Mislukking: 3 dinge wat jy moet weet.
mis-luk’king s.nw. (-e, -s) 1. Gevolg, resultaat van te misluk: Sy hele onderneming was 'n groot
mislukking. 2.'n Persoon wat misluk: Al het hy so baie kwalifikasies, was hy tog 'n mislukking.
Ek dink nie die HAT alleen kan die ware omvang en impak van die woord vasvang nie. Tog,
die definisie van die woord hang seker af vanuit watter perspektief jy kyk of selfs wat jou
definisie van die woord is, maar daar is een maatstaf waarmee ons almal kan saam stem – die
samelewing. Nou die samelewing kan bestaan uit jou skool opleiding, ouers, familie en selfs
wat jou gemeenskap ag as suksesvol of'n mislukking. Hoekom die gemeenskap, vra jy? As jy
van'n klein dorpie af kom, dan weet jy presies hoekom ek so sê. Ons almal ken'n tant Miem
wat daarvan hou om te skinder.'n Tannie Karen wat jou ongemaklike vra vrae voor almal na
kerk net om jouself sleg te laat lyk. Die kyke wat iemand gee soos hulle saggies skinder in
die groentemark en selfs die gesprekke rondom 'n koppie koffie of 'n aandvuurtjie. Skinder is
deel van die samelewing en een ding wat altyd plaasvind in enige gesprek en dis hierdie
aksies wat een soos 'n mislukking kan laat voel. Jy sal dink, “as soveel mense so dink, dan
moet dit waar wees”.
Teen die tyd rol jy seker jou oë of wag jy ongeduldig vir my om te begin met die werklike
rede hoekom ek hierdie artikel skryf en wonder hoekom jy moet aanhou lees. Wel, die
“gevoel van mislukking” is iets wat elkeen die een of ander tyd voel en ook iets (volgens my)
wat in verskillende fases kan gebeur. Nou of een of ander slim sielkundige hieroor al geskryf
het, seker, tog, gaan ek nogtans my perspektief vandag deel met die hoop dat jy dit vinniger
kan identifiseer en dalk ook vinniger die gevoel kan verwerk.
1. Die gras is toe groener aan die ander kant…
As mens mooi daaroor dink, word 'n groot deel van jou sukses gemeet aan wat ander
dink. As jy meer eerlik wil wees, jou sukses word heel moontlik gemeet deur jouself
te vergelyk met ander of hoe ver of hoe beter jou prestasies is. Ons kan dit nie help
nie, dis in ons DNA en in geprent van geboorte af. Dis in die “vriendelike kompitisie”
tussen vriende op die sportsbaan in skool terwyl die betrokke ma’s stry oor wie se
kind gaan wen. Dis in die “verloorders” se ma’s oor hoe hulle die “wenner” se
prestasies afkraak om hulle kind op te bou. Dis in die rugbyklub rondom ʼn tafel van
trotse pa’s en hoe hulle spog oor hulle seun/s en hoe hulle groot sterre gaan word. Dis
in die gesprekke waar tannies en ooms met die ouers spog oor hoe trots die ouers
moet wees dat hulle kind universiteit toe gaan en hoe hulle neerkyk op iemand wat nie
verder wil studeer nie. Niemand sê vir jou uitdruklik wat jy met jou lewe moet doen
nie, maar kinders is BAIE opserveerend en hulle tel nie subteks baie vinnig op en kom
ons wees ook eerlik. Wie hou nie van die aandag nie? Dis altyd lekker wanneer jy kan
terug gaan na jou huis toe en dan wens almal jou geluk met jou “prestasies”.
Iets, wat ek dink die impak van mislukking so kragtig maak, is oordeel en
vooroordeel. Omdat jy hierdie ‘sterk’ idee het van wat sukses is, oordeel jy ander ook
daar volgens. Ons almal was al in 'n situasies waar 'n vriend/in 'n graad terug gehou is
omdat hulle 'n vak op skool gedop het of wanneer hulle nie 'n gewenste span gemaak
het nie. Wanneer jy en jou groepie hierdie persoon sien, dan praat julle altyd oor hoe
julle nie hierdie persoon wil wees nie of hoe teleurgesteld hierdie persoon nie moet
wees nie. Dan is daar oor die dodelikste woorde van als – “ek sou nie my gesig kon
wys as ek hy/sy was nie”.
Dis altyd lekker om te oordeel, maar wat as die winde rigting verander en mislukking
gebeur met jou? Wat as jy daardie oproep kry wat bevestig dat jy nie die werkspos
gekry het nie? Wat van 'n ongewenste swangerskap? Wat gebeur wanneer al daardie
oordeling jou nou staan en in die gesig staar? Inderdaad, die gras is groener, al is jou
gras groener.
2. Die tronk het meer as een vorm.
Dalk het jy nie die gewenste matriekuitslae nie, dalk moet jy terug huis toe omdat jy
nie 'n inkomste kan kry nie en dalk het jy 'n goeie besigheidsidee gehad, maar toe val
dit deur die lappe. Daar is baie scenario’s en ek dink jy kan jou eie hier byvoeg.
Meeste vorm 'n lewe van leuns – wanneer iemand vra, “hoe gan dit/hoe vorder
dinge?” dan antwoord jy met 'n “dinge gaan uitstekend/ek het net nou die dag dié
bereik”. 'n Leuen voel altyd gemakliker as die harde werklikheid en dalk, net dalk, as
jy dit nie hardop erken nie, sal jou geluk iewers begin draai.
Wat baie mense vergeet om te noem in ‘hanteer gevoelens so en so-handboek’ is dat
jou gedagtes 'n baie kragtige wapen is. Ons het dit al baie gehoor, maar besef ons die
waarde agter dit? Besef ons dat ons eie gedagtes later ons eie tronk kan word.
Gewoonlik, wanneer jy 'n groot mislukking ervaar, dan begin jy in jouself twyfel. Wie
weet, dalk het jou besigheidsidee gefaal omdat jy nie weet hoe om jou geld reg te
gebruik nie. So iets kan mens maklik aanleer en verbeter, maar gedagtes is 'n snaakse
ding. Al wat jy in daardie oomblik van skok en mislukking voel is, “dalk is ek nie 'n
entrepreneur nie”. Dalk is ek nie kreatief nie. My vyand was reg – ek kan niks doen
nie. En aan en aan en aan gaan jou gedagtes in 'n maalkok van selfhaat en verwerping.
Jy sal dink dat dinge beter word met tyd, want dit moet net beter word? Nee! In teen
deel, dit raak net slegter, want wanneer die goue eier weer in jou skoot beland – jy
gaan nie die geleentheid raak sien nie omdat jou eie tronk jou blind gemaak het teen
die potensiaal van wie jy kan word. Al wat jy raak sien is jou mislukking en hoe jy nie
'n groter een wil word nie. Na 'n tyd begin jy minder kanse neem, jy waag minder en
voor jy jou oë kan uitvee is jy tagtig jaar oud. Jy is alleen en jy haat jouself meer vir
die kanse wat jy nie gevat het nie en die liefde wat jy die deur voor gewys het.
Dié is 'n baie kru voorbeeld, maar dis wat gebeur en dis hoe kragtig jou gedagtes is en
kan raak indien jy nie beheer uit oefen nie.
3. Die lig is net een tonnel weg.
Ek gaan eerlik wees met jou, daar is ʼn rede hoekom hulle sê dat jou grootste vyand
jouself is. As jy eers in daardie selfhaat en selfbejammering slaggat getrap het; dit is
nie maklik om weer uit te kom nie. Dit verg moed en dit verg krag wat jy gedink het
jy nooit sal kan besit nie. Om te ontsnap van jou eie gedagtes is bitter moeilik en dit is
nog moeiliker omdat jou vyand iemand is wat jy nie kan sien nie, nie kan slaan nie,
die kan aankla nie. Hoekom dink jy daardie een vrou gaan die heeltyd terug na haar
geweldadige man toe al weet sy hy gaan nooit verander nie? Dis hoe mishandelde
verhoudings werk – manipulasie van die gedagtes – en sulke mans raak net
geweldadig wanneer hulle verseker is van hul greep op die vrou se gedagtes (die
tronk).
Tog, ek staan (eintlik sit en tik) hier voor jou vandag en ek kan jou belowe dat
oorwinning net 'n gedagte ver is en dat dit wel moontlik is om los te breek.
En ja, indien jy wonder, oorwinning sal nooit weer so goed proe nie!
Daar is geen ‘fullproof’ plan wat jy kan volg vir hoe om jou gedagtes te oorwin nie.
Dis ongelukkig 'n oorlog wat jy self moet beman, beplan en beveg, maar dit help
wanneer jy jouself kan herinner dat jy nie alleen is nie. Jy het daardie een goeie
vriend, want glo my, patykeer is 'n skouer al wat jy nodig het. Jy het jou ouers – ja,
hulle mag jou dalk uittrap en teleurgesteld wees – maar as hulle jou terug verwelkom
en hulle huis jou huis weer maak, wie gee om? Jou ouers is daar vir jou! Jou familie is
daar vir jou! Die lekker ding van familie is dat hulle juis nie jou foute teen jou kan
gebruik nie omdat hulle jou nie kan weg wys nie – onthou, daar is 'n rede hoekom jy
nie familie kan kies nie (ek weet party families werk anders, maar ek hoop jy sien my
punt in ).
Jou belangrikste wapen bly tog jouself en net jy alleen. Dit klink snaaks om jouself
teen jouself te gebruik, maar hear me out. Hoe jy jou mislukking “maklik” kan
oorkom is deur een woord elke dag te beoefen – selfliefde. Jy het my reg gehoor!
Deur vir jouself elke dag te sê, “alhoewel jy een moeilike persoon is, is ek nogsteeds
lief vir jou”, “ek weet ek is nie lief vir my hele liggaam nie, maar my glimlag is die
beste deel en dit is genoeg”, “ek weet ek is nie wie ek wil wees nie, maar ek is beter
as wat ek gister was”. Jy kan klomp sulke troetel woordjies neer skryf en oor vertel
aan jouself, dit werk. Dit mag dalk nie so voel in die begin nie, maar iewerste langs
dit pad begin jy jouself minder haat, jy begin om jouself minder te veroordeel en die
uitklophou van die mislukking verloor sy greep oor jou gedagtes.
So ja, nou kom my artikel vir die dag tot 'n einde. Ek wonder altyd, wanneer ek begin afsluit,
of ek alles gesê het wat ek wou, maar die keer neem ek maar net 'n diep asemteug en los my
woorde vir jou om te oordeel. Ek hoop my artikel kan jou help in watter staduim jy jou ook al
bevind.
Onthou, jy is geliefd en jy is waardig genoeg. Wanneer almal en alles jou verwerp en los, is daar nogsteeds een persoon wat vir jou lief bly, foute en al. God – jou vesting, jou rots, jou krag.
Met soveel liefde,
Marianne