• Rouxnette Wiegand

‘n Gejaag na Wind

“And it is okay if it doesn’t feel like it. It is okay if there are moments where you cannot see the way you have grown because far beneath the surface the seeds have still been sown. The ground beneath your feet is still a bed for new beginnings. So much is changing around you but you are changing, too. You are so much more than the brokenness that you were certain would define you.” - Morgan Harper Nichols


Nog ‘n week is verby, en nog ‘n week lê voor. Ek besef elke dag hoe vlietend hierdie kosbare lewe is. Tyd, hoe ons dit spandeer en saam met wie ons dit spandeer het een van ons duurste kommoditeite geword, naas ons gesondheid. Almal sê altyd die lewe is ‘n gejaag na wind, maar dit is nie – dit is ‘n gejaag na die volgende paychack, die volgende koek & tee by ‘n fancy restaurant om vriendinne te beindruk wat afwesig is wanneer jy hull die nodigste het, dit is om die volgende rondte te betaal net sodat almal kan dink jy het ook geld. Dit is om Truecaller op jou foon te laai sodat jy weet wanneer om die oproepe van die bank te ignoreer omdat jy ‘n leefstyl probeer handhaaf om mense te beindruk wat nie twee keer aan jou sal dink wanneer die wiel draai nie, want draai, sal die wiel draai. Ons moet onthou dat wanneer ons wen, ons volgende keer moontlik kan verloor. En wanneer ons verloor, moet ons onthou dat ons volgende keer kan wen – maak seker jy is omring met siele wat jou wen en verliese met jou sal deel!


Dalk sou die lewe meer eenvoudig gewees het as dit werklik ‘n gejaag na wind was. As ons nog in die natuur gekom het waar God in die wind deur ons hare kon vleg en ons siel skoon blaas, of ons die getjirp van voëltjies kon waardeer eerder as om ons ore aan skinderstories en walglike nuusberigte uit te leen, dalk sou die son ons weer kom wys dat elke wolk wel ‘n silwer randjie het as ons kies om meer op na die wolke te kyk as reguit in ons probleme vas. Dalk sou ‘n vrysprong in ‘n waterpoel ons leer wat werklike surrender beteken, om te vertrou op die onbekende – nie omdat almal dit doen nie, maar omdat jy weet wat aan die ander kant van courage wag – Vryheid. Ek wens die lewe was ‘n gejaag na wind. Waar ons eerder blomme langs die pad kon pluk in stede van kwekery te plant sodat die bye nie uitsterf nie.


Soms gee God nie vir ons wat ons wil hê nie, omdat Hy weet ons verdien soveel meer aswat ons vir onsself wil gun. Hy maak voorsiening vir Sy groter plan vir ons lewens, terwyl ons roekeloos najaag om vir ons eie plan vir ons lewens te voorsien. Die enigste verskil is dat ons plan en visie vir ons eie lewe so beperk is omdat ons so geneig is om onsself blind te staar in die omstandighede en storms van die lewe wat rondom ons woed, maar ons vergeet dat net soos wanneer jy in ‘n vliegtuig is, daar sonskyn bo die storm wolke is – ons moet net kies om te vertrou dat met God aan jou sy jy bo die wolke vlieg.


Soms gaan ons bietjie turbulence kry, dis onafwendbaar. Maar net soos ‘n vlug nie vir altyd duur nie, net so sal die turbulence ook nie vir altyd duur nie. Party vlugte is langer as ander en soms moet jy jou sitplek-gordel ekstra styf vasmaak, maar Jesus het van die begin af, nes ‘n lugwaardin instruksies bied voor ‘n vlug opstyg, vir ons duidelike instruksie gegee om elke dag ons wapenrusting aan te trek sodat ons gereed is wanneer die lewe se turbulence ons rond ruk.


Hy kom herhinner ons keer op keer dat wanneer die vyand ‘n vlug op ons lewensreis ekstra ‘bumpy’ wil maak, dat Hy nie vir ons ‘n gees van vrees gegee het nie. Ongeag hoe jou omstandighede lyk, watter vrae jy mee struikel of watter oorlog jy op die oomblik baklei, wil ek jou graag herhinner dat God nie vrees en verwoesting saai nie. God sal jy nie laat twyfel in jou vriendskappe nie, Hy gee jou moed om dit met grace te hanteer. God sal nie fluister dat jou huwelik op die rotse is nie, Hy is jou counsellor en Hy gee vir jou spesifieke hoofstukke in jou Handboek. Wie beter om ons van verhoudings te leer as die een wat dit van die heel begin af gedroom het?


Of jy onder die wolke vlieg, deur die wolke vlieg of reeds bo die wolke is, onthou dat elke glimlag en elke traan is tydelik. Ons almal moet op die roete van ons lewens opstyg, ons almal moet vlieg en ons almal moet weer land voordat ons die volgende avontuur kan aandurf. Koester elke glimlag, want die lewe is ‘n gejaag na soveel aardse dinge, maar eendag gaan ons vlieg en wanneer ons bo die wolke kom mag God ons dalk net gaps om tussen veldblomme en wind, waterpoele en son te gaan baljaar. Tot dan, wees virseker dat selfs elke traan wat ons stort gevang word, en die krane sal ook nie vir altyd oop gedraai bly nie. Een dag op ‘n slag. Een waarheid om ‘n leuen te verslaan. Een minuut saam God vir elke uur saam met die wêreld. Kies dit net. Kies die regte gejaag na wind, jy verdien dit.


Versies van Bemoediging:

‘Remain in me, and I will remain in you. For a branch cannot produce fruit if it is severed from the vine, and you cannot be fruitful unless you remain in me.’

John 15:4

‘Take up your positions; stand firm and see the deliverance the Lord will give you.’

2 Chronicles 20:17


‘You are my hiding place and my shield; I wait for Your word.’

Psalms 119:114


‘You will seek me and find me when you seek me with all your heart.’

Jeremiah 29:13


‘Now to Him who is able to do immeasurably more than all we ask or imagine, according to His power that is at work within us, to Him be glory in the church and in Christ Jesus throughout all generations, forever and ever!’

Ephesians 3:20


Liedjies vir die Week:

  • Simone Roets: Dans in die Donker

  • Bethel Music: It is Well

  • Cory Asbury: Reckless Love

  • Jo Black: Rig Jou Oë Op Na Die Berge

  • Juanita du Plessis: Vlieg Hoog

  • Riana Nel: Hou die Hemel Oop

  • Bethel Music: Dancing on the Waves


Baie liefde,

Rouxnette ☺


739 views2 comments

Recent Posts

See All