top of page

Moet nóóit ophou droom nie

"

As jy nie droom nie, is jy dood." My pa het diè woorde vir my gesê toe ek klein was, en ek sal dit vir ewig onthou. My pa is iemand wat kán droom. Hy het 'n skriftelike droomlysie en diè word elke dan en wan opgedateer. Meeste van die items op sy lysie sal waarskynlik net realiseer as hy die lotto wen, maar dis sý lysie. En dis nog altyd vir my so groot inspirasie.


Ek was altyd vreeslik gefassineerd met feëtjies toe ek klein was. Ek kon myself vir ure besig hou deur te verbeel dat ek 'n feëtjie is en ek leef in hierdie wonderwêreld. En so deur die jare het dit maar gefade, alhoewel ek myself steeds vreeslik in sprokiesboeke kan inleef. Nou die dag is ek in die kwekery en daar is sulke piepklein terracotta blompotjies. Ek vra toe vir die dame wat daar werk waarvoor dit is? Raai wat? Dit is vir 'n feëtjie tuin! Ek het sommer so kinderlike opgewondenheid in my gekry en net weereens besef dat mens nooit te oud is om te droom nie.


Wanneer ons klein is droom ons daarvan om dokters, ballerina's en presidente te word. Kinders wil so graag eendag die wêreld verander. En so deur die jare, hoe harder ons werk en hoe minder ons tyd kry vir speel, skop die harde realiteit in en ons drome ontglip ons een vir een. Ons word vasgevang in ons daaglikse roetine en die weke, maande en jare wandel verby sonder dat ons regtig een keer regtig stop en net wonderlike wêreld om ons waardeer.


Wanneer laas het jy introspeksie gedoen om te ondersoek nie net wie jy is nie, maar waarvan jy droom? Droom jy oor 'n mooi huis? Droom jy daaroor om die wêreld plat te reis? Dalk droom jy oor hoe jy die hoogste pos in jou loopbaan gaan beklee. Of is dit dalk 'n huis vol kinders wat jou gedagtes oorheers? Maak nie saak wat dit is nie, solank daardie droom net altyd by jou bly en jy nooit opgee om dit dalk eendag te bereik nie. Ons as vrouens is tot sóveel in staat!


Die lewe is wonderlik, maar deur die goed en die sleg is dit so belangrik om vas te klou aan ons lewens drome. Ons elkeen se droomlysie lyk anders, dis wat ons so uniek maak. Dit wat ons wel universiëel verbind is dat ons almal die vermoë het om te kan droom en onsself in ons droomwêreld te plaas. Maak nie saak hoe oud jy is nie, my grootste wens vir jou, mooiste vrou, is dat jy nóóit sal ophou droom nie.

"Never let it be said that to dream is a waste of one's time, for dreams are our realities in waiting.

In dreams, we plant the seeds of our future. Never ever lose your sense of wonder."


389 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page