top of page

Mooi van binne, Mooiste Vrou.

Tydens Mooistevrou se 6-weke BLOOMING challenge het ek besef dat ‘n belangrike deel van selfontdekking die ontdekking van innerlike skoonheid is. En ja, liewe Vrou – jy is ook mooi van binne. Ons almal is.


“Outer beauty attracts, but inner beauty captivates” – Kate Angell.


Innerlike skoonheid behels die goedheid en die suiwerheid van jou gedagtes en ek deel vandag met julle 5 eienskappe van innerlike skoonheid waarna elke vrou daagliks behoort te streef.


  1. Liefde

“Self-love is a constant choice. It’s not a magical feeling that appears to you one day. It’s a commitment to your boundaries, your well-being, your mental and emotional health and your body.”

Ons embrace ons innerlike skoonheid wanneer ons lief raak vir WIE ons is en WIE ons word. Om jou “mooi” raak te sien is om jouself op te hou vergelyk met die vrou voor of agter jou. Mooiste Vrou, raak lief vir jou imperfeksies. Raak lief vir jou weird persoonlikheid en die klank van jou lag. Raak lief vir hoe jy aantrek en hoe jou oë glinster wanneer jy op jou gunsteling liedjie dans. Jy is wie jy moet wees ... en niemand mag dit van jou af wegvat nie.


  1. Lojaliteit

“Stay strong and be loyal to yourself. Make them wonder that after all, you are still standing and smiling.”

Moenie vergeet wie jy is nie, liewe Vrou. Moenie jouself afbreek omdat jy nie is waar jy gedink het jy sou wees nie. Hê genade met jouself en laat jouself toe om foute te maak.

Moenie skuldig voel as jy tyd maak vir jouself nie. Jou tyd en jou energie is kosbaar – en jy kan kies hoe jy dit wil gebruik. Wees lojaal teenoor jou vreugde en jou geluk.


  1. Wysheid

“Knowing yourself is the beginning of all wisdom” – Aristotle

Wysheid leer ons om ons foute te aanvaar. Wanneer ons op wysheid staatmaak, ignoreer ons ander mense se opinies. Die mooiste mooi is om op jou eie reis te fokus en nie toe te laat dat mense jou mismoedig maak nie. Dis JOU lyf, JOU glimlag en JOU proses. Wanneer jy weet waarheen jy op pad is, kan niemand jou laat twyfel nie. Wanneer jy weet wat jy werd is, kan niemand jou seermaak nie.

  1. Integriteit

“There is nothing more rare, nor more beautiful than a woman being unapologetically herself; comfortable in her perfect imperfection.”

– Steve Maraboli.

Wees die vrou wat JY wil wees. Doen wat vir JOU lekker is en geniet elke deel van jou unieke “jy-wees” ... daar is niks so mooi soos ‘n vrou wat die klank van haar eie lag ken nie. Daar is niks so mooi soos ‘n vrou wat weet wat haar gelukkig maak en dan daarvoor “GO” nie. Mooiste Vrou, as jy nie daartoe instaat was nie, sou die geleentheid nooit oor jou pad gekom het nie. Jy is sterker as wat jy dink.


  1. Kindness

“It is a good day to be proud of how far you have come.”

Probeer om volgende keer agter te kom wanneer en hoekom jy jouself afbreek. Wanneer ons negatiewe gedagtes kan identifiseer is dit vir ons makliker om dit met positiewe gedagtes te vervang. Kindness gaan nie net oor hoe jy ander hanteer nie, dit gaan oor hoe jy jouelf hanteer. Wanneer jy jou eie geluk en jou eie “mooi” kan raaksien gaan dit vir jou makliker wees om die mense om jou se geluk en “mooi” raak te sien.


Liewe Vrou, JY is mooi.

JY is wie JY moet wees.

En JY straal van binne af.


Liewe Vrou, JOU reis is MOOI.

JOU hart is kosbaar.

En JOU glimlag maak saak.


202 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page