top of page

Mooistevrou, maak tyd vir jouself.

Ons gesinnetjie het die week ‘n fotosessie gehad en vir die eerste keer in my lewe het ek my grimering laat doen, behalwe nou vir my troue. Oeff, ek het goed gevoel en vir myself mooi gelyk! Klink so vol van myself as ek die sin hardop lees, maar weet jy wat, “sue me for speaking the truth!


Die laaste paar weke voel ek nie noodwending op my beste nie, jy weet, droë vel, die winter-vetjies wat sukkel, my naels in ‘n toestand en ek smag weer na my lang hare! Ek het jare laas vir ‘n facial gegaan en my wenkbroue het ‘n ernstige pluk-sessie nodig, maar toe ek myself in die spieël sien, het ek iemand mooi gesien. Ek het vergeet van al die flaws. Ek voel so skuldig om te sê ek het mooi gevoel, maar hoekom is ons vrouens so hard op onsself as ons vir ‘n oomblik soos ‘n powerhouse voel? Ons is bang om vir onsself tyd te neem, vir soveel redes, maar ek het weereens opnuut besef, dis nodig!


Elke persoon, man of vrou het nodig om vir hulle-self tyd te neem om goed te voel. Maak nou nie saak wat dit is wat jou goed laat voel of mooi laat lyk, maar mooistevrou jy het nodig om die moeite te doen, tyd vir jouself te maak, om mooi te voel.


Daardie “mooi maak tyd” is eintlik maar niks anders as ‘n bederf vir jouself. Ons is mal daaroor om ander mense te bederf en goed te laat voel, so gun dit vir jouself ook. Jy’s ook mens. Ek weet in vandag se tye is sulke mooi-maak “luxuries” nie altyd moontlik nie, maar ‘n rooi-lippie en skoon hare dien ook sy doel op die regte dag!


As byna elke tweede celeb ‘n half-kaal selfie kan deel op sosiale media omdat sy goed voel is dit veilig om te sê, indien JY mooi voel vandag, embrace dit. Neem daardie gevoel in, laat daardie goed-voel hormone oorneem, want ons vrouens is so hard op onsself. Môre, oormôre voel jy weer nie wat-wonders nie, dan kan jy terug dink aan jou oomblik en met jouself werk om weer so oomblik te ervaar.


Die lewe is vol op en af oomblikke, niemand voel heeltyd goed nie en niemand voel heeltyd sleg nie, altans, dis nie normaal om heeltyd goed of heeltyd sleg te voel nie. Dis hoekom ek voel dat ons ons goed-voel oomblikke waardeer moet word. Raak gesien word. Dit dra by tot jou self-vertroue.


‘n Vrou vol self-vertroue is mooi. Sy’s nie bang om te wys wie sy is en waarvoor sy staan. Sy dra haar hart op haar mou. Sy’s eg. Sy is jy.


Ons kyk vas aan die perfekte-profiele op sosiale media, maar ons liewe Heer het elkeen mooi gemaak, jy is beeldskoon, jy moet dit net raak sien. Vind jou uniekheid, ken jou sterk punte, deal with your flaws.


Daag jouself uit met ‘n uur se mooi-maak (hetsy dit ‘n draai by die salon is, ‘n nuwe lipstiffie koop of ‘n pamper by die huis), ek belowe jou, vir ‘n oomblik gaan jy soos ‘n million bucks voel!


Zandré


Foto: Julia-Ivanina


344 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page