top of page

Mooistevrou...

Mooistevrou, hoeveel anders sou jou gemoedstoestand wees as jy in jouself kan glo soos wat jou geliefdes doen?


Hierdie laaste paar weke lê daar hierdie groot berg voor my, ek is ongelukkig by die werk en is op die brink van desperaatheid om aan te beweeg na ‘n nuwe uitdaging.


Kyk, die ding wat my terug hou, is ek myself. Alhoewel ek baie ongelukkig is, is ek gemaklik op my kantoor stoel waar ek presies weet hoe my dag gaan verloop. Ek doen nie goed met telefoon konsultasies nie en dit is ‘n groot deel van my werk. Ek sê vir myself JY IS SLEG DAARMEE. En daarom is ek sleg daarmee.


Dit speel ook ‘n groot rol wanneer ek kyk na oop poste, eks so geneig om vas te kyk in al die negatiewe aspekte van alles in my lewe, dat ek soms vergeet wat ek KAN doen en wat ek wel het om te bied.


My man is my grootste ondersteuner, ek sê altyd hy is my beste helfde, ‘n paar aande terug sê hy toe vir my dat daar eintlik so baie faktore is wat bydrae to sukses; geluk, geleentheid, tydsberekening, agtergrond en verbindings MAAR as jy nie in jouself of jou vermoë glo nie, gaan jy altyd ongelukkig wees maak nie saak waar jy is nie.


My man is nie verkeerd nie, en ek wens soms dat ek sy wysheid in insig gehad het, maar dis dalk hoekom die Here hom op my pad gesit het.


So, as jy dalk vandag voel asof dit wat jy het om te bied nie goed genoeg is nie, wil ek jou uitdaag om vandag te KIES om jou eie grootste cheerleader te wees, eerder as om jou eie grootste kritici te wees.


Want of jy dink jy kan, of jy kan nie – jy is reg. Jou denkwyse bepaal die uitkoms.


73 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page