesiërs 6:11


“But it is good for me to draw near to God; I have put my trust in the Lord God, that I may declare all Your works.”

Psalm 73:28


“Be on guard. Stand firm in the faith. Be courageous. Be strong.”

Corinthians 16:13


Liedjies vir die week:

- Elevation Worship: Wait on You

- Hillsong: So Will I

- Lauren Daigle: You Say

- Bethel Music: You Make Me Brave & Do It Again

- Tauren Wells: Famous For


Baie Liefde,

Roux 😊


847 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page