‘n Beter ek
Ons almal wil ‘n beter weergawe van onsself wees, al gaan dinge nie altyd goed nie. Of dit nou ’n beter vriendin, ouer, leier en huweliksmaat is , wil ons as individue verbeter.
Ek hoor daagliks ’n stem dat ek gebore is vir meer en beter . Dat ek nie tevrede moet wees met die minste nie. Jy is gebore vir meer en beter. Daardie stem is God. Ek glo ook julle hoor dit. Ek bedoel glad nie dat jy nie tevrede moet wees met wat jy alreeds het nie, inteendeel moet ons dankbaar wees vir alles wat ons reeds het en bereik het in die lewe maar God wil nie hê ons moet stagneer nie.
Die vraag is , hoe kan ek ’n beter “ek” wees of word? Te veel mense “settle” vir te min. Te veel mense lewe nie tot hulle volle potensiaal nie. Ons moet altyd streef na nuwe hoogtes hetsy dit geestelik, finansieel, loopbane of persoonlike verhoudings is. Ons kan nie toelaat dat slegte dinge in ons verlede of negatiewe mense ons onderkry nie. Ek lees in die week wat ons oulike stigter van Mooistevrou gepubliseer het oor mense wat ons “bloggers” uitwys of verneder oor ons spelfoute. Ons is geneig om die foute raak te sien inpleks van die goeie. Ek wens mens kan daardie eienskap eenvoudig delete. Dit bring my terug na ’n beter ek. As God se kinders wil Hy nie hê ons moet mekaar slegsê nie. Hy wil juis hê ons moet daar wees vir mekaar en mekaar reg help op ’n mooi manier. Die lewe is klaar gevul met genoeg negatiwiteit.
Om ’n beter “ek “ te word gaan alles oor groei, leer en verbetering. Hoe meer ons leer om God te vertrou , sal ons leer om ’n beter mens te word. God wil nooit hê dat ons moet ophou groei as individue nie. Vergewe jouself vir die slegte dinge wat jy al in jou verlede gedoen het. Laat gaan die kwaad van die verlede want dit is agter jou. Jy is nie jou verlede nie. Jy moet ook besef jy kan nie ’n beter ”ek “ word as jy jouself omring met negatiewe mense nie.
“Just be a nice human being." Dit kos jou niks en buitendien voel mens ook automaties net beter as jy goed is teenoor ander.
Wees ook positief teenoor jouself. Ons kan onsself so afkraak en afbreek. Vergeet van jou mislukkings in die verlede, hou op jouself verkleineer en wees “nice” met jouself. Vorm daagliks beter gewoontes. Kyk na jou gedrag deur die dag. Glo my ek verstaan mens voel soms jy wil iemand “high five “met ’n stoel maar alles gaan daaroor om jou eie emosies te beheer en nie toe te laat dat iemand jou onder kry nie. Ek sukkel met “road rage”dat ek myself so kan ontstel en dat dit my hele dag kan versuur. Ek probeer nou elke dag daarop fokus om nie kwaad te raak nie en eerder my musiek te geniet en te fokus daarop dat ek dankbaar is om ’n voertuig te kan besit.
Spandeer tyd aan die Woord. Maak tyd om met God te gesels. Hoe meer tyd ons spandeer aan die Woord hoe nader raak ons aan God en leer ons Hom ken. Hy het ons nie geskape om middelmatig te wees nie. God wil meer in en deur jou doen as wat jy ooit kan dink.