top of page

Moenie leuens begin eet omdat jou hart honger is nie!

deur Anri Basson


‘n Paar weke gelede het ek die bogenoemde aanhaling raak gelees: “ Moenie leuens begin eet

omdat jou hart honger is nie”. Ek kon nie ophou dink aan dit nie.


Dit het my laat besef, hoe kwesbaar ons as mens is, omdat ons harte soms ondervoed is. Ons almal

het al op ons lewensreis, daardie oomblikke gehad waar ons terugkyk en sê: “Hoe kan ek daarvoor

geval het of hoe kan ek so dom gewees het?”


Ons lewensreis is soms pynlik omdat geen reis dieselfde is nie. Dit maak nie saak hoeveel

ooreenkomste ons as mens kan hê nie.


Die grootste uitdaging is, dat jy eintlik nie weet wat die spesifieke waarheid vir jou individuele hart is

nie. Dit is omdat die enigste persoon wat die menslike hart waarlik kan bevredig, is die een wat dit

gemaak het.


Ons begin dikwels ‘n reis van self-ontdekking waar ons probeer uitvind wat presies dit is wat ons

honger harte sal vul?


As ‘n 27 - jarige is ek wel nog jonk, maar ek het al leuens persoonlik geëet, sommige van hulle was

soet vir ‘n rukkie en sommige van hulle was maar bitter. Ek het gedink my hart was beter af honger,

sommige mense het die ergste in my uitgebring. Dit het my siel uitgedroog – want wanneer die hart

verlang, raak dit die siel!


Die hartseer werklikheid is dat alle mense wat ons al leuens gevoed het, eintlik ons harte alles gee

wat hul moontlik in hulle eie “honger” harte gehad het. Ek glo meeste mense sal ontken dat hul jou

enige kwaad aangedoen het, en dat hul die waarheid praat.

Hulle het jou alles gegee wat hulle kon, maar dalk was dit nie die waarheid vir jou hart nie. Dit help

om na die punt van vergifnis te beweeg en te leer hoekom ons harte juis daardie leuens op daardie

spesifieke oomblik gevoer word.


Selfs al was dit dalk ‘n leuen, kan dit dalk wees wat ons harte nodig gehad het, en daarom het ons,

ons harte oopgemaak vir daardie leuen. Of ons daarvan hou of nie, die hart is baie kragtig, en sal

iets aantrek wat die hart na verlang, sonder om dit te besef. Soos die bekende aanhaling van Woody

Allen sê: “ Die hart wil hê, wat die hart wil hê. Daar is geen logika nie”. Jeremia in die Bybel praat

selfs van hoe verdraagsaam die hart is.


Baie van ons wonder hoe kom ons tot die punt, om ten volle te weet wat goed is vir ons harte om te

eet? En wat is dit nie? Ek dink dis wat ons almal probeer uitvind tydens ons lewensreis.

Vir ons harte, anders as ons mond, benodig ons God om ons te help, om die regte “dieet” vir ons

harte te kies – dit is die waarheid! Dit is nie ‘n maklike proses nie en jy gaan ook nie oornag daar kom

nie, maar by self introspeksie besef ons dikwels die voordele van hierdie “dieet”, omdat ‘n goed

gevoede hart die liggaam en verstand laat funksioneer. Dit help om te weet wat goed is vir jou hart.

Die engelse aanhaling beskryf dit vir my die beste: “Not everything that glitters are gold. Fool’s gold

exist.” Ons kan nie altyd mense regmaak of verander nie. Wanneer iemand vir jou wys wie hul

werklik is, moet jy dit glo.


Ons eet almal leuens, leë beloftes en vinnige peuselhappies van kitskos liefde wanneer ons harte

honger is. Bewaak jou hart teen onduidelike lyne van wanhoop en wees eerder vrygewig met jou

glimlag en verantwoordelik met jou hart.

845 views0 comments
bottom of page