top of page

’n Doelgerigte Lewe

Deur Jani Marais


Seker een van die vrae wat ek die meeste gehoor het oor die laaste 5 jaar. Wat is my doel in die

lewe? Waarheen is ek oppad? Wat is my 10 jaar plan? Sussie, wat wil jy eendag word? Waarna streef

jy om te bereik eendag? Jy word groot en geniet die lewe, jy neem besluite van dag tot dag en jy ‘go

with the flow’, maar jys nog nie op ’n plek waar jou doel in die lewe regtig saak maak of so groot

impak maak op jou ‘easy going’ dag tot dag lewe nie. Inteendeel, net die gedagte om daaran te dink

as iemand jou vra, maak jou effe angstig aan die eenkant maar jy het ook ‘n “daar is nog baie tyd vir

sulke dinge” houding.


Ek dink iewers in Gr10 word jy gekonfronteer met vakkeuses en dan maak jy net ’n besluit – Want

mense, gee my asseblief ’n grip, ek is 16. Dan byt jy vas met die Wiskunde en Biologie net om in

matriek te WEET jy haat somme en jy gee nie om hoe die bloed by jou hart uitkom nie, jy is net bly

dit gebeur wel. Ek meen wie kan inelkgeval van ‘n 16 jarige verwag om nou al sulke besluite te

neem? Ek is dan nogsteeds besluitloos as my Ma vra wat ek vir aandete wil hê, ek huil nog elke keer

as ek Titanic kyk en kry ‘n oorval as my wifi nie werk nie, nou verwag hulle van my om groot

lewenskeuses, wat meeste se ouers anyway vir hulle kinders maak, want die “straight six” is jou

beste opsies, sus. Wat het geword van laat jou kind haar eie keuses maak?


En dan kom jy op Universiteit of jy gaan werk direk na skool en dan sit jy regtig met hiedie vraag.

Wat is my doel? Hoekom is ek hier? Jy studeer dalk nou iets lekkers of maklik, maar nie eers dit

antwoord daardie vraag nie en aan die anderkant, eks 21, eks in die goue tyd in my lewe, ek moet

alles doen en alles net geniet. My enigeste doel nou is om bucket lists te tick so vêr ek gaan. Daars

nog baie tyd vir ernstige vrae soos, hoekom is ek hier en wat maak my anders as die res. Vir nou is

die res cool, en ek moet in wees.


So, dis hoekom ek hieroor skryf. Vir jou wat 18, 20, 30 of selfs 50 is en nogsteeds voel dat jy nie

regtig jou doel leef nie.


Being a follower of Christ, weet ek dat elkeen van ons gemaak is vir meer. Meer as net jou day-to-

day, watokal dit mag wees. Meer as jou bucket list, jou straight six of jou eerste span netbal. Glo my,

daars soveel meer. Die Here maak seker daarvan, Hy sit ons op hierdie aarde om purposeful en

prosperous lewens te lei en niks minder nie! Hy sit ons hier nie net om ons doelwitte te bereik nie,

maar om ons doelwitte te deel met ander, om ons lewens so te lewe dat ander aangesteek word

deur ons lewenslus, ons karakter en ons uitkyk dat daar soveel meer daar buite is as lysies om af

te tick en mense om te please!


Die droom is om dit waarvoor jy gemaak is in jou day-to-day in te werk en dit te leef en terselfde tyd

vreugde en vrede daaruit te kry, maar dit bring ons terug tot by die WAT IS MY DOEL?

Ek het onlangs ’n preek geluister van Life Church en hulle het dit so mooi uiteengesit. So hier is die

drie vrae wat jy jouself moet vra:

1. Wat is die probleem?

2. Wie is die mense wat geraak word deur die problem / deel is van die problem?

3. Wat kan ek gee of daaraan doen?

As ons vir God as ’n voorbeeld vat, verstaan ek dit beter. Die probleem waaroor Hy passievol was of

wat Hom gepla het was sonde. Die mense is ons almal op aarde en wat kon Hy daaraan doen? Hy het

Sy Seun gestuur om vir ons te sterf sodat ons ’n vol lewe kan hê in Hom - VIREWIG.


Gaan sit vandag en dink waarvoor jou hart breek. Wat maak jou seer om te sien en hoe kan jy help? Begin klein, nie nodig om nou al jou 10 jaar plan in plek te hê en angstig te raak as jy nie man vang, of die beste werk het nie. Begin by jou elke dag roetine, verander klien goed en stel daagklikse doelwitte. Begin jou dag met oggend worship, of begin met ‘n 15min Yoga, doen iets buite jou comfort zone, iets wat jou challenge. Iets wat jou dryf na jou groter plan toe. Begin dan ook te kyk na die mense rondom jou, soos wat die Here gedoen het, Hy het sy Seun gestuur om ons sondes te vergewe.

Begin JY deur jou naaste lief te hê, jou vyand te vergewe, te praat met iemand wat jy nooit sou nie,

gee vir die bedelaar ‘n broodjie of bless hom met scripture of bid vir mense rondom jou, begin net.

Deur goed te doen aan ander, of goed te wees vir ander, is nie altyd maklik nie, maar dit is dalk net

wat jy moet doen om jou doelwitte helderder te sien en by jou daagklikse leefwyse in te werk, sodat

die woord doelwit nie ‘n vloek is nie, maar eerder ‘n way of life.


Met die hele proses het ek gevoel dat ek nie my lewe wil sien as ’n charity case nie, maar die Here

het vir my kom wys dat dit nie die geval is nie. As Hy vir jou iets gee waaroor jy kan passievol wees

en ’n verskil kan maak, kan jy daagliks broodjies smeer of tee maak en dit sal jou vervul.

Dis ook trial and error en dit mag dalk verander met die jare, want ons groei en verander. Hoe

exciting is dit nie? Daar is ALTYD meer daar buite.

466 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page